in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Prado Museum
(
Spaans
: Museo del Prado;
Spaanse
fonetiese spelling: mu?seo ðel ?p?aðo), amptelik bekend as die
Museo Nacional del Prado
, is Spanje se belangrikste nasionale kunsmuseum. Dit is gelee in sentraal-Madrid. Dit beskik oor die gesogste versamelings Europese kuns, wat dateer uit die
12de eeu
tot die vroee
20ste eeu
. Dit is gebaseer op die voormalige Spaanse Koninklike Versameling. As sulks is dit die enkele beste versameling van
Spaanse
kuns. Dit is aanvanklik in 1819 gestig as 'n
skilder
- en beeldhoumuseum, maar huisves ook belangrike versamelings van ander soort werke. Die Museo Nacional de Prado is een van die mees besoekte museums in die wereld. Verskeie werke deur
Goya
, die mees verteenwoordigde kunstenaar in die museum, sowel as werke deur
Bosch
,
El Greco
,
Rubens
,
Titiaan
, en
Velazquez
, is slegs sommige van die hoogtepunte uit die versameling. Velazquez, met sy skerp oog en aanvoeling vir kuns, was ook verantwoordelik daarvoor dat groot dele van die museum se versameling Italiaanse meesterwerke vanuit Italie na Spanje oorgebring is, wat dit tans die grootste versameling Italiaanse meesterwerke buite Italie maak.
Die versameling bestaan tans uit ongeveer 8,200 tekeninge, 7,600 skilderye, 4,800 gedrukte werke, en 1,000 beeldhouwerke, bykomend tot verskeie ander kunswerke en historiese dokumente. Met ingang 2012 het die museum nagenoeg 1,300 werke in die hoofgebou tentoongestel, terwyl omtrent 3,100 werke tydelik geleen is aan verskillende museums en amptelike instellings. Die restant van die werke word gestoor.
[1]
Die Prado, met die nabygelee Thyssen-Bornemisza Museum en die Museo Reina Sofia, vorm deel van Madrid se "Goue Driehoek van Kuns", wat in 2021 ingesluit is in
UNESCO
se lys van
Werelderfenisgebiede
.
Hoogtepunte van die versameling
[
wysig
|
wysig bron
]
'n Keur uit die versameling
[
wysig
|
wysig bron
]
-
Rogier van der Weyden,
Die Afkoms van die Kruis
, ongeveer 1435
-
Andrea Mantegna
,
Die Dood en die Maagd
, ongeveer 1461
-
Antonello da Messina,
Die Gestorewe Christus ondersteun deur 'n Engel
, ongeveer 1475
-
-
Raphael
,
Portret van 'n Kardinaal
, ongeveer 1510?11
-
Tintoretto
,
Christus Was die Dissipels se Voete
, ongeveer 1518
-
Correggio
,
Noli me tangere
, ongeveer 1525
-
Titiaan
,
Die Bacchanal van die Andrians
, ongeveer 1523?1526
-
Titiaan
,
Die Ruiterkunssport van Karel V
, ongeveer 1548
-
Titiaan
,
Man se Ondergang
, ongeveer 1570
-
El Greco
,
Die Heilige Drie-eenheid
, 1577?1579
-
El Greco
,
Die Edelman met sy Hand op sy Bors
, ongeveer 1580
-
Paolo Veronese
,
Venus en Adonis
, omstreeks 1580
-
Caravaggio
,
Dawid en Goliat
, 1600
-
Georges de La Tour,
Ciego tocando la zanfonia
, 1610?1630
-
Guido Reni,
Hipomenes y Atalanta
, 1618?19
-
Joos de Momper,
Landskap met See en Berge
, omstreeks 1623
-
Gaspar de Crayer,
Caritas Romana
, ongeveer 1625
-
Nicolas Poussin,
Parnassus
, ongeveer 1630?31
-
Rembrandt
,
Judith by die banket van Holofernes
, omstreeks 1634
-
Antoon van Dyck
,
Selfportet met Sir Endymion Porter
, omstreeks 1635
-
Diego Velazquez
,
Die Oorgawe van Breda
, 1634?35
-
Diego Velazquez
,
Mars Rus
, 1639?1641
-
Jose de Ribera,
Jakob se Droom
, 1639
-
Rubens
,
Die Oordeel oor Parys
, 1638?39
-
Claude Lorrain
El embarque de santa Paula
, 1639?40
-
Francisco de Zurbaran,
Agnus Dei
, 1635?1640
-
Bartolome Esteban Murillo,
La Inmaculada de Soult
, 1678
-
Giovanni Battista Tiepolo,
Die Onbevlekte Ontvangenis
, 1767
-
Goya
,
Die Derde Mei 1808,
1814
-
Goya
,
Die Hond,
1819?1823
-
Goya
,
Saturnus Verslind Sy Seun
, 1819?1823
-
Paul Baudry,
Die Perel en die Golf
, 1862
-
Antonio Gisbert Perez,
Die teregstelling van Torrijos en sy trawante op die strand by Malaga
, 1882
- ↑
"The Collection: origins"
. Museo Nacional del Prado
. Besoek op
15 November
2012
.
Sien ook
Museo del Prado, Catalogo de las pinturas
, 1996, Ministerio de Educacion y Cultura, Madrid, Geen ISBN, wat omtrent 7,800 skilderye lys. Baie werke is deur die jare aan die Museo Reina Sofia en aan ander museums geskenk; ander werke word weer geleen of gestoor. Met betrekking tot die nuwe tentoonstellings, sien
El Prado se reordena y agranda. europapress.es here (in Spaans)
- Araujo Sanchez, Ceferino.
Los museos de Espana
. Madrid 1875.
- Blanco, Antonio.
Museo del Prado. Catalago de la Escultura. I Esculturas clasicas. II. Escultura, copia e imitaciones de las antiguas) (siglos XVI?XVIII)
. Madrid 1957.
- Luca de Tena, Consuelo and Mena, Manuela.
Guia actualizada del Prado
. Madrid: Alfiz 1985.
- Rumeu de Armas, Antonio.
Origen y fundacion del Museo del Prado
. Madrid: Instituto de Espana 1980.