한국   대만   중국   일본 
Orkney, Noordwes - Wikipedia Gaan na inhoud

Orkney, Noordwes

Koordinate : 26°58′44″S 26°40′9″O  /  26.97889°S 26.66917°O  / -26.97889; 26.66917
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Orkney
Orkney is in Noordwes (Suid-Afrikaanse provinsie)
Orkney
Orkney
 Orkney se ligging in Noordwes
Koordinate: 26°58′44″S 26°40′9″O  /  26.97889°S 26.66917°O  / -26.97889; 26.66917
Land Vlag van Suid-Afrika  Suid-Afrika
Provinsie Noordwes
Distrik Dr Kenneth Kaunda
Munisipaliteit Matlosana
Stigting 1940
Oppervlak
 ? Totaal 16,43 km 2 (6,34 vk. myl)
Hoogte
1 301 m (4 268 ft)
Bevolking
  (2011) [1]
 ? Totaal 13 435
 ? Digtheid 818/km 2 (2 120/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 ?  Wit mense 51.0%
 ?  Indiers/Asiers 0.2%
 ?  Bruin mense 1.5%
 ?  Swart mense 46.8%
 ?  Ander 0.4%
Taal (2011)
 ?  Afrikaans 51.3%
 ?  Sotho 14.8%
 ?  Tswana 10.4%
 ?  Xhosa 8.9%
 ?  Ander 14.7%
Poskode (strate)
2620
Poskode (posbusse)
2619
Skakelkode 018

Orkney is 'n dorp suid van Klerksdorp in die Noordwesprovinsie , Suid-Afrika . Die dorp het aansienlike mediadekking in die laat 1980's en vroee 1990's gekry as agtergrond vir die SAUK se sepie, Orkney Snork Nie .

Geskiedenis [ wysig | wysig bron ]

'n Skotsman, ene Simon Fraser, was in die laat 1880's na die goudvelde in die Wes-Transvaal gelok. Hy was vanaf die Orkadiese ( Orkney ) eilande in Skotland afkomstig. Hy het sy myn Orkney genoem en so het die dorp bekend geraak. Die dorp is op 20 Maart 1940 geproklameer. Fraser se ou skag, waar erts met 'n kruiwa na die oppervlak gebring is, word nog steeds as 'n ventilasieskag vir Vaal Reefs gebruik.

Op 5 Augustus 2014 omstreeks 12:20 het 'n aardbewing , met episentrum 6 km oos van Orkney plaasgevind. Die aardbewing het 5.3 op die Richterskaal geregistreer en is oor groot dele van Suid-Afrika gevoel. [2] Nagenoeg 400 huise, drie klinieke en 'n paar skole is tydens die aardbewing beskadig. [3] [4]

Omgewing [ wysig | wysig bron ]

Die verslete naambord op Orkney se treinstasie.

Orkney is op die oewers van die Vaalrivier gelee. Die Orkney-Vaal vakansieoord is ook hier ontwikkel. Die naaste buurdorp is Klerksdorp en dit le ongeveer 180 km suidwes van Johannesburg naby die N12 nasionale pad.

Sien ook [ wysig | wysig bron ]

Bron [ wysig | wysig bron ]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Orkney" . Sensus 2011 .
  2. Aardbewing ruk groot dele van SA , Maroela Media , 5 Augustus 2014
  3. Aardbewing: Minstens 400 huise in Orkney beskadig , Maroela Media , 6 Augustus 2014
  4. Aardbewing: Orkney-skole beskadig , Maroela Media , 6 Augustus 2014