in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Noordkanaal
(
Engels
:
North Channel
, soms ook
Straits of Moyle
of
Sea of Moyle
; in
Ierse
en
Skotse Gaelies
bekend as
Sruth na Maoile
, in
Skots
as
Sheuch
) is die seestraat wat die noordooste van
Ierland
van
Suidwes-Skotland
skei. Dit verbind die
Ierse See
met die
Atlantiese Oseaan
en maak deel uit van die seegebied wat deur die Internasionale Hidrografiese Organisasie (IHO) amptelik geklassifiseer word as die "Inner Seas off the West Coast of Scotland".
[1]
Die Noordkanaal se suidelike grens word deur 'n linie gevorm wat die Mull of Galloway met Ballyquintin Point verbind. Die noordelike grens is 'n linie wat Portnahaven met Benbane Head verbind. Die nouste deel van die seestraat is gelee tussen die Mull of Kintyre en Torr Head, met 'n wydte van 13 myl (21 km of 11 nautiese myl). Die diepste gedeelte is Beaufort's Dyke.