Die
Magreb
, ook gespel
Maghreb
(letterlik "sononder";
[1]
Arabies
: ?????? ??????
al-Maghrib al-?Arab?
, "die Arabiese Weste";
Berbers
: ???????), ook genoem die
Atlasstreek
, is 'n streek in die noorde van
Afrika
. Net soos ander Mediterreense lande, was die Atlasgebied vanwee sy seeligging gedurig aan die invloede van die verskillende beskawingsgroepe blootgestel wat deur die geskiedenis om die beurt die Mediterreense gebied beheer het. Die Magreb kan ten beste begryp word wanneer dit beskou word in die lig van die talle ooreenkomste en verskille wat die streek ten opsigte van ander lande om die
Middellandse See
en ten opsigte van die
Wes-Kaap
van
Suid-Afrika
toon, asook ten opsigte van die kontraste met die res van Afrika.
Gelee in die noordwestelike uithoek van Afrika, word die Magreb in die suide deur die
Sahara
van die res van Afrika afgesny, met die Middellandse See ten noorde en ten ooste, en die
Atlantiese Oseaan
ten weste daarvan. Die streek beslaan 'n totale oppervlakte van nagenoeg 750 000
km²
, wat gevorm word deur 95% van
Marokko
in die weste, 10% van
Algerie
in die middel, en 75% van
Tunisie
in die ooste. Dit bevat bykans 100% van die bevolking van Marokko, 95% van die van Algerie, en meer as 95% van die van Tunisie.
Die klimaat is tipies Mediterreens (soos in die Wes-Kaap), met koel, nat
winters
, en droe, warm
somers
.
Sneeu
is in die winter algemeen op die hoer berge, terwyl reenval van noord (by die see) na die suidelike binneland afneem. Die Magreb gaan suidwaarts oor in die droe Sahara, net soos die Wes-Kaap in die droe
Karoo
oorgaan, terwyl ander Mediterreense lande verder noord aan nog vogtiger landstreke grens. Die temperature is hier ook hoer, terwyl droe steppe-plato's nie eintlik in Europa voorkom nie. Juis die droer aard van die Magreb veroorsaak dat min standhoudende riviere aangetref word, wat die besproeiings- en
hidroelektriese
potensiaal van die streek aan bande le.
Wat landvorme betref, val dit dadelik op dat die Magreb en ons Wes-Kaap die enigste gebiede in Afrika is waar plooiberge (berge wat ontstaan a.g.v. groot drukkragte wat die aardkors as het ware opvou) aangetref word. Die Atlasberge is eintlik 'n voortsetting van die plooibergstelsel om die Middellandse See, waarvan bv. die
Alpe
deel vorm. In Tunisie is die Atlasberge 'n ingewikkelde bergmassa wat weswaarts in Algerie in twee verdeel. Die laer noordelike kusreekse van die Tell-Atlas word hier van die suidelike Sahara-Atlas geskei deur die Karoo-agtige
Plato van die Sjots
. Verder wes, in Marokko, word die Tell-Atlas voortgesit in die noordelike
Rif
, terwyl die suidelike Sahara-Atlas in drie reekse verdeel: die Middel- en die Hoe Atlas, met die Anti-Atlas suid van laasgenoemde. Dzjebel Toubkal (4 165
m
) in die Hoe Atlas is die hoogste piek in die hele streek. 'n Verdere ooreenkoms is hier die smal, vrugbare kusvlaktes, en die talle besproeibare valleie, net soos in die Wes-Kaap en om die Middellandse See.
Vanwee die onherbergsaamheid van baie berggedeeltes en die ontoeganklikheid van ruwe kuste, het groot dele van die Magreb (veral in Marokko) grootliks onaangetas gebly deur
Europese
invloede.
Tipiese Mediterreense plantegroei, soos
fynbos
en struike, is algemeen in die Magreb, met woude van bladwisselende eike en kurkeike, asook denne en seders in die vogtiger berge. Op die hoer maar droe plato's groei esparto-gras, wat vir gebruik in die papierindustrie ingesamel word.
Die grondgebruik ten opsigte van produkte wat verbou word, asook omstandighede van verbouing, stem baie ooreen met die in Suid-Afrika se Wes-Kaap en met die Mediterreense landboupatrone. Ten eerste word gewasse verbou wat geheel en al van reen afhanklik is; daarvan is
grane
, veral
gars
en
koring
, die beste voorbeelde. Verbouingstipes wat daarteenoor lank sonder reen kan klaarkom, soos
olywe
, vye, en
neute
(
amandels
,
okkerneute
), is weer van meer permanente belang. Hierbenewens word besproeiingslandbou van al groter belang in die Magreb.
Druiwe
(en
wyn
),
sitrusvrugte
,
sagtevrugte
en
groente
word veral so verbou en op die markte van
Europa
van die hand gesit.
Die Magreb word onderskei deurdat daar 'n groter betrokkenheid by
veeboerdery
voorkom, wat ook meer
nomadies
beoefen word. Oor die algemeen is 'n groter persentasie van die bevolking by die landbou betrokke as in moderner state. In al drie die state is ongeveer die helfte van die bevolking op die landbou vir 'n bestaan aangewese ? 'n persentasie wat weer heelwat laer is as die res van Swart Afrika.
