in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Frederick Sanger
(*
13 Augustus
1918
in
Rendcomb
,
Gloucestershire
; †
19 November
2013
in
Cambridge
,
Cambridgeshire
) was 'n
Engelse
biochemikus
en tweemalige
Nobelpryswenner
.
Sanger was een van net vier wetenskaplikes aan wie meer as een Nobelprys toegeken is. Hy het baanbrekerswerk gedoen in die bepaling van
proteienstruktuur
en het onder meer die chemiese samestelling van
insulien
ontrafel. Later het hy hom op
DNS
toegespits en 'n metode ontwikkel waardeur die struktuur van genetiese materiaal baie vinniger as voorheen bepaal kon word. Sy werk het gehelp om die nuwe terrein van
biotegnologie
tot stand te bring en die ontrafeling van die menslike
genoom
moontlik te maak.
Sanger is op 13 Augustus 1918 op Rendcombe, 'n dorp in die Engelse graafskap,
Gloucestershire
, gebore. Sy pa was die plaaslike dokter en kweek van jongs af by Sanger 'n voorliefde vir die wetenskap en respek vir wetenskaplike navorsingsmetodes aan. Op skool blink hy nie juis akademies uit nie, maar hy kry tog toelating tot Cambridge-universiteit. Hier maak hy kennis met
biochemie
, destyds 'n betreklike nuwe wetenskap gemoeid met die basiese struktuur van lewende materie. Vir Sanger bied die vak 'n opwindende geleentheid om vas te stel waaruit lewe werklik bestaan en wetenskaplik-gegronde oplossings vir mediese probleme te vind.
Sanger behaal sy BA-graad in
1939
, die jaar waarin die
Tweede Wereldoorlog
uitbreek. Hy weier op gewetensgronde om aan die oorlog deel te neem. Boonop is hy gretig om sy studies voort te sit en hy staan op troue met Margaret Howe. Hy kry toestemming om verder te studeer en navorsing te doen oor aminosuurmetabolisme ? maar tot
1943
, toe hy sy doktorsgraad verwerf en die Sangers se eersteling reeds op pad is, ontvang hy geen salaris nie. Gelukkig vir die jong egpaar kan sy welgestelde ma hulle in die tydperk onderhou.
Sanger word in
1943
ingesluit by 'n navorsingsgroep wat die steeds grootliks onbekende struktuur van
proteiene
bestudeer. Hoewel nuwe tegnieke die opbreek van proteiene in klein stukkies moontlik gemaak het, le 'n geweldige taak voor. Sanger is goed toegerus vir die taak: Hy het 'n voorliefde vir noukeurige laboratoriumwerk, maar tog ook 'n oog vir die moontlikhede wat die span se navorsing vir die toekoms van die wetenskap inhou. Oor 'n tydperk van jare bepaal hy ? met behulp van 'n nuwe metode wat hy self uitgewerk het ? die presiese struktuur van insulien. Die navorsing sou die grondslag le vir deurbrake deur ander proteiennavorsers en hy ontvang die Nobelprys vir
Chemie
in
1958
.
[1]
Vir die beskeie Sanger beteken die prys dat hy in rus en vrede kan voortgaan met navorsing, eerder as om ook klas te gee en administratiewe werk te doen, soos wat meestal van navorsers aan akademiese inrigtings verwag word. Hy verskuif sy visier na
DNS
, waarvan die struktuur kort tevore deur James Watson en
Francis Crick
ontsyfer is.
In die stadium is die volgorde van nukleotiede feitlik heeltemal onbekend en word vordering teen net 'n paar dosyn per jaar gemaak. Sanger veroorsaak 'n omwenteling op die gebied deur vorendag te kom met 'n metode waardeur 300 basisse op 'n slag gelees kan word. Hy word in
1976
die eerste wetenskaplike om die hele genoom van 'n
organisme
te ontsyfer: Die is wel 'n eenvoudige
virus
, maar die werk le die grondslag vir die latere Menslike Genoom-projek. In
1980
ontvang Sanger sy tweede Nobelprys ? die keer saam met twee ander molekulere navorsers.
[2]
|
---|
1901?1925
| | |
---|
1926?1950
| |
---|
1951?1975
| |
---|
1976?2000
| |
---|
2001?nou
| |
---|