Hierdie naam is volgens die
Oos-Slawiese gebruik
; die
patroniem
is Konstantinowitsj en die
van
is Romanof.
Groothertog Konstantyn Konstantinowitsj
(
Russies
: Константи?н Константи?нович; 22 Augustus
[
O.S.
10 Augustus]
1858 ? 15 Junie
[
O.S.
2 Junie]
1915) was ’n Russiese groothertog en ’n kleinseun van keiser
Nikolaas I
. Hy was ook ’n digter en dramaturg wat onder sy voorletters, K.R. (vir
Konstantyn Romanof
), geskryf het.
Konstantyn was die vierde oudste kind van
groothertog Konstantyn Nikolajewitsj van Rusland
en prinses Alexandra van Sakse-Altenburg. Hy is in die
Konstantyn-paleis
in
Sint Petersburg
gebore. Sy oudste suster was
Olga Konstantinowna
, later koningin Olga van
Griekeland
.
Hy was aanvanklik in die Russiese vloot, maar was ontevrede daar en het by die Keiserlike Wag aangesluit, waar hy uitgeblink het. Hy was ’n beskermheer van Russiese kuns en ’n kunstenaar uit eie reg. Hy was ’n talentvolle pianis en ’n goeie vriend van
Pjotr Tsjaikofski
. Hy was egter veral ’n man vir letterkunde en het verskeie Russiese letterkundeverenigings gestig. Hy het werk uit ander tale vertaal (onder meer
Hamlet
en werk van
Schiller
en
Goethe
). Hy was ook ’n digter en dramaturg en het sy eie werk geregisseer. Hy het die rol van Josef van Arimatea vertolk in sy toneelstuk
Koning van Judea
.
Aleksander III
het hom aangestel as voorsitter van die Russiese Akademie van Wetenskap en later as hoof van militere kolleges.
Hoewel hy ’n toegewyde en selfs konserwatiewe openbare figuur was, was sy privaat lewe vol wroeging. Eers met die publikasie van sy baie openlike dagboek lank na sy dood het dit algemeen bekend geword die pa van nege kinders was
biseksueel
.
[1]
Sy eerste
homoseksuele
ondervinding was in die Keiserlike Wag. Hy het volgens sy dagboek tussen 1893 en 1899 dit wat hy sy "hoofsonde" genoem het, laat vaar. Teen die geboorte van sy sewende kind was die groothertog egter ’n gereelde besoeker aan verskeie manlike bordele in Sint Petersburg. Die versoekings wat hom in die gesig gestaar het, was ’n belangrike tema in sy dagboek.
[1]
Teen einde 1904 het KR ’n verhouding aangeknoop met ’n jong man met die naam Jatsko.
KR is in 1884 met prinses Elisabeth van Sakse-Altenburg, sy kleinniggie, getroud. Sy het na haar troue bekendgestaan as groothertogin Elizaweta Mawrikijewna. KR was ’n toegewyde man en liefdevolle pa. Hy en sy gesin het in die
Pawlofsk-paleis
in ’n voorstad van Sint Petersburg gewoon.
Die gepaar het nege kinders gehad: Ioann, Gabriel, Tatjana, Konstantyn, Oleg, Igor, Georgi, Natalia en Wera. Hulle was die eerste kinders wat geraak is deur Aleksander III se nuwe wet, waarvolgens net die kinders en die kinders van seuns van ’n tsaar die titel groothertog(in) kon he; ander kleinkinders en hul nageslag sou die titel prins(es) he. Dit was ’n poging om die getal groothertoe, wat salarisse van die keiserlike tesourie ontvang het, te verminder.
Oorlogsjare en rewolusie
[
wysig
|
wysig bron
]
Die eerste jaar van die
Eerste Wereldoorlog
het nie goed afgeloop vir die gesin nie. Vyf van KR se ses seuns was in die Russiese weermag en in Oktober 1914 is sy vierde oudste en mees talentvolle seun,
[2]
prins Oleg, gedood. Die volgende jaar het sy skoonseun prins Bagration-Muhransky aan die
Kaukasiese
front gesneuwel. Dit was vir KR ’n groot slag en hy is op 15 Junie 1915 oorlede.
Nadat die
Bolsjewiste
die mag in Oktober 1917 in Rusland oorgeneem het, is prinse Ioann, Gabriel, Konstantyn en Igor almal in hegtenis geneem. Prins Gabriel was siek en is in die hoofstad, wat toe as
Petrograd
bekend was, aangehou, maar die ander drie is na Alapajefsk, ’n dorpie in die
Oeralgebergte
, gestuur. Daar is hulle verskeie maande lank aangehou saam met
groothertogin Elizaweta Fjodorowna
(die
tsarina
se suster),
groothertog Sergei Michailowitsj
en prins
Wladimir Palei
. In die nag van 17-18 Julie 1918 (24 uur nadat
Nikolaas II
en sy gesin in
Jekaterinburg
doodgeskiet is) is die Alapajefsk-gevangenes deur die Bolsjewiste in ’n mynskag afgegooi, waar hulle gesterf het. Prins Gabriel is later vrygelaat en hy en sy vrou het in
Parys
,
Frankryk
, gaan woon. Hy is in 1955 dood.
KR se vrou en twee jongste kinders, prins Georgi en prinses Wera, het tot na die
Russiese Rewolusie
in Pawlofsk gewoon, waarna hulle toegelaat is om na
Stockholm
te reis. Hulle het later eers in
Belgie
en toe
Duitsland
gewoon. Elizaweta is op 24 Maart 1927 in
Leipzig
oorlede. Een van prins Ioann se afstammelinge is die
Amerikaanse
akteur
Sebastian Arcelus
.
- ↑
1,0
1,1
Maylunas, Andrei, en Mironenko, Sergei (red.); Galy, Darya (vert.),
A Lifelong Passion: Nicholas and Alexandra: Their Own Story,
1997
- ↑
Zeepvat, Charlotte,
The Camera and the Tsars,
2006
Groothertoe van Rusland
|
---|
|
1
Titel toegeken deur groothertog Kirill Wladimirowitsj as aanspraakmaker op die troon.
2
Titel toegeken deur groothertog Wladimir Kirillowitsj as aanspraakmaker op die troon.
|