in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Londen
se
Olimpiese Stadion
, ook bekend as
Londen-stadion
, is in die
Queen Elizabeth Olympic Park
in
Stratford, Londen
, in die
Verenigde Koninkryk
gelee. Die stadion is ontwerp om die middelpunt van die
2012-Olimpiese Somerspele
en die daaropvolgende
2012-Paralimpiese Somerspele
te wees. Die opening- en sluitingseremonies, sowel as sekere
atletiek
-items is hier aangebied. Die
stadion
het 'n kapasiteit van 80 000 wat dit die derde grootste stadion in die
Verenigde Koninkryk
maak (na
Wembley-stadion
en
Twickenham-stadion
). Die stadion het as gasheer vir verskeie
Rugbywereldbeker 2015
-wedstryde gedien en het ook die Wereldatletiekkampioenskappe van 2017 gehuisves.
Daar is in die somer van 2007 met die voorbereiding van die terrein begin. Daar is met amptelike konstruksie op 22 Mei 2008 begin.
Lys van Rugbyliga-wedstryde in die Olimpiese Stadion
|
Datum
|
Span 1
|
Telling
|
Span 2
|
Notas
|
7 November 2015
|
Nieu-Seeland
|
9?2
|
Engeland
|
2015 Baskerville Shield
|
13 November 2016
|
Engeland
|
vs.
|
Australie
|
Viernasies-toernooi 2016
|
-
Binnekant van die Olimpiese Stadion.
-
Voorbereidings vir die Olimpiese Spele.
-
Die Olimpiese Stadion van buite. Regs kan die
ArcelorMittal Orbit
gesien word.
-
Wedstryd tussen Nieu-Seeland en Namibie tydens die Rugbywereldbeker 2015
-
Wedstryd tussen Suid-Afrika en die Verenigde State tydens die Rugbywereldbeker 2015