Jerriais
(
Frans
:
jersiais
of soms ook
francais normand de Jersey
) is die
Normandiese
dialek, wat op die
Kanaaleiland
Jersey
nog steeds as omgangstaal gepraat word.
Die eilandtaal word deur die regering van Jersey amptelik erken, alhoewel dit tans nie as
amptelike taal
dien nie. Daarnaas erken ook die Britannies-Ierse Raad Jerriais as een van die streektale van Britse eilande, naas die
taal
van die Kanaaleiland
Guernsey
,
Iers-Gaelies
,
Wallies
,
Skots-Gaelies
,
Skots
,
Ulster-Skots
,
Manx
en
Kornies
.
Die Jerriais-klasse op Jersey se skole kan op vrywillige basis bygewoon word.
Elemente van Jersey se inheemse Normandiese taal is in die eiland se plek- en straatname te vinde. Die museums, lughawe, seehawens en sommige parogiee gebruik twee- of drietalige borde en kennisgewings.
Volgens die sensus van die jaar
2001
praat 2 874 inwoners of twee persent van die totale bevolking Jerriais as huistaal of maak soms van die taal gebruik. Tot by 15 persent van die bevolking kan gesprekke in Jerriais min of meer volg. Vir die eerste keer is in 2001 'n toenemende gebruik van die taal by kinders en jongmense vasgestel.
Alhoewel Jerriais vandag 'n minderheidstaal is, bly dit tot in die
19de eeu
die omgangstaal van die grootste deel van die bevolking, en selfs in die tyd voor die
Tweede Wereldoorlog
verstaan sowat die helfte van Jersey se inwoners die inheemse taal.
Met die uitsondering van 'n aantal gunstelingtekste beskik die taalgemeenskap van Jersey nog nie oor 'n
Bybelvertaling
nie, aangesien Frans steeds as die kerktaal gebruik is. Op die platteland is preke soms in Jerriais gehou of verduidelik.
Geleerde kringe word in die 19de eeu bewus van die verval van Jerriais.
Louis Lucien Bonaparte
is onder die buitelandse taalkundiges, wat Jersey besoek en in die
taal
en sy literere lewe belang stel. Ook
Victor Hugo
vind die taal tydens sy ballingskap op Jersey belangwekkend en tel sommige skrywers onder sy bekendes en ondersteuners.
Die gesag en invloed van Sir Robert Pipon Marett versterk die beweging wat hom vir 'n standaardisering van die spelling op die grondslag van die Franse ortografie beywer ? 'n neiging wat ook deur die Normandiese literere herlewing op die nabygelee skiereiland
Cotentin
gesteun word. Normandiese skrywers op die vasteland neem die digters van Jersey en Guernsey as 'n voorbeeld en begin hulle eie literere werke uitgee.
Die afwykende, alhoewel onderling verstaanbare, spellings van Guernsey, Jersey en die Normandiese vasteland skep egter 'n probleem. Voorstelle om die spelling van Jerriais by die van die Engelse taal aan te pas is reeds gemaak. Dit sou egter nadelige gevolge vir die literere tradisie he wat al meer as twee eeue bestaan. Jerriais het egter die Engelse
th
as digraaf vir sy eie dentale frikatief oorgeneem.
Met die toenemende verengelsing in die
20ste eeu
is stappe gedoen om die inheemse taal te bewaar. Verenigings het maatreels getref; manuskripte met glossariums uit die 19de eeu uit die werk van Philippe Langlois, A. A. Le Gros en Thomas Gaudin is hersien en uitgebrei, en in 1924 deur die Societe Jersiaise onder die titel "Glossaire du Patois Jersiais" uitgegee.
'n Kwartaallikse tydskrif verskyn min of meer gereeld vanaf die jaar
1952
, 'n omvangryke Jerriais-Franse woordeboek is deur Frank Le Maistre saamgestel en verskyn in
1966
; 'n Engels-Jerriaise woordelys word in
1972
saamgestel; 'n grammatika word in
1985
gepubliseer. Daarnaas is oudiokassette, brosjures en ander materiaal vrygestel.
Dat George d'la Forge die taal in die Noord-Amerikaanse
diaspora
bly handhaaf, is nie verbasend nie.
'n Groot aantal inwoners van Jersey raak by die ekonomiese ontwikkeling en ontginning betrokke, wat ook deur die Amerikaanse deelstaat
New Jersey
se naam aangedui word. Die meeste bedrywighede ontwikkel op die gebied van die vissery; vissers van Jersey doen gereeld die hawens van die
Gaspe
-skiereiland in die
Kanadese
provinsie
Quebec
aan, en baie maatskappye van Gaspe se visbedryf is aan die begin van die 20ste eeu nog deur ondernemings beheer, wat hulle hoofkwartiere op Jersey het en ook mannekrag van Jersey in diens neem. Die saketaal van die visbedryf is in daardie tyd Jerriais, en volgens sommige berigte word Jerriais nog in die sestigerjare op die Gaspe-skiereiland gebesig.
Die gebruik van Jerriais raak ook tydens die Duitse besetting van die Kanaaleilande in die Tweede Wereldoorlog gewild. Die inheemse bevolking praat Jerriais met mekaar sodat nog die Duitse besetters nog hulle Franse tolke die gesprekke kan verstaan. Desondanks versterk die sosiale en ekonomiese omwenteling in verband met die oorlog die Engelse invloed na die bevryding dramaties.
Daar word aangeneem dat die laaste eentalige sprekers van Jerriais in die vyftigerjare oorlede is.
Bekende sprekers van Jerriais sluit die skryweres Lillie Langtry en die Pre-Raphaelitiese skilder
John Everett Millais
in.