in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hussiete
(soms ook
Bethlehemiete
genoem) is 'n sambreelterm vir verskillende
15de eeuse
bewegings in
Boheme
wat as respektiewelik reformatories en rewolusioner geklassifiseer kan word.
Die term
Hussiete
verwys na die Tsjeggiese teoloog en hervormer
Jan Hus
(omstreeks
1370
-
1415
) wat felle kritiek op die Rooms-Katolieke Kerk van sy tyd gelewer het. So het hy beswaar aangeteken teen die kerk se rykdomme, die aflaathandel (waardeur gelowiges die vergewing van hul sondes teen betaling van 'n bepaalde bedrag kon koop) en die sedeloosheid van geestelikes. Die
Bybel
was vir Hus die enigste gesag in sake van geloof, en hy het konsekwent geweier om die onfeilbaarheid van die
pous
in sy amp te erken. Hierin het hy die voorbeeld van John Wyclif en die
Waldense
gevolg. Hus sou later ook invloed op die hervormer en grondlegger van die Evangelies-Lutherse Kerk,
Martin Luther
, by sy
Duitse
Bybelvertaling uitoefen.