한국   대만   중국   일본 
Paralimpiese Winterspele 2002 - Wikipedia Gaan na inhoud

Paralimpiese Winterspele 2002

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
VIIIe Paralimpiese Winterspele
Paralimpiesespele van 2002

Gehou in Salt Lake City , Verenigde State
Deelnemende lande 36
Deelnemende atlete 415 (328 mans, 87 vroue)
Items 92 in 4 sporte
Openingseremonie 7 Maart 2002
Sluitingseremonie 16 Maart 2002
Amptelik geopen deur President George W. Bush
Atlete-eed Yonoe Ryuei
Beampte-eed ?
Olimpiese vlam Muffy Davis en Chris Waddell
Vorige Spele 1998: Nagano (Japan)
Volgende Spele 2006: Turyn (Italie)

Die Paralimpiese Winterspele 2002 ( Engels : 2002 Winter Paralympics ) is tussen 7 en 16 Maart 2002 in Salt Lake City , Verenigde State , aangebied. Tydens die geleentheid het 415 atlete uit 36 nasies aan 92 items in 4 verskillende sportsoorte deelgeneem. [1] Dit was die agste Paralimpiese Winterspele wat aangebied is en die eerste in Noord-Amerika .

Ragnhild Myklebust van Noorwee het vyf goue medaljes in ski en tweekamp gewen, wat hom die mees suksesvolle Paralimpiese atleet tot nog toe gemaak het met 22 medaljes (17 goues). [2] Die Spele is gehou in die Rice-Eccles-stadion en die amptelike gelukbringer was Otto die otter.

Die Olimpiese Winterspele 2002 is tussen 8 en 24 Februarie in Salt Lake City gehou.

Toewysing [ wysig | wysig bron ]

Mitt Romney , hoof van Salt Lake City se bod-komitee
Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Winterspele 2002

As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Winterspele 2002 ook die gasheer vir die Paralimpiese Winterspele 2002. [3] Salt Lake City is op 16 Junie 1995 in Boedapest deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2002. Ander kandidate was: Ostersund , Sion en Quebecstad .

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2002 [4]
Stad Land Rondte 1
Salt Lake City Vlag van Verenigde State van Amerika  Verenigde State 54
Ostersund Vlag van Swede  Swede 14
Sion Vlag van Switserland  Switserland 14
Quebecstad Vlag van Kanada  Kanada 7

Sporte [ wysig | wysig bron ]

Die Spele het bestaan uit vier dissiplines in drie Paralimpiese sportsoorte. [5]

Deelnemende nasies [ wysig | wysig bron ]

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname [ wysig | wysig bron ]

Suid-Afrika het aan hierdie Paralimpiese Winterspele deelgeneem, maar kon geen medaljes verower nie.

Simbool en kenteken van die spele [ wysig | wysig bron ]

Die logo van die Paralimpiese Winterspele van 2002 in Salt Lake City bestaan uit drie duidelike merke. Die sfeer aan die bokant verteenwoordig die kop van die Paralimpiese atleet en simboliseer ook die wereldwye eenheid van die Paralimpiese Beweging. Die twee bree "vloeistof"-lyne verteenwoordig die atleet in beweging. Die drie taegeuks (druppelvormige figure) onder die atleet maak die groen, rooi en blou merke van die Paralimpiese vlag na.

Die gelukbringer vir die Paralimpiese Winterspele van 2002 in Salt Lake City was Otto die otter. Antieke Indiaanse stamme het die otter as een van die magtigste diere beskou. Nadat die rivierotter amper uitgesterf het weens besoedeling en lokvalle is dit in Utah herbekendgestel en kan aan die oewers van die Greenrivier en naby die Brandende Ravyn (Flaming Gorge) Reservoir gesien word. Die Otter is gekies as die amptelike gelukbringer van die Salt Lake 2002 Paralimpiese Winterspele omdat dit lewenskrag en behendigheid verpersoonlik en omdat dit die gees van elke Paralimpier verteenwoordig.

