in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Nadia Valvekens
(gebore
5 Maart
1982
in
Pretoria
), is 'n Suid-Afrikaanse aktrise, wat soos haar ma, Cecile, en jonger suster, Natasha, in
Centurion
grootgeword het. Nadia het aan die Hoerskool Eldoraigne matrikuleer en was reeds op daardie stadium van haar lewe vir 12 jaar betrokke in drama as ʼn buitemuurse aktiwiteit.
Sy het
BA
Drama studeer aan TUT (
Tshwane-Universiteit vir Tegnologie
) in
Pretoria
. Tydens haar driejaarlange studies was sy by verskeie teaterproduksies betrokke, onder andere
Maid in the New South Africa
, waar sy die voorreg gehad het om saam met
Clive Morris
te werk. In
2003
aan die einde van haar studies het sy haar eerste werk as mede-aanbieder van die
SABC2
-programreeks,
Nutsman
, gekry.
Daarna het sy 'n klein rol as 'n sekretaresse in die
M-Net
televisiereeks,
Egoli: Plek van Goud
, gekry. In
2004
is sy deur
Danie Odendaal
gekies vir die SABC 2-televisiesepie,
7de Laan
, vir die rol Nicole Kannemeyer. Sedert
2005
is Valvekens ook betrokke by ander televisiereekse, soos
Scandal
, op die
E-TV
-kanaal.
- The Road
, kortfilm (2002)
- Henley-on-Klip
, vertolk die rol Rina Hartmann (2010)
- The Deadline
, kortfilm, vertolk die rol van Sarah (2015)
- Diepe Waters
, vertolk die rol van Sanet (2022)
[1]
- Villa Rosa
(2005)
- Scandal,
vertolk die rol van Britney (2005)
- 7de Laan
, vertolk die rol van Nicole Kannemeyer (2004)
- Song vir Katryn
, vertolk die rol van 'n sekretaresse (2004)
- Nutsman
, mede-aanbieder (2003)
- Binnelanders
, vertolk die rol van Pippa Venter (2005 ? 2018)
- Dryfsand
, vertolk die rol van Petra (2005)
- Hotel
, vertolk die rol van Nadia (2019)
- Projek Dina
, vertolk die rol van Joyce (2020)
- Bottervissie in die Jem
, vertolk die rol van Monica (2018)
- My Vasteland
, aanbieder van die program, (2011)
- Aladin
, vertolk die rol van Jasmyn (2005)
- Maid In The New South Africa
, vertolk die rol van Fransie (2002)
- Binnelanders Buiteweste
, 'n produksie gebaseer op die kykNET-televisiereeks, Binnelanders (2007)
- Huishou
, vertolk die rol van Dirkie (2018)
- Hartklop
, vertolk die rol van Jessica (2017)
- ATKV
-mediaveertjie nominasie: Beste Aktrise in 'n sepie (2011)
- ATKV-mediaveertjie toekenning: Beste Aktrise in 'n sepie (2012)
- Huisgenoot
-
Tempo nominasie: Beste Aktrise in 'n sepie (2014)
- Huisgenoot-
Tempo nominasie: Beste Aktrise in 'n sepie (2015)
- Huisgenoot-
Tempo nominasie: Beste Aktrise in 'n sepie (2016)
- Tswane Universiteit van Tegnologie-toekenning: Beste Aktrise, vir haar rol in
The Road: Daddy
en
Dadday
(2003)