Die
Koninkryk van die Nederlande
(
Nederlands
:
Koninkrijk der Nederlanden
,
Engels
:
Kingdom of the Netherlands
,
Wes-Fries
:
Keninkryk fan de Nederlannen
,
Papiaments
:
Reino Hulandes
) is 'n soewereine land, wat bestaan uit die outonome land
Nederland
in
Europa
met die besondere munisipaliteite
Bonaire
Saba
en
Sint Eustatius
in die
Karibiese See
en die outonome lande
Aruba
,
Curacao
en
Sint Maarten
in die Karibiese See. Die outonome lande is gelykwaardige onderdele van die Koninkryk van die Nederlande. Die staatkundige posisie van die lande is egter verskillend.
Hoewel
Nederland
die meeste mag het, het Nederland dieselfde outonome status as Aruba, Curacao en Sint Maarten. Die drie Karibiese outonome lande stuur elk 'n gevolmagtigde minister na Nederland, waar hulle saam met die Nederlandse ministers oor die
Koninkryksaangeleenthede
besluit. Die Koninkryksaangeleenthede sluit buitelandse sake, nasionaliteit, landsverdediging, bewaking van die onafhankelikheid en grensbewaking in.
Die huidige staatkundige vorm is in 1954 ingestel, toe Nederland sy kolonies (met uitsondering van Nederlands-Nieu-Guinea) opgehef het. Tydens die proses het
Suriname
en die
Nederlandse Antille
'n outonome status gekry. Suriname het die Koninkryk in 1975 verlaat en 'n selfstandige republiek geword.
Aruba
het in 1986 die Nederlandse Antille verlaat en 'n outonome land binne die Koninkryk geword. In 2010 is die outonome land Nederlandse Antille opgehef en het
Curacao
en
Sint Maarten
die status van outonome land gekry.
Bonaire
,
Saba
en
Sint Eustatius
het in die proses die status van munisipaliteit binne die outonome land Nederland gekry.
Die Europese deel van Nederland gebruik die
Euro
as geldeenheid, terwyl die
Karibiese deel van Nederland
die
Amerikaanse dollar
gebruik.
[2]
Aruba gebruik die Arubaanse florin en die Antilliaanse gulden word gebruik in Curacao en Sint Maarten.
Die Grondwet vir die Koninkryk van die Nederlande en die staatsreelings van die lande is juridies ondergeskik aan die Statuut vir die Koninkryk van die Nederlande. Die staatsinrigting van Nederland word gereel in die Grondwet vir die Koninkryk van die Nederlande (1815), die staatsinrigting van Aruba word bepaal in die Staatsreeling van Aruba (1986) en Curacao en Sint Maarten het in 2010 hul eie staatsreelings gekry. Anders as die naam suggereer, is die
Grondwet vir die Koninkryk van die Nederlande
nie in die hele Koninkryk geldig nie. Dit geld net in Nederland, maar die staatsreeling is afkomstig uit 'n tyd dat Nederland die Koninkryk was. Sedert 1954 het die Statuut vir die Koninkryk van die Nederlande die Grondwet as hoogste dokument vervang. Sekere bepalings uit die Grondwet is egter wel geldig in die hele koninkryk, omdat die Statuut somtyds na bepalings in die Grondwet verwys. Die Statuut en die Grondwet gee dus gesamentlik vorm aan die staatkundige inrigting van die Koninkryk van die Nederlande. Die Statuut reel die Koninkryksaangeleenthede en die verhoudings tussen Aruba, Curacao, Nederland en Sint Maarten, die Grondwet is wettig in al die andere situaties, behalwe die sake wat gereel is in die Staatsreelings van Aruba, Curacao en/of Sint Maarten.
Die Statuut bepaal watter organisasies die Koninkryk het. Genoem word onder meer die
Kroon
en die ministerraad, die Raad van State en die wetgewende mag van die Koninkryk. Omdat hierdie organisasies hul reelings in die Grondwet vind en die Grondwet ook bepaal dat hierdie instellings ook die Nederlandse instellings is, is dit nie reg nie om die Koninkryk van die Nederlande as 'n bondstaat te beskou. Die institute van die Koninkryk is (art. 5 van die Statuut) dieselfde instellings as die Grondwet ken en voorsien so nodig in 'n oorsese aanvulling as die Koninkryksaangeleenthede Aruba, Curacao en/of Sint Maarten raak. As dit Koninkryksaangeleenthede is wat nie aan Aruba, Curacao en/of Sint Maarten raak nie, tree Nederland op as die Koninkryk van die Nederlande, volgens die bepalings in die Grondwet, selfstandig naar binne en na buite op. Aruba, Curacao en Sint Maarten kan nie sodanig optree nie, omdat in hulle perspektief die Statuut altyd hoer is as hul Staatsreelings.
