Frank Borman

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Frank Borman
Gebore
Frank Frederick Borman, II

14 Maart 1928 ( 1928-03-14 ) (96 jaar oud)
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika  Verenigde State
Beroep Ruimtevaarder
vloot- en toetsvlieenier
Ouer(s) Edwin en Marjorie Borman

Frank Frederick Borman (* 14 Maart 1928 - 7 November 2023; Kolonel) was voor sy aftrede 'n vlieenier in die Amerikaanse Lugmag , lugvaartingenieur , toetsvlieenier en Nasa - ruimtevaarder . Hy het 'n 14-daguithourekord in die ruimte in Gemini 7 opgestel. Hy is bekend as die bevelvoerder van Apollo 8 , die eerste missie wat om die Maan gevlieg het. Tesame met sy bemanning van Jim Lovell en William Anders was hulle die eerste van 24 mense wat om die Maan gevlieg het.

Hy was ook deel van die komitee wat die brand op Apollo 1 ondersoek het. Borman en sy twee bemanningslede is as Time se Persone van die Jaar vir 1968 aangewys ter erkenning vir hulle harde werk.

Nadat hy Nasa verlaat het, word hy die hoof- uitvoerende beampte van Eastern Air Lines , 'n pos wat hy beklee het van 1975 tot 1986. Hy is 'n ontvanger van die Congressional Space Medal of Honor .

Hy was ook deel van die span wat die Mosambiekse vliegtuigongeluk , waarin president Samora Machel gesterf het, ondersoek het.

Sien ook [ wysig | wysig bron ]

Bronne [ wysig | wysig bron ]

  • Russell, David Lee (2013). Eastern Air Lines: A History, 1926?1991 . McFarland. ISBN   978-0-7864-7185-0 .
  • Jorgensen, Liisa (2021). Far Side of the Moon: Apollo 8 Commander Frank Borman and the Woman Who Gave Him Wings . Chicago Review Press, Incorporated. ISBN   9781641606066 .

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.