in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Naruhito
(in
Afrikaans
ook gespel as
Naroehito
;
Japannees
: 皇太子?仁親王,
K?taishi Naruhito Shinn?
; gebore op
23 Februarie
1960
in
Tokio
,
Japan
) is die huidige
keiser
(
天皇
,
tenn?
?
)
van
Japan
, en die 126ste keiser volgens Japan se tradisionele opvolgingsorde.
[1]
Soos in Japan gebruiklik is, word hy tydens sy bewind nie op sy geboortenaam Naruhito genoem nie, maar "keiserlike majesteit" (天皇陛下,
tenn? heika
) of "Sy huidige majesteit" (今上陛下,
kinj? heika
).
[2]
Sy
posthume
naam sal
Keiser Reiwa
(令和天皇,
Reiwa Tenn?
) wees, sy regeringstyd sal na sy afsterwe as die Reiwa-tydperk (令和時代,
Reiwa jidai
) bekend staan.
[3]
Hy het die
Krisanttroon
in 2019 bestyg en is die enigste heersende monarg wat die titel
keiser
dra.
[4]
Naruhito is die oudste seun van
Keiser Akihito
en Keiserin Michiko, wat hom die erfgenaam van die Krisanttroon gemaak het. Naruhito is op 23 Februarie 1991, sy 31ste verjaarsdag, amptelik as Kroonprins van Japan aangewys. Sy titel in sy kinderjare was Prins Hiro (浩宮,
Hiro-no-miya
).
Akihito het op 8 Augustus 2016 sy abdikasie vir 30 April 2019 aangekondig. Vervolgens is Naruhito, Akihito se oudste seun, op 1 Mei 2019 ingehuldig. Naruhito se bewind staan bekend as
Reiwa
(令和, "mooi harmonie"). Naruhito is Japan se eerste keiser wat na die
Tweede Wereldoorlog
gebore is.
[5]
[6]
Die kroningseremonie volgens
Sjintoisme
(?位の?,
Sokui no Rei
) het op 22 Oktober 2019 plaasgevind.
[7]