Hierdie verskil is gekies weeens die groot verskille tussen Nederland en die drie andere lande. Die verskil in bevolkingsaantalle, oppervlakte en ekonomiese krag, maak 'n Nederlandse oorwig verdedigbaar. Die Statuut praat ook nie van
gelykheid
maar eerder van
gelykwaardigheid
van die vier lande
[3]
Hierdie stelsel lewer somtyds aardige situasies op: Omdat die outonome land Nederland 'n deel is van die
Europese Unie
, maar die nasionaliteitswette 'n Koninkryksaangeleentheid is, is die inwoners van Aruba, Curacao en Sint Maarten burgers van die Europese Unie, terwyl die eilande nie EU-grondgebied is nie.
Die Statuut vir die Koninkryk van die Nederlande kan net gewysig word as alle lande binne die Koninkryk saamstem.
Volgens die Statuut vir die Koninkryk van die Nederlande is die volgende sake Koninkryksaangeleenthede:
- Handhawing van die onafhanklikheid en die verdediging van die Koninkryk;
- Buitelandse sake;
- Nasionaliteit (
Nederlanderskap
);
- Reelings vir nasionale onderskeidings en die vlag en wapen van die Koninkryk;
- Nasionaliteit van seeskepe onder die Nederlandse vlag, behalwe seilskepe;
- Toesig op onderlinge toelating en onderlinge uitsetting van Nederlanders;
- Uitsetting van vreemdelinge;
- Uitlewering van gevangenes.
Verder kan ander onderwerpe in oorleg tot Koninkryksaangeleentheid verklaar word.
Artikel 43 van die Statuut bepaal dat fundamentele menslike regte en vryhede, die regsekerheid en deugdelikheid van bestuur aangeleenthede van die Koninkryk is. Van hierdie aangeleenthede wat Aruba, Curacao en/of Sint Maarten nie direk raak nie, word gereel volgens die bepalings uit die Grondwet (en dus feitlik deur Nederland).
Formeel ken die Statuut 'n Kroon van die Koninkryk, 'n Koninkryksregering, 'n wetgewer van die Koninkryk en 'n Raad van State (van die Koninkryk). Hierdie institute vind hul reelings in die Grondwet met aanvullings in die Statuut.
Kroon van die Koninkryk
[
wysig
|
wysig bron
]
Die Kroon van die Koninkryk word gedra deur die erflike Koning van die Nederlande. Hy is staatshoof van die Koninkryk en voer die regering oor die Koninkrijk en oor die lande afsonderlik. Die huidige Koning is
Willem-Alexander van die Nederlande
. In Aruba, Curacao en Sint Maarten word die Koning verteenwoordig deur 'n goewerneur, wat die Koning as staatshoof van die Koninkryk en in die regeringsuitvoering in daardie land vervang.
Die Koninkryksregering is die Koning en die Ministerraad van die Koninkryk tesame. Die Ministerraad van die Koninkryk bestaan uit die Nederlandse ministers aangevul met drie gevolmagtigde ministers, wat deur Aruba, Curacao en Sint Maarten (elk een minister) afsonderlik gestuur word.
Wetgewer van die Koninkryk
[
wysig
|
wysig bron
]
Die wetgewer van die Koninkryk bestaan uit die (Nederlandse)
State-Generaal
en die Koninkryksregering tesame. Art. 15, 16 en 17 van die Statuut gee egter enige stemregte aan die State van Aruba, State van Curacao en die State van Sint Maarten.
Die Koninkryk het geen gesamentlike parlement nie. Inwoners van Aruba, Curacao en Sint Maarten, wat nie vir die State-Generaal kan stem nie (maar hul eie State/parlemente het), het geen verteenwoordiging in die State-Generaal. Volgens sommiges is dit 'n groot demokratiese tekort. In 1997 het Ernst Hirsch Ballin in die Eerste Kamer (van die State-Generaal) gepleit vir die oprigting van 'n Koninkryksparlement.
[4]
'n Wat wat deur die wetgewer van die Koninkryk uitgevaardig word en in die hele Koninkryk geldig is, word 'n Rykswet genoem. 'n Voorbeeld van 'n rykswet is die Rijkswet op het Nederlanderschap, wat die nasionaliteit en staatsburgerskap reel. Ook 'n gevolmagtigde minister van Aruba, Curacao of Sint Maarten kan 'n rykswet indien. As die regerings van Aruba, Curacao en/of Sint Maarten nie met 'n rykswet saamstem nie, kan die State-Generaal die rykswet nie met 'n gewone meerderheid van 76 stemme aanneem nie, maar is 'n meerderheid van 90 stemme nodig.
