Johnny Otis
|
---|
Geboortenaam
| Ioannis Alexandes Veliotes
|
---|
Gebore
| 28 Desember
1921
Vallejo,
CA
,
VSA
|
---|
Sterf
| 17 Januarie
2012
Los Angeles
|
---|
Genres
| Blues, rhythm and blues, jazz, gospel, rock & roll, doo-wop, soul, funk
|
---|
Beroep(e)
| Sanger, musikant, talentsoeker, platejoggie, komponis, bewerker, opnamekunstenaar, platemaker, vibrafonis, tromspeler, perkussionis, musiekgroepleier, impresario en predikant
|
---|
Instrumente
| Klavier
, vibrafoon, tromme,
slaginstrumente
, stem
|
---|
Jare aktief
| 1930's tot 2000's
|
---|
Webwerf
| johnnyotisworld.com
|
---|
Ioannis Alexandres Veliotes
, beter bekend onder sy kunstenaarsnaam
Johnny Otis
( *
28 Desember
1921
in Vallejo,
Kalifornie
,
VSA
; †
17 Januarie
2012
in
Los Angeles
), was 'n Amerikaanse sanger, musikant, talentsoeker, platejoggie, komponis, bewerker, opnamekunstenaar, platemaker, vibrafonis, tromspeler, perkussionis, musiekgroepleier, impresario en predikant. Na Otis, wat as seun van
Griekse
immigrante gebore is, word dikwels as die
"Godfather of Rhythm and Blues"
verwys.
[1]
Johnny Otis was die eerste Amerikaanse musikant wat sy musiekgroep oor rassegrense heen saamgesnoer het. Hy was nog 'n tienerseun toe hy vir homself 'n belangrike besluit geneem het: "...toe die samelewing aan 'n mens voorgeskryf het dat hy of swart of wit moes wees, het ek besluit om 'n swarte te wees."
[2]
So het hy sy persoonlike en sy beroepslewe as 'n lid van die
Afro-Amerikaanse
gemeenskap gevoer.
Otis was die seun van Alexander J. Veliotes, 'n Grieks-gebore hawewerker en winkeleienaar uit Mare Island, en sy vrou Irene Kiskakes, 'n skilderes. Hy het in sy geboortestad Vallejo noord-oos van
San Francisco
in 'n oorwegend swart woonbuurt grootgeword.
Hy was die ouer broer van Nicholas A. Veliotes, die voormalige Amerikaanse ambassadeur in
Jordanie
(1978?1981) en
Egipte
(1984?1986), en die vader van die musikant Shuggie Otis.
Johnny Otis het reeds in sy tienerjare as tromspeler met sy musiekgroep
Count Matthews & his West Coast House Rockers
opgetree. Later het hy in swing-orkeste soos die van
Count Basie
en Harlan Leonard gespeel. Op die ouderdom van 24 het Otis sy eie groep gestig en met Earle Hagen se
Harlem Nocturne
sy eerste treffer behaal.
Otis was daarnaas 'n suksesvolle talentsoeker wat onder meer die sangeresse Little Esther Phillips en Etta James, Jackie Wilson, Hank Ballard en Little Willie John asook die saksofonis Big Jay McNeely ontdek het.
1950
was Otis se suksesvolste jaar as kunstenaar ? met sy orkes (
feat. Little Esther & Mel Walker
) het hy tien treffers in die top 10-trefferlys behaal. Toe hy in die 1960's steeds minder sukses met sy musiek behaal het, het die veelsydige Otis 'n loopbaan in die musiek-, televisie- en verhoogbedryf begin en 'n tyd lank selfs tot die
politiek
toegetree.
Met die steun van
Frank Zappa
, een van sy bekendste aanhangers, het Otis in 1969 'n poging onderneem om sy loopbaan as musikale kunstenaar te hervat en die album
Cold Shot!
opgeneem wat deur rock-, soul- en funkmusiek beinvloed was en waarop vir die eerste keer ook sy seun Shuggie Otis saamgespeel het. Nog in dieselfde jaar het hy onder die groepnaam
Snatch and the Poontangs
'n tweede album met eksplisiete lirieke en taalgebruik vrygestel.
In die 1970's het Otis die musiekbedryf weer verlaat om te skilder en beeldhoukuns te beoefen. In 1978 het hy predikant van die
Landmark Community Church
geword. Nadat die kerk in die middel van die 1990's sy deure gesluit het, het Otis sy eie radioprogram,
The Johnny Otis Show
, by die stasie KPFA begin wat hy eers in 2006 weens siekte moes staak.
Op 17 Januarie 2012 is Otis in Los Angeles oorlede waar hy die helfte van sy lewe deurgebring het.