in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Kaap Agulhas-vuurtoring
is 'n
vuurtoring
by
Kaap Agulhas
, die suidelikste punt in
Afrika
.
Die 27 meter hoe ronde toring is wit geverf met rooi strepe. Dit is op
1 Maart
1849
in gebruik geneem en is gebou volgens die model van die Pharos van
Alexandrie
, een van die
sewe klassieke wonders van die wereld
. Daar is in
1840
in
Kaapstad
begin met die insameling van geld vir die bou van 'n vuurtoring by Kaap Agulhas. Bydraes deur die publiek en owerhede is aangevul met bydraes uit
Kalkutta
,
Bombaai
,
Madras
,
Manila
,
Sint Helena
en
Londen
.
Michiel van Breda
, na wie die nabygelee
Bredasdorp
vernoem is en wat die plaas Zoetendalsvlei besit het, het ingestem om soveel grond as wat nodig sou wees, te skenk om die vuurtoring te bou. In 'n toespraak in Kaapstad het hy verwys na die
Arniston
-skeepsramp van
30 Mei
1815
waarin slegs ses van die 378 mense aan boord oorleef het.
Bouwerk het op
1 April
1847
begin en is teen
Desember
1848
voltooi. Lig is aanvanklik verskaf uit vet uit skaapsterte. In
1905
is die vetlamp vervang met 'n olielamp wat in
1914
opgegradeer is na 'n roterende stelsel wat 470 000 kerskrag gelewer het. In
1936
is 'n elektriese lig geinstalleer van 12 000 000 kerskrag. In
1962
het die sandsteen waaruit die toring gebou is, begin ingee en in
1968
is 'n tydelike aluminiumtoring naby die hoofvuurtoring opgerig.
Die toring is in
1973
tot Nasionale Monument verklaar. Nadat dit teen
1988
herstel is, is die lig van die tydelike toring by die nuwe
Groenriviermond-vuurtoring
gebruik.
[3]
Op
28 Januarie
1994
is 'n museum by die vuurtoring amptelik geopen.
[4]
[5]
Kaap Agulhas Toerisme se statistiek toon 8 673 besoekers in die eerste maand sedert die heropening in 2013. In 2013 het 40 000 besoekers die mees suidelike punt van Afrika besoek, wat drie keer meer is as in 2012.
[1]
Die Kaap Agulhas-vuurtoring is op 2 Maart 1973 deur Johannes Petrus van der Spuy, Minister van Nasionale Onderwys, as 'n nasionale monument verklaar. Dit word beskerm as 'n provinsiale erfenisterrein ingevolge die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne (25/1999).
[6]
- ↑
1,0
1,1
SANPark Times
. 2014. There's light again. March, p. 30.
- ↑
Cape Agulhas Lighthouse closed for renovations. 2013.
Suidernuus
, 22 Februarie:9.
- ↑
Voetspore op die Strand
Geargiveer
21 Mei 2008 op
Wayback Machine
,
Dag Sewe en vyftig
Geargiveer
18 Februarie 2008 op
Wayback Machine
, Besoek op 22 Desember 2006
- ↑
Lighthouses of South Africa
,
Cape Columbine
, Besoek op 22 Desember 2006
- ↑
Cape L'Agulhas
,
The Lighthouse
Geargiveer
18 Januarie 2007 op
Wayback Machine
, Besoek op 22 Desember 2006
- ↑
Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap - Item: 13046
, Besoek op 21 Mei 2012
Koordinate
:
34°49′08″S
20°00′33″O
/
34.81889°S 20.00917°O
/
-34.81889; 20.00917