in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hugh Lane
|
---|
|
Gebore
| Hugh Percy Lane
(
1875-11-09
)
9 November 1875
|
---|
Sterf
| 7 Mei 1915 (op 39)
|
---|
Nasionaliteit
|
Verenigde Koninkryk
|
---|
Beroep
| kunstenaar
|
---|
Sir Hugh Percy Lane
(*
9 November
1875
; †
7 Mei
1915
) was 'n
Ierse
kunshandelaar, -versamelaar en galerydirekteur wat veral bekendstaan as die stigter van
Dublin
se munisipale kunsmuseum, die
Municipal Gallery of Modern Art
(die eerste bekende openbare kunsgalery ter wereld wat aan moderne kuns gewy is) en sy bydrae tot die bevordering van visuele kunste in Ierland, insluitende die
Lane Bequest
. In
Suid-Afrika
was hy naas
Florence Phillips
een van die twee sleutelfigure in die totstandkoming van die
Johannesburgse Kunsmuseum
.
[1]
Vir sowel die Goudstad se kunsmuseum asook die
Michaelis-versameling
te
Kaapstad
het Lane die oorspronklike kunsversamelings opgebou.
Hugh Lane is aan boord van die passasierskip
RMS Lusitania
oorlede nadat dit op 7 Mei 1915 deur 'n
Duitse
torpedo getref is en vergaan het.
[2]