Nuwejaarsdag
val op
1 Januarie
en is die eerste dag van die jaar volgens die
Gregoriaanse kalender
. Die dag word as 'n vakansiedag in
Suid-Afrika
en ander lande wat die Gregoriaanse kalender gebruik waargeneem, met die uitsondering van
Israel
.
1 Januarie op die
Juliaanse kalender
stem ooreen met
14 Januarie
op die Gregoriaanse kalender. Volgelinge van die
Oosters-Ortodokse Kerk
vier nuwejaarsdag op die dag. In
Westerse
lande word Nuwejaarsdag op 1 Januarie, agt dae na
Kersfees
gevier.
Nuwejaarsdag word soms ingewag deur 'n aftelling na middernag. Dit gaan soms gepaard met die afskiet van vuurwerke en maak van nuwejaarsvoornemens.
Christene
bid ook soms vir 'n goeie nuwe jaar wat voorle. Hulle bedank ook hul
God
vir 'n goeie jaar wat verby is en bid ook vir 'n komende goeie jaar. Veral stede rondom die wereld wedywer om die pragtigste vuurwerke by bekende bakens, waaronder die
Sydneyhawebrug
in
Sydney
, die
Brandenburgse Poort
in
Berlyn
, die
Eiffeltoring
in
Parys
en die Sky Tower in
Auckland
. Ander tradisies sluit in
swem
in koue mere in die
Noordelike Halfrond
se
winter
en strandvakansie aan die kuste van byvoorbeeld
Australie
en
Suid-Afrika
gedurende die
Suidelike Halfrond
se
somer
.
In die voor-Christelike
Rome
onder die Juliaanse kalender was die dag gewy aan die god
Janus
, die god van poorte en begin, na wie ook die maand Januarie genoem is. Volgens die Gregoriaanse kalender word op 1 Januarie die Christelike Fees van die Naamgewing en die
besnydenis
van
Jesus
gevier, soos in die
Anglikanisme
en
Lutheranisme
.
[1]
[2]
Die
Rooms-Katolieke Kerk
herdenk op hierdie dag die Plegtigheid van
Maria
, die Moeder van God.
Hedendaags behoort, omdat die meeste lande die Gregoriaanse kalender as hul kalender gebruik, Nuwejaarsdag tot die mees gevierde openbare vakansiedae wereldwyd, dikwels met vuurwerke op middernag om die nuwe jaar te verwelkom. Ander tradisionele gewoontes sluit in Nuwejaarsvoorneme en bel vir vriende en familie.
[3]
Beide die Anglikaanse Gemeenskap en die Lutheraanse Kerk vier die Fees van die Besnydenis van Jesus op 1 Januarie, volgens die aanname dat Jesus op 25 Januarie gebore en volgens die Joodse tradisie agt dae (1 Januarie) na sy geboorte besny is. Die Rooms-Katolieke Kerk vier op 1 Januarie die Plegtigheid van Maria, die Moeder van God, wat ook 'n Heilige Dag van Verpligting is. In die
Verenigde State
is Nuwejaarsdag 'n postale vakansiedag.
[4]
Beide die
Melbourne-krieketveld
in
Melbourne
en
Nuwelandstadion
in
Kaapstad
is bekend vir hul tradisionele
toetskrieketwedstryde
rondom Nuwejaarsdag. Op
Garmisch-Partenkirchen
,
Duitsland
, se Groot Olimpiaskans word die tradisionele "Nuwejaarsskansspring" gehou, dit behoort tot die "Vierskanstoernooi" wat tussen
Kersfees
en
Driekoningedag
aangebied word.