Jonas Edward Salk
(gebore
28 Oktober
1914
in
New York Stad
- oorlede
23 Junie
1995
in
La Jolla
,
Kalifornie
) is een van die
twintigste eeu
se mees vereerde wetenskaplikes. Hy is bekend as die ontdekker van die eerste suksesvolle
entstof
teen die
poliomielitis
virus
. En omdat hierdie ontdekking juis kinders se lot verlig het, was hy onmiddellik beroemd.
Teen die laat vyftigs het 'n ander wetenskaplike,
Albert Sabin
, 'n entstof ontwikkel wat oraal geneem kon word. Dit is suksesvol getoets en het die populariteit van die Salk-
inenting
laat afneem.
Die Sabin-entstof is gemaak van 'n aktiewe virus wat die kanse op infeksie baie vergroot het. Ten spyte hiervan het die Sabin-entstof teen die einde van die 1960's die primere entstof teen polio in die VSA geword. Toe daar in
1970
weer nuwe gevalle van polio aangemeld word, het baie lande weer die Salk-entstof begin gebruik.
Gedurende die sestigs het Salk as direkteur van die
Salk Instituut vir Biologiese Studies
navorsing gedoen op
kanker
en
veelvuldige sklerose
. Hy het ook in die tagtigerjare die polio-entstof verbeter tot 'n enkeldosis wat lewenslange
immuniteit
verleen. Vanaf
1988
het Salk hom toegespits op navorsing oor die
MIV
.
Alhoewel Salk nie belangrike akademiese toekennings gekry het nie, het hy erkenning gekry vir sy bydrae tot wereldvrede. Hy het onder meer die
Presidensiele Medalje vir Vryheid
, die
Jehan Sadat Vryheidstoekenning
en die
Nehru Award for International Understanding
ontvang. Hy is in
1999
deur die tydskrif
Time
aangewys as een van die 20 invloedrykste wetenskaplikes van die twintigste eeu.
Jonas Salk se ouers was
Russies
-
Joodse
immigrante. Hulle het geen formele opleiding gehad nie en was vasberade om hul kinders al die geleenthede te bied wat hulle nie gehad het nie.
Jonas Salk is op twaalfjarige ouderdom hoerskool toe en op vyftien kollege toe. In
1934
verwerf hy 'n BSc-graad van die
New York Stadskollege
. Daarna is hy na die mediese skool van die
Universiteit van New York
waar hy in
1939
sy mediese graad verwerf het. In
1942
is hy aangestel in 'n navorsingspos by die
Universiteit van Michigan
.
Hy het hom aanvanklik toegespits op die ontwikkeling van 'n entstof vir die voorkoming van
griep
maar het toenemend in die poliomielitisvirus begin belangstel en wou 'n permanente akademiese pos he. Dit het hy gekry by die
Universiteit van Pittsburgh
waar hy in
1947
aangestel is as direkteur van die Virusnavorsingslaboratorium. Hier het hy sy baanbrekerswerk gedoen. Voor hom het baie wetenskaplikes polionavorsing gedoen, maar sonder enige sukses. Salk het hierdie navorsingsresultate verwerk en sodoende dit reggekry om groot hoeveelhede van die virus te produseer en dit dan met
formalien
te deaktiveer. So het hy 'n nie-infektiewe of "dooie virus"-entstof ontwikkel. In
1952
was Salk en sy medewerkers tevrede dat hulle 'n entstof teen polio ontwikkel het. Hulle het dit op 'n groep kinders van die
D.T. Watson Huis vir Gestremde Kinders
getoets. Die toetse was suksesvol.
Op
26 Maart
1953
kondig Salk sy ontdekking oor die radio aan. Hy wou dit egter nasionaal toets. Die owerhede het hul toestemming gegee en op 26 April 1954 is begin om 441 131 kinders tussen graad 1 en 5 met die Salk-entstof in te ent. 201 229 kinders het
plasebo-inspuitings
gekry. In April
1955
is bekend gemaak dat die proefnemings suksesvol was. Salk het oombliklik internasionaal beroemd geword. Van oral het briewe van dankbetuiging en geld vir verdere navorsing ingestroom. Ander wetenskaplikes was egter nie so beindruk nie, want Salk het geen erkenning gegee aan die wetenskaplikes wie se navorsing hy gebruik het om sy ontdekking te maak nie.
Ter verdediging kan gese word dat Salk nooit sy entstof ge
patenteer
het nie. Hy het dus geen finansiele voordeel daaruit getrek nie. As gevolg van onvoldoende vervaardiging was daar in 1955 weer 250 gevalle van polio. Salk het toe strenger spesifikasies vir die vervaardiging van die entstof neergele en daarna is die program hervat.
In
1970
het Salk se belangstelling in menslike
evolusie
en die potensiaal van die mens meer prioriteit begin kry. Hy het twee boeke hieroor gepubliseer: Man Unfolding (1972) en The Survival of the Wisest (1973). Later het hy nog twee publikasies, World population and Human Values (1981) in samewerking met sy seun Jonathan, en Anatomy of Reality: Merging of Intuition and Reason (1983), die lig laat sien.
Nadat Salk sy mediese graad in
1939
verwerf het, is hy met
Donna Lindsay
, 'n maatskaplike werker, getroud. Hulle het drie seuns gehad. In
1970
is hy met die Franse kunstenaar
Francoise Gilot
getroud. Salk is in 1995 op tagtigjarige ouderdom aan
hartversaking
oorlede.