in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Mette Frederiksen
|
Frederiksen in 2021
|
|
Ampsbekleer
|
Termynaanvang
Junie 2019
|
Voorafgegaan deur
|
Lars Løkke Rasmussen
|
Leier van die Sosiaal-Demokrate
|
Ampsbekleer
|
Termynaanvang
28 Junie 2015
|
Voorafgegaan deur
|
Helle Thorning-Schmidt
|
Minister van Justisie
|
Ampstermyn
10 Oktober 2014 – 28 Junie 2015
|
Eerste minister
|
Helle Thorning-Schmidt
|
Voorafgegaan deur
|
Karen Hækkerup
|
Opgevolg deur
|
Søren Pind
|
Minister van Arbeid
|
Ampstermyn
3 Oktober 2011 – 10 Oktober 2014
|
Eerste minister
|
Inger Støjberg
|
Voorafgegaan deur
|
Inger Støjberg
|
Opgevolg deur
|
Henrik Dam Kristensen
|
Lid van die Folketing
|
Ampsbekleer
|
Termynaanvang
20 November 2001
|
Eerste minister
|
Inger Støjberg
|
Voorafgegaan deur
|
Inger Støjberg
|
Opgevolg deur
|
Henrik Dam Kristensen
|
Persoonlike besonderhede
|
Gebore
|
19 November 1977
(
1977-11-19
)
(46 jaar oud)
Aalborg
,
Denemarke
|
Politieke party
|
Sosiaal-Demokrate
|
Kiesafdeling
|
Kopenhagen
|
Eggenoot/-note
|
Erik Harr (trou 2003; geskei 2014)
|
Kind(ers)
|
2
|
Alma mater
|
Aalborg Universiteit
|
Mette Frederiksen
(gebore op 19 November
1977
) is 'n
Deense
politikus wat sedert 2015 as die leier van die Sosiaal Demokratiese Party van Denemarke dien. Sy is sedert die 2001 Deense algemene verkiesing 'n lid van die Folketing vir die
Kopenhagen
-kiesafdeling, en het onder die voormalige Eerste minister Helle Thorning-Schmidt as Minister van Arbeid vanaf 2011 tot 2014 gedien, en as Minister van Justisie vanaf 2014, totdat sy vir Thorning-Schmidt as partyleier opgevolg het.
[1]
[2]
Na die 2019 Deense algemene verkiesing - waarin die "rooi blok"-opposisie van linkse en sentrum-linkse partye (
Sosiaal Demokratiese Party
[Denemarke],
Deense Sosiale Liberale Party
,
Sosialistiese Party vir die Mense
[Denemarke],
Rooi-Groen Alliansie
[Denemarke], die
Faroe-eilande Sosiaal Demokratiese Party
(Faroe-eilande) en Groenland se Inuit Ataqatigiit en Siumut) 'n absolute meerderheid gewen het van 94 uit 179 setels in die Folketing - was sy aangese deur
Koningin Margrethe II
om samesprekings te lei om 'n nuwe regering te vorm. Sou Frederiksen in die verband suksesvol wees, sal sy op die ouderdom van slegs 41 jaar die jongste eerste minister in Deense geskiedenis word, sowel as die tweede vrou in die rol na haar mede Sosiale-Demokraat Helle Thorning-Schmidt.
Sy het onlangs die
Amerikaanse president
Donald Trump
se idee om
Groenland
by Denemarke te koop as "absurd" afgemaak, wat 'n diplomatiese geskil ontketen het.
[3]
[4]