in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Isadora Duncan
|
---|
|
Agtergrondinligting
|
---|
Geboortenaam
| Angela Isadora Duncan
|
---|
Gebore
| 27 Mei 1877
San Francisco
,
Kalifornie
,
VSA
|
---|
Sterf
| 4 September 1927
Nice
,
Frankryk
|
---|
Genres
| Ekspressionistiese dans, moderne dans
|
---|
Beroep(e)
| Danseres, choreograaf
|
---|
Jare aktief
| 1896 - 1927
|
---|
Angela Isadora Duncan
(*
27 Mei
1877
, †
14 September
1927
) was 'n
Amerikaanse
danseres en choreograaf. Nadat haar danskuns, wat sy selfs as "beweging wat uit die siel ontspring" beskryf het, min aanklank by inheemse gehore gevind het, het Duncan, 'n boorling van
Kalifornie
, in 1898 na die
Verenigde Koninkryk
gereis waar sy as vrygees groot sukses met haar balletkuns behaal het.
[1]
In 1905 het Duncan in
Rusland
gebly waar sy 'n groot indruk op die impresario Sergei Diaghilef en die danser en choreograaf Michel Fokine gemaak het. Met haar optredes het Duncan Fokine tot die ontwikkeling van 'n vryer dansstyl geinspireer wat later die kenmerk van die befaamde balletgeselskap
Ballets Russes
sou word.
Duncan was 'n wegbereider van die moderne sinfoniese ekspressionistiese danskuns. Sy het 'n nuwe liggaams- en bewegingsgevoel ontwikkel wat die Griekse skoonheidsideaal as voorbeeld geneem het en sy was die eerste danseres wat klassieke konsertmusiek - veral emosievolle musiekstukke van komponiste soos Schubert, Beethoven, Brahms en Wagner - vir haar opvoerings gebruik het. As 'n teenstander van die klassieke balletkuns het sy daarna gestreef om die antieke danskuns te laat herleef. Haar vloeiende kostuums is deur antieke Griekse beeldhoukuns in die Britse Museum te
Londen
geinspireer.
[2]
Wat
mode
betref, was Isadora Duncan onder meer baie gesteld op waaiende serpe - 'n passie wat bygedra het tot haar tragiese en ontydige afsterwe in 'n motorongeluk in die
Suid-Franse
hawestad
Nice
. Die syserp, wat sy om haar nek gedra het, het in die motor se oop wielspeke en die agteras verstrengel geraak en haar nek gebreek.
[3]
Sy het haar laaste rusplek op die Paryse begraafplaas
Pere-Lachaise
gevind.
In 1987 is Isadora Duncan in die
National Museum of Dance
se
Mr. & Mrs. Cornelius Vanderbilt Whitney Hall of Fame
opgeneem.
- ↑
Antony Mason:
Welt im Umbruch - 1900-1914
. Stuttgart, Zurich en Wene: Verlag Das Beste 1999, bl. 56
- ↑
Mason (1999), bl. 56
- ↑
Debra Craine en Judith Mackrell:
The Oxford Dictionary of Dance
. Oxford: Oxford University Press 2000, bl. 152