De Raad van State van die Koninkryk gee wetadvies aan die regering en is die hoogste bestuursregter van die Koninkryk. Die Raad van State van die Koninkryk bestaan uit die Nederlandse Raad van State, uitgebrei met die lede wat deur die Koning benoem is om Aruba, Curacao en Sint Maarten te verteenwoordig.
In die Europese deel van Nederland word sake in eerste aanleg behandel by een van die negentien regbanke. Mense kan teen uitsprake van 'n regbank in appel gaan by een van die vyf geregshowe of een van die bestuursregtelike appelhowe. Aruba, Curacao, Sint Maarten en
Karibiese Nederland
het gesamentlik 'n regbank en 'n (hoer) geregshof. Die regbank en die geregshof van Aruba, Curacao, Sint Maarten en Karibiese Nederland is in staat om vier verskillende wette te hanteer. Elke outonome land het natuurlik sy eie wette.
Van uitsprake van die geregshowe is 'n kassasie by die Hoe Raad van die Nederlande moontlik.
Samewerkingsooreenkomste
[
wysig
|
wysig bron
]
Op grond van artikel 38 van die Statuut bepaal dat outonome lande onderling afsprake en samewerkingsooreenkomste kan tref. Hierdie samewerkingsooreenkomste kan per rykswet bekragtig word. Die regbank en die geregshof van Aruba, Curacao, Sint Maarten en Karibiese Nederland is 'n voorbeeld van so 'n samewerkingsooreenkoms.
Landdeel
|
Bevolking
|
Oppervlakte
|
Bevolkingsdigtheid
|
Geldeenheid
|
van/tot
|
Nederlandse Antille
|
283 935 (2009)
|
980 km²
|
223/km²
|
Antillianiese gulden (ANG)
|
1954?2010
|
(Nederlands-)Guyana (huidige
Suriname
)
|
onbekend
|
163 820 km²
|
onbekend
|
Nederlandse gulden (NLG)
|
1600?1975
|
(Brits-)Guyana
|
onbekend
|
214 969 km²
|
onbekend
|
Nederlandse Gulden (NLG)
|
1600?1815
|
(Frans-)Guyana
|
onbekend
|
90 000 km²
|
onbekend
|
Nederlandse Gulden (NLG)
|
1660?1664/1676?1677
|
Nederlands-Indie
(huidige
Indonesie
)
|
60,7 miljoen (1930)
|
1 919 440 km²
|
onbekend
|
Nederlands-Indische gulden (NIG)
|
1949
|
Nederlands-Nieu-Guinea (gelee in huidige Indonesie)
|
321 000 (1955)
|
323 000 km²
|
onbekend
|
Nederlands-Nieuw-Guineese gulden
|
1962
|
Nederlandse Kaapkolonie
(huidige
Suid-Afrika
)
|
1 500 (1650) 18 000 (1800) 2 564 965 (1910)
|
145 000 km² (1795) 569 020 km² (1910)
|
onbekend
|
Gulden
|
1652?1795/ 1803?1806
|
Ceylon (huidige
Sri Lanka
)
|
onbekend
|
65 610 km²
|
onbekend
|
Gulden van die VOC
|
1656?1796
|
Nieu-Nederland
(gelee in huidige
New York
)
|
onbekend
|
onbekend
|
onbekend
|
Ryksdaalder
|
1624?1667
|
- ↑
Die Afrikaanse naam soos gebruik in kommunikasie tussen Eerste Minister Hertzog en die Nederlandse gesant in Kaapstad
, wetten.overheid.nl, 20 Februarie 1935 geraadpleeg op 30 Januarie 2014
- ↑
(
nl
)
De Nederlandsche Bank ? Bonaire, Sint Eustatius, Saba
Geargiveer
25 Desember 2010 op
Wayback Machine
- ↑
Prof.mr. C.A.J.M. Kortmann, Prof.mr. P.P.T. Bovend’Eert, Inleiding constitutioneel recht, p. 167.
- ↑
(
nl
)
"Koninkrijksparlement"
. Trouw. 10 Februarie 1997.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 8 Desember 2007
. Besoek op
28 September
2007
.
- ↑
(
nl
)
Nederland
, AlleCijfers
- ↑
(
nl
)
Caribbean Netherlands
, City Population
- ↑
(
nl
)
Aruba
, AlleCijfers
- ↑
(
nl
)
Curacao
, AlleCijfers
- ↑
(
en
)
Sint Maarten
, World Factbook