in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
La La Land
|
|
Regisseur
|
Damien Chazelle
|
Vervaardiger
|
Fred Berger
Jordan Horowitz
Gary Gilbert
Marc Platt
|
Draaiboek
|
Damien Chazelle
|
Met
|
Ryan Gosling
Emma Stone
John Legend
Rosemarie DeWitt
|
Musiek deur
|
Justin Hurwitz
|
Kinematografie
|
Linus Sandgren
|
Redigeerder
|
Tom Cross
|
Verspreider
|
Summit Entertainment
|
Uitgereik
|
31 Augustus 2016 (Venesiaanse Filmfees)
9 Desember 2016 (Verenigde State)
|
Speeltyd
|
128 min
|
Land
|
Verenigde State
|
Taal
|
Engels
|
Begroting
|
VS$ 30 miljoen
|
Bruto wins
|
VS$ 446 miljoen
|
IMDb-profiel
|
La La Land
is 'n
Amerikaanse
rolprent
in die styl van 'n romanties-dramatiese musiekblyspel wat in 2016 vervaardig is en groot internasionale sukses behaal het. Die rolprent se naam sinspeel op 'n bynaam vir
Los Angeles
asook 'n eufemistiese
Engelse
idioom vir realiteitsvreemde wensdenkery en som dan ook die fliek se inhoud noukeurig op.
Dit vertel die verhaal van 'n ambisieuse jazzpianis (vertolk deur
Ryan Gosling
) en 'n vooruitstrewende aktrise (vertolk deur
Emma Stone
) wat albei, ondanks alle struikelblokke, hul lewensdroom in Los Angeles probeer verwesenlik. 'n
Verkeersopeenhoping
en klein padwoedevoorval bring hulle nader aan mekaar. Hulle raak verlief op mekaar, maar hul liefdesverhouding word deur die realiteit op die proef gestel.
Die draaiboek is deur Damien Chazelle geskryf wat ook die regie behartig het.
La La Land
is in vier hoofstukke verdeel wat die seisoene volg ("Winter", "Lente", "Somer" en "Herfs") asook 'n epiloog ("Winter") wat vyf jaar later afspeel. Chazelle het die draaiboek reeds in 2010 voltooi, maar aanvanklik was geen rolprentateljee bereid om die projek sonder wysigings te finansieer nie. Eers nadat Chazelle in 2014 sukses behaal het met 'n ander fliek,
Whiplash
, het
Summit Entertainment
ingestem om
La La Land
te vervaardig.
Die rolprent is tussen Augustus en September 2015 in Los Angeles geskiet - dikwels in die besondere natuurlike daglig wat eie is aan die
Suid-Kaliforniese
metropool.
[1]
Hiervoor is bewus tonele en plekke in en naby Los Angeles gekies waarmee rolprentteatergehore en filmentoesiaste elders reeds dekades lank vertroud is soos die Griffith-sterrewag, asook 'n styl wat as huldeblyk aan die CinemaScope-wyeskermformaat beskou moet word.
CinemaScope het vanaf die 1950's gewild geraak deur musiekblyspele soos
It's Always Fair Weather
.
La La Land
is dus met Panavision-kamera-uitrusting analoog op selluloied geskiet en later van 'n digitale
Dolby Atmos
-
omringklankbaan
voorsien (wat ook op die
Blu-ray
en
Ultra HD Blu-ray
-vrystellings beskikbaar is). Die oorspronklike CinemaScope-kamerategnologie is tans nie meer beskikbaar nie.
Die premiere van
La La Land
is op 31 Augustus 2016 ter geleentheid van die 73ste Internasionale Filmfees in
Venesie
,
Italie
gehou waar dit die openingsrolprent was. Op 9 Desember 2016 het dit in Amerikaanse rolprentteaters begin draai. Die film se totale internasionale bruto inkomste was VSA-$446 miljoen, teenoor vervaardigingskoste van $30 miljoen.
- ↑
Mekado Murphy:
L.A. Transcendental: How ‘La La Land’ Chases the Sublime
. In:
New York Times
, 4 November 2016. Aanlyn beskikbaar:
nytimes.com
- Media
- Gids tot plekke in L.A. waar
La La Land
geskiet is