in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Giacomo Meyerbeer
, oorspronklike naam
Jakob Liebmann Meyer Beer
(5 September 1791, Tasdorf, naby
Berlyn
- 2 Mei 1864, Parys), was ‘n
Duitse
operakomponis
wat veral werke in die romantiese-opera genre gekomponeer het.
Hy is gebore uit 'n welgestelde
Joodse
gesin en het
komposisie
in Berlyn en later in
Darmstadt
studeer waar hy bevriend geraak het C.M. von Weber. Sy vroee Duitse operas wat in
Munchen
,
Stuttgart
en
Wene
gekomponeer is, was onsuksesvol. Na 'n reis na Parys en Londen vestig hy hom in
1816
in
Italie
waar hy vyf operas komponeer wat herinner aan die werke van
Rossini
. Die beste van die werke is
Il crociato
(
Venesie
, 1824), wat die jaar daarna in Londen en Parys opgevoer is. Sy eerste Franse opera wat saam met Eugene Scribe geskryf is, is getiteld
Robert le Diable
(Parys, 1831). Dit is geskryf om te voldoen aan die destydse
romantiese
smaak vir die
Middeleeue
, die bonatuurlike en die makabere. Die werk was 'n onmiddellike sukses, en as sodanig het dit as voorbeeld gedien vir die wydopgesette Franse opera. Ook sy
Les Huguenots
uit
1836
was 'n reuse sukses.
In
1842
het Meyerbeer tydelik na
Berlyn
teruggekeer waar hy aangestel is as die musiekdirekteur van die Pruisiese koning. Dit het Wagner aangespoor om sy
Der fliegende Hollander
te komponeer. Gedurende hierdie tydperk het Meyerbeer in Schlesien 'n Duitse opera getiteld
Ein Feldlager
gekomponeer (1844) waarin Jenny Lind die hoofrol vertolk het. Sy derde romantiese opera is getiteld
Le Prophete
. Dit is gebaseer op ‘n libretto deur Scribe en in 1849 in Parys opgevoer. Hierna het hy hom gewend na ‘n ligter styl en twee werke in die opera comique-genre gekomponeer, naamlik:
L'Etoile du nord
(1854) en
Le Pardon de Ploermel
(1859). Sy laaste opera was
L'Africaine
.
Meyerbeer was in sy tyd besonders gewild. Sy reputasie, gebaseer op sy vier Paryse operas, het egter nie lank gehou nie. Tog het hy by wyse van sy groot karaktertonele, sy dramatiese styl van vokale komposisie en sy oorspronklike orkestrasie?veral die gebruik van die
bas-klarinet
, die saxofoon en die
fagot
, ‘n groot invloed uitgeoefen op die ontwikkeling van opera. Hy het ook vir
Berlioz
beinvloed. Operas soos Verdi se
Don Carlos
en Puccini se
Turandot
kan op grond van hul skouspelagtigheid en meesterlike manipulasie van ensembles en arias teruggespoor word na Meyerbeer. ‘n Aantal van sy operas, mees noemenswaardig
L'Africaine
, het in die 20ste eeu 'n herlewing ondervind. 'n
Balletsuite
,
Les Patineurs
, wat gebaseer is op
Le Prophete
, is deur Constant Lambert verwerk.
[1]
- ↑
"Meyerbeer, Giacomo." Encyclopædia Britannica. Encyclopædia Britannica Ultimate Reference Suite. Chicago: Encyclopædia Britannica, 2012.