Aantal medaljes [ wysig | wysig bron ]

Kaart van deelnemende nasies in 2002:

    Neem vir die eerste keer deel

    Het reeds vantevore deelgeneem

Aantal atlete volgens deelnemende nasies in 2002:

    1?4 atlete

    5?9 atlete

    10?19 atlete

    meer as 20 atlete

Hier is al die lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek  Land  Deelnemers Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1 Vlag van Duitsland  Duitsland (GER) 26 17 1 15 33
2 Vlag van Verenigde State van Amerika  Verenigde State (USA) 57 10 22 11 43
3 Vlag van Noorweë  Noorwee (NOR) 27 10 3 6 19
4 Vlag van Oostenryk  Oostenryk (AUT) 22 9 10 10 19
5 Vlag van Rusland  Rusland (RUS) 26 7 9 5 21
6 Vlag van Kanada  Kanada (CAN) 27 6 4 5 15
7 Vlag van Switserland  Switserland (SUI) 18 6 4 2 12
8 Vlag van Australië  Australie (AUS) 6 6 1 0 7
9 Vlag van Finland  Finland (FIN) 14 4 1 3 8
10 Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland (NZL) ? 4 0 2 6
11 Vlag van Italië  Italie (ITA) 14 3 3 3 9
12 Vlag van Spanje  Spanje (ESP) ? 3 2 2 7
13 Vlag van Frankryk  Frankryk (FRA) 18 2 11 6 19
14 Flag of the Czech Republic  Tsjeggie (CZE) 6 2 1 2 5
15 Vlag van Nederland  Nederland (NED) 4 1 3 0 4
16 Vlag van Belarus  Belarus (BLR) 4 1 1 0 2
17 Vlag van Pole  Pole (POL) 14 1 0 2 3
18 Vlag van Oekraïne  Oekraine (UKR) 10 0 6 6 12
19 Vlag van Swede  Swede (SWE) 19 0 6 3 9
20 Vlag van Slowakye  Slowakye (SVK) 14 0 3 6 9
21 Vlag van Suid-Korea  Suid-Korea (KOR) 6 0 1 0 1
22 Vlag van Japan  Japan (JPN) 36 0 0 3 3
Totaal (22 NPKs) ? 92 92 92 276

Sien ook [ wysig | wysig bron ]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. ( en ) "IPC Historical Results Archive" . Internasionale Paralimpiese Komitee . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Maart 2018 . Besoek op 23 Januarie 2018 .
  2. ( fr ) "Possibilite de medaille d’or : Vancouver 2010 annonce la recherche d’un concepteur pour les medailles olympiques et paralympiques" , amptelike webblad van die 2010 Vancouver Spele, 13 Desember 2007
  3. ( en ) "Paralympics 2012: London to host 'first truly global Games' " . BBC . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2020 . Besoek op 23 Januarie 2018 .
  4. ( en ) "Past Olympic Host City Election Results" . GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020 . Besoek op 23 Januarie 2018 .
  5. ( en ) "Salt Lake 2002 ? General Information" . Internasionale Paralimpiese Komitee . 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 September 2008 . Besoek op 6 Augustus 2008 .

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]


Paralimpiese Spele Logo van die Paralimpiese Spele

Somerspele : Rome 1960 ? Tokio 1964 ? Tel Aviv 1968 ? Heidelberg 1972 ? Toronto 1976 ? Arnhem 1980 ? New York & Stoke Mandeville 1984 ? Seoel 1988 ? Barcelona 1992 ? Atlanta 1996 ? Sydney 2000 ? Athene 2004 ? Beijing 2008 ? Londen 2012 ? Rio de Janeiro 2016 ? Tokio 2020 ? Parys 2024 ? Los Angeles 2028 ? Brisbane 2032
Winterspele : Ornskoldsvik 1976 ? Geilo 1980 ? Innsbruck 1984 ? Innsbruck 1988 ? Tignes-Albertville 1992 ? Lillehammer 1994 ? Nagano 1998 ? Salt Lake City 2002 ? Turyn 2006 ? Vancouver 2010 ? Sotsji 2014 ? Pyeongchang 2018 ? Beijing 2022 ? Milaan/Cortina 2026
Internasionale Paralimpiese Komitee ? Nasionale Paralimpiese Komitee