Jacobus Gideon Nel (Koos
of
Kosie) Strauss
, oftewel
J.G.N. Strauss
, (
17 Desember
1900
op
Calvinia
,
Noord-Kaap
?
7 Maart
1990
[1]
) was die derde (en voorlaaste) leier van die
Verenigde Suid-Afrikaanse Nasionale Party
, nadat hy genl.
Jan Christian Smuts
met laasgenoemde se dood in
1950
opgevolg het. Strauss dra die onderskeiding dat hy die eerste dienende leier van 'n groot
Suid-Afrikaanse
politieke party was wat van sy amp onthef is en wel op
21 November
1956
.
Strauss bekwaam hom as advokaat aan die
Universiteit van Kaapstad
en die
Universiteit van Suid-Afrika
, maar dien eers as privaatsekretaris
[2]
van Smuts van
1923
tot
1924
. Ses jaar later word hy in die kiesafdeling
Langlaagte
lid van die provinsiale raad vir die
Suid-Afrikaanse Party
. Hy word in Desember
1932
tot die parlement verkies as kandidaat vir dieselfde party in 'n sleuteltussenverkiesing in
Germiston-distrik
, kort nadat Suid-Afrika gedwing is om die goudstandaard te verlaat. In
1939
(sommige bronne gee
1944
) word hy minister van landbou en bosbou in die Smuts-kabinet, 'n amp wat hy beklee tot en met die verkiesing van
1948
, waarin die
Nasionale Party
die V.P. verslaan het.
Adv. Strauss spreek in Augustus 1950 'n vergadering van die
Verenigde Nasionale Suidwes-party
toe in
Windhoek
.
Koos Strauss (staande, derde van regs) saam met die Smuts-kabinet en
koning George VI
tydens sy ampsbesoek aan Suid-Afrika
Koos Strauss (tweede van regs) in die laaste
Verenigde Party
-kabinet onder leiding van genl.
Jan Smuts
, 1948.
Hy volg Smuts in 1950 op as leier van die
Verenigde Party
nadat sy voorganger hom by die koukus aanbeveel het. So word hy ook leier van die parlementere opposisie. Tydens sy bewind breek die
Verenigde Federale Party
en die
Liberale Party
weg van die V.P. na die party se teleurstellende vertoning in die verkiesing van
1953
, waarin die VP,
Torch Commando
, en ander ondersteuners alles in die stryd gewerp het om te bewys die 1948-nederlaag net 'n tydelike terugslag was.
Die grondwetlike krisis oor die regering se wetgewing om kleurlingkiesers op 'n afsonderlike kieslys te plaas, het die V.P. nuwe moed vir die 1953-verkiesing gegee toe die howe uitspraak gelewer het teen die NP se hantering van die stemmery in die parlement. Strauss se leierskap het nietemin gedy op die stryd om die kleurlingkiesers op die gesamentlik kieslys te hou, tot die N.P. in 1955 die Senaatwet aanvaar het om die hoerhuise in so 'n mate te vergroot dat die party 'n tweederde-meerderheid tydens 'n gesamentlike sitting van albei huise kon behaal.
Die taai, ses jaar lange stryd, wat Strauss moedig geveg het, het sy tol op die opposisie geeis en veral na 1953 het die eenheidsgeesdrif verflou. Sy swak
[3]
hantering van die meningsverskille in die party het baie van sy kragte geeis en sy gewildheid laat taan. Die wegbreek uit die VP van 'n regter- en later 'n linkervleuel het verdere druk op Strauss geplaas en die party se vertroue in hom ondermyn. Boonop het hy altyd in die skadu van sy voorganger geleef. Jan. J. van Rooyen
[4]
skryf Strauss het "selfs, miskien onbewus, Smuts se stap, sy praat, sy gebare probeer namaak...dit was asof hy die gees van sy mentor nie kon afskud nie. Daarby was hy geen spontane en toeganklike mens nie. Hy het nie mense maklik na hom toe aangetrek nie ? iets wat baie nodig is vir 'n jong leier."
Die verwydering tussen hom en sy volgelinge het al hoe groter geword en in 1956 besluit hy om nie die party se Uniale kongres by te woon nie. Die binnekring het waarskynlik toe al reeds besluit dat hy as leier vervang moes word. Die kongres het op Donderdag
20 November
1956
in
Bloemfontein
begin. Van Rooyen vertel: "Dit het bekend geword dat adv. Strauss siek is, en vrae het ontstaan oor sy planne vir die kongres. Op 1 November het die opperleiding van sy party hom in
Johannesburg
opgesoek, en by hom gepleit dat hy die kongres bywoon. Hy antwoord nie na die een of ander kant toe nie. Hy sou kyk hoe hy herstel."
Uiteindelik besluit hy om in die buiteland te gaan herstel en toe begin daar 'n blitsveldtog om sy leierskap onder verdenking te bring. Mettertyd werp die VP-gesinde koerante hulle agter die opperleiding, en die kongres eis dat 'n onderleier of waarnemende leier verkies moet word. Strauss vertrek op
17 November
1956
oorsee en sir
De Villiers Graaff
maak die volgende dag bekend dat hy beskikbaar sou wees vir die leierskap, as die kongres sou besluit om Strauss nie te herkies nie.
Toe die kongres byeenkom, word 'n brief van Strauss voorgelees waarin hy om sy politieke lewe pleit. Die afgevaardigdes beraadslaag ses ure lank agter geslote deure. Die provinsiale partyleiers neem almal standpunt in teen Strauss se besluit om nie die kongres by te woon nie en spreker na spreker doen aan die hand dat hy moet bedank. Nog net 'n klein minderheid steun hom. 'n Mosie van vertroue in die provinsiale voorsitters word met enkele teenstemme aanvaar en die voorstel dat Strauss se leierskap beeindig word, is met 'n sterk meerderheidstem aanvaar. Sir
De Villiers Graaff
word sodoende sonder teenstem verkies.
'n Jaar later, in Desember
1957
, tree hy finaal uit die politiek en eindelik ook uit die
Verenigde Party
.
Sy dogter Maureen is op
29 Maart
1953
met
Zach de Beer
getroud.
- Rosenthal, Eric
. 1978.
Encyclopaedia of Southern Africa
. Kaapstad en Johannesburg: Juta and Company Limited.
- Cameron, Trewhella (hoofred.). 1986.
Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika
. Kaapstad en Pretoria: Human en Rousseau.
- ↑
[1]
Geni.com
- ↑
*Du Plessis, Marine (hoofred.). 2005.
Pharos Afrikaans-Engels English-Afrikaans Woordeboek Dictionary
. Kaapstad: Pharos Woordeboeke.
- ↑
Beeld
, 3 Mei 1991
- ↑
Van Rooyen, Jan J. 1971.
Ons politiek van naby
. Kaapstad en Johannesburg: Tafelberg-Uitgewers Bpk.