한국   대만   중국   일본 
Kinshasa - Wikipedia Gaan na inhoud

Kinshasa

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Kinshasa

Kaart Wapen
Vlag
  Land Vlag van Demokratiese Republiek die Kongo Demokratiese Republiek
die Kongo
  Provinsie Kinshasa
  Koordinate 04°20′S 15°19′O  /  4.333°S 15.317°O  / -4.333; 15.317 Koordinate : 04°20′S 15°19′O  /  4.333°S 15.317°O  / -4.333; 15.317
  Stigting 1881
  Oppervlakte:  
 - Totaal 9 965 vk km
  Hoogte bo seevlak 240 m
  Bevolking:  
 - Totaal (2017) 11 855 000
 - Bevolkingsdigtheid 20 000/vk km
  Tydsone UTC +1
  Burgemeester Andre Kimbuta Yango
  Amptelike webwerf kinshasa.cd [dooie skakel]

Kinshasa ( Frans [kin?asa], voorheen: Leopoldville ; Nederlands : Leopoldstad , ) is die hoofstad en grootste stad van die Demokratiese Republiek die Kongo (ook Kongo-Kinshasa genoem), wat tot ses jaar na die land sy onafhanklikheid (1960) van Belgie verkry het as Leopoldstad bekend gestaan het.

Nasa -Satellietbeeld van Brazzaville , Kinshasa en die Malebo-poel in die Kongorivier
'n Uitsig oor Kinshasa

Dit is 'n 'n rivierhawe en aan die Kongorivier , oorkant die hoofstad van die Republiek die Kongo , Brazzaville , net suid van die ewenaar gelee. Dit maak van Brazzaville en Kinshasa die wereld se tweede naaste hoofstede na Rome en die Vatikaanstad .

Die stad is in 1887 deur die Britse ontdekkingsreisiger Henry Morton Stanley gestig. Dit het in 1926 die hoofstad van die Belgiese kolonie geword. Tydens die Tweede Wereldoorlog was troepe van die Verenigde State hier gestasioneer.

Die stad beskik oor 'n internasionale lughawe, 'n rivierhawe, 'n universiteit (1954) en is 'n vername handelsentrum. Van die bedrywe in die stad is onder meer voedselverwerking, tekstiele, chemikaliee en brouery.

Kinshasa se naam het net een keer verander, hoewel die land om die beurt die Kongo-Vrystaat van 1885 tot 1908, die Belgiese Kongo van 1908 tot 1960, die Demokratiese Republiek die Kongo van 1960 tot 1971, die Republiek van Zaire van 1971 tot 1997 en uiteindelik weer die Demokratiese Republiek die Kongo van 1997 tot die hede was.

Die bevolking word tans (2017) op byna 12 miljoen geraam, wat van Kinshasa Afrika se derde grootste stad na Kairo en Lagos maak. [1] Dit is ook die grootste Franssprekende stad ter wereld, net groter as Parys . [2] [3] In 1956 was die bevolking slegs 300 000, waarvan 17 000 blank was. Frans is die belangrikste taal van die regering, skole, koerante, openbare dienste en hoe-end-handel in die stad, terwyl Lingala as 'n lingua franca in die strate gebruik word. [4]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. "DemographiaWorld Urban Areas ? 13th Annual Edition" (PDF) (in Engels). Demographia. April 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020 . Besoek op 16 Oktober 2018 .
  2. "Populations Of 150 Largest Cities In The World" . World Atlas (in Engels). 7 Maart 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020 . Besoek op 16 Oktober 2018 .
  3. "Time series of the population of the 30 largest urban agglomerations in 2011 ranked by population size, 1950?2025" (XLS) (in Engels). United Nations, Population Division. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2013 . Besoek op 25 Junie 2012 .
  4. ( en ) Cecile B. Vigouroux & Salikoko S. Mufwene (2008). Globalization and Language Vitality: Perspectives from Africa, bl. 103 & 109 . ISBN   978-0-8264-9515-0 . Besoek op 16 Oktober 2018 .

Bron [ wysig | wysig bron ]

  • ( en ) Crystal, David (red.), The Cambridge Encyclopedia , London, 1992.

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]