in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Emily "Emma" Jean Stone
(gebore
6 November
1988
in
Scottsdale
,
Arizona
,
Verenigde State
) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy was in 2017 die hoogste betaalde aktrise in die wereld.
Emily Jean Stone is op 6 November 1988 in Scottsdale, Arizona, gebore as die dogter van Krista Jean Stone (nee Yeager), 'n huisvrou, en Jeffrey Charles Stone, die stigter en
hoof- uitvoerende beampte
van 'n algemene kontrakterende maatskappy.
[1]
[2]
Sy het 'n jonger broer, Spencer.
[3]
Haar oupa aan vaderskant, Conrad Ostberg Sten, was van Sweedse herkoms en die familie het hul van na "Stone" verander toe hulle na Amerika geemigreer het. Sy het ook Duitse, Engelse, Skotse en Ierse bloed in haar are.
[4]
Stone het in 2000 'n toneelstuk in 'n teaterproduksie gedoen. As 'n tiener het sy na
Los Angeles
verhuis met haar ma. Sy het in 2007 haar filmdebuut in n
Superbad
gemaak, en het positiewe media-aandag gekry vir haar rol in
Zombieland
(2009). Die 2010-komedie
Easy A
was Stone se eerste hoofrol, waarvoor sy met nominasies vir 'n
BAFTA
en 'n Golden Globe-toekenning as beste aktrise beloon is.
Volgens die webtuiste
Rotten Tomatoes
is Stone se mees krities bekroonde en kommersieel suksesvolle films
Superbad
(2007),
Zombieland
(2009),
Easy A
(2010),
Crazy, Stupid, Love
(2011),
The Help
(2011),
The Amazing Spider-Man
(2012),
The Amazing Spider-Man 2
(2014),
Birdman
(2014),
La La Land
(2016),
Battle of the Sexes
(2017), en
The Favourite
(2018).
[5]
- 2007:
Superbad
- 2008:
The Rocker
- 2008:
The House Bunny
- 2009:
Ghosts of Girlfriends Past
- 2009:
Paper Man
- 2009:
Zombieland
- 2010:
Marmaduke
- 2010:
Easy A
- 2011:
Friends with Benefits
- 2011:
Crazy, Stupid, Love
- 2011:
The Help
- 2012:
The Amazing Spider-Man
- 2013:
Gangster Squad
- 2013:
Movie 43
- 2013:
The Croods
- 2014:
The Amazing Spider-Man 2
- 2014:
Magic in the Moonlight
- 2014:
Birdman
- 2015:
Aloha
- 2015:
Irrational Man
- 2016:
Popstar: Never Stop Never Stopping
- 2016:
La La Land
- 2017:
Battle of the Sexes
- 2018:
The Favourite
- 2004:
The New Partridge Family
- 2005:
Medium
- 2005:
Malcolm in the Middle
- 2006:
The Suite Life of Zack & Cody
- 2006:
Lucky Louie
- 2007:
Drive
- 2010, 2011, 2016:
Saturday Night Live
- 2011:
Robot Chicken
- 2012:
30 Rock
- 2012:
iCarly
- 2014:
Saturday Night Live
- 2016:
Maya & Marty
- 2018:
Maniac
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Emma Stone
.
|