in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Internet-rolprentdatabasis
(of kortweg
IMDb
) is 'n aanlyn
databasis
met rolprente, televisiereekse, akteurs en rekenaarspeletjies. IMDb behoort sedert
1998
aan
Amazon.com
.
Die IMDb
webwerf
bied uitgebreide inligting oor rolprente, soos die akteurs, skrywers en regisseurs. Persone wat die webwerf besoek kan resensies en beoordelings by rolprente voeg. IMDb bied talle soek-opsies. Dit is byvoorbeeld moontlik om twee akteurs se name in te sleutel te sien aan watter rolprente hulle saam gewerk het. Die webwerf bied ook 'n top-250 van hoogs gewaardeerde, en 'n top-100 van slegste rolprente soos deur hulle besoekers beoordeel. Die webwerf bied verder ook 'n boodskapbord (bulletinbord) waar rolprente en akteurs bespreek kan word.
Sedert
2003
het IMDb ook 'n aparte betaalde afdeling, genaamd IMDbPro. Hierdie webwerf bied die volledige inhoud van IMDb, met addisionele inligting, soos akteurs se persoonlike kontakbesonderhede, kalenders en meer nuus uit die vermaaklikheidsbedryf.
IMDb het in
1990
vanuit die internet nuusgroep
rec.arts.movies
ontstaan, waar internetgebruikers aanvanklik inligting oor hulle gunsteling rolprente uitgeruil het. Die webwerf is sedertdien uitgebrei tot 'n volledige argief wat meer as 1 000 000 titels beskryf. Die webwerf word maandeliks meer as 100 miljoen keer besoek. Ongeveer 35 mense werk vir IMDb.
- Van die populere films het reeds tientalle resensies van gebruikers ontvang. Ongelukkig is meeste hiervan ongebalanseerd en onbetroubaar.
[1]
- Ou produksies en produksies uit nie-westerse lande, soos lande met die tweede en derde grootste filmindustriee ter wereld (
Indie
en
Nigerie
) is glad nie goed verteenwoordig nie.
[2]
- IMDb behou die reg om self te kies wat hulle wil publiseer al dan nie. Vir die rede kan inligting wat op die webwerf verskyn gou weer verdwyn, en andersins is dit soms moeilik om foute van die webwerf verwyder te kry.
[3]
[4]