Die huidige ekonomiese opset in die Magreb is grootliks te danke aan die bydrae van
Europese Blankes
. Die grondslag van die moderne landbousektor (bv. die wynbedryf), die vervoerstelsel, en die industriele ontwikkeling, is tydens die koloniale tydperk Blanke (hoofsaaklik
Franse
) koloniste gele. Die getal koloniste het aangegroei tot bykans twee miljoen, maar na die onafhanklikwording van die drie Magrebstate het 'n groot uittog gevolg, sodat daar vandag nie veel meer as 200 000 Blankes in die Magreb woonagtig is nie.
Die Magreb beskik oor 'n redelike verskeidenheid van
minerale
. In Marokko word
fosfaat
,
ru-olie
,
mangaan
,
yster
,
sink
,
lood
,
kobalt
en steenkool ontgin. Algerie (die Sahara-gedeelte uitgesluit) ontgin yster, sink, lood en fosfaat, terwyl in
Tunisie
olie,
aardgas
, fosfaat, lood, sink en yster ontgin word.
Hoewel die Magrebstate industrieel hoer ontwikkel is as die state van Swart Afrika, maak fabrieksnywerhede nog net 'n klein persentasie van die ekonomiese aktiwiteite uit. Voedselverwerking en tuisnywerhede is die belangrikste groep, terwyl fabrieke vir
petrochemiese produkte
, voertuigmontering, tekstielware en kunsmis 'n groeiende aandeel verwerf.
Die vervoerstelsel in die hele
Noord-Afrika
toon 'n opmerklike konsentrasie in die Magreb. Die vervoernet is grootliks uit die koloniale tydperk oorgeerf en, hoewel dit soms erg verwaarloos is, is verbindings deur die hele streek voldoende. Ongeveer 30 000 km teerpaaie en bykans 8 000 km spoorlyne is op die kus in gebruik. In die talle inhamme langs die kus word 'n groot aantal uitstekende hawens aangetref.
Toerisme is 'n belangrike verdiener van buitelandse valuta, want ongeveer twee miljoen toeriste sak jaarliks op veral Tunisie en Marokko toe. Die goue Afrika-strande, die eg Oosterse atmosfeer van die ou
stede
, die uitmuntende
Arabiese argitektuur
en die
ruines
uit die
Romeinse tyd
verskaf die grootste aantrekkingskrag.
Jaarliks werk daar ook gemiddeld meer as 'n miljoen mense as "gasarbeiders" uit die Magreb in Europa, waar hulle die minder aangename beroepe beoefen. Hul tuisstate verkry egter op hierdie wyse belangrike buitelandse valuta, omdat die arbeiders die meeste van hul
lone
huis toe stuur na hul gesinne.
Kultureel is Magreb meer eiesoortig. Die gebied vorm die westelike vleuel van die
Moslemwereld
, wat tot in die
Midde-Ooste
strek. Die Magreb is oorspronklik deur 'n Blanke ras, die
Berbers
, bewoon. Na die
Arabiese
invalle, wat van die
8ste-
tot die
13de eeu
geduur het, het die Berbers grootliks met die Arabiere vermeng geraak, wat vandag in elk geval nog die meerderheid vorm. Die Berbers het die
Moslemgeloof
aangeneem, sodat die geloof vandag die drie Magrebstate se
staatsgodsdiens
is.
Hoewel bykans 'n kwart van die bevolking vandag nog
Berbertale
praat, is
Arabies
die amptelike taal van die Magreb. Berberse meerderhede kom slegs in afgelee gebiede voor, soos in die
Kabiliese Berge
en
Auresberge
van
Algerie
. In onlangse tye was daar heelwat Berber-onrus as gevolg van hul miskenning as kulturele minderheidsgroep.
Vreemde invloede in die Magreb het 'n lang geskiedenis. Die
Feniciers
, die
Romeine
, die
Arabiere
en die
Turke
was om die beurt meesters van die gebied (hoofsaaklik die kusstreke). Gedurende die
19de eeu
het
Frankryk
en
Spanje
die hele gebied gekoloniseer, maar na bloedige opstande (veral in Algerie) het eers Marokko en Tunisie in
1956
, en toe Algerie in
1962
, onafhanklik geword.
Die mense van die Magreb is in betreklik groot mater verstedelik. Tussen 35% en 45% van hulle woon in dorpe en stede. Die algemene verstedeliking lei tot die ontstaan van groot plakkersgemeenskappe om baie stede. Talle stede het reeds bevolkings van meer as 100 000, waarvan
Casablanca
(2 miljoen) en
Algiers
(1,8 miljoen) die grootstes is. Die algemene inkomstepeil van die bevolking is hoer as in die meeste Afrika-state, maar baie laag in vergelyking met meer ontwikkelde state. Daarbenewens is die oorgrote meerderheid van die bevolking nog ongeletterd.
Vanwee die talle unieke fisiese en kulturele verskille wat die Magreb so skerp van die res van Afrika onderskei, en versterk deur die isolasie wat die Sahara na die suide teweegbring, vertoon die Magreb soos 'n afgeslote
eiland
op die noordelike rand van
Afrika
. Die ooreenkomste met die
Mediterreense
wereld het weer tot gevolg dat die streek dikwels in die verlede eerder as deel van Europa as deel van Afrika beskou is.