in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Edward VII
(Albert Edward, deur sy familie meestal Bertie genoem; * 9 November 1841; † 6 Mei 1910) was koning van die
Verenigde Koninkryk
en die Britse dominiums asook
Keiser van Indie
van 22 Januarie 1901 tot met sy dood op 6 Mei 1910. Hy was die eerste monarg van die
Huis van Sakse-Koburg en Gotha
wat deur sy seun
George V
hernoem is tot die
Huis van Windsor
.
Voor hy koning geword het, was Edward die
Prins van Wallis
en regmatige troonopvolger vir langer as enigiemand anders in die geskiedenis.
[1]
Tydens die lang tyd dat sy ma,
koningin Victoria
, ’n weduwee was, was hy grootliks uitgesluit van enige politieke mag en het hy die modebewuste elite met ’n luilekker lewe verpersoonlik.
Die
Edwardiaanse tydperk
, wat ooreengestem het met Edward se bewind en na hom genoem is, het saamgeval met die begin van ’n nuwe eeu en het belangrike veranderings ingelui in tegnologie en die gemeenskap, soos die opgang van
sosialisme
en die Arbeidsbeweging. Edward het ’n rol gespeel in die modernisering van die
Britse vloot
, die hervorming van die weermag se mediese dienste
[2]
en die reorganisasie van die Britse weermag na die
Anglo-Boereoorlog
. Sy werk om goeie betrekkinge met ander
Europese
lande, veral
Frankryk
, te bevorder, wat hom die bynaam "Vredemaker" besorg het, kon egter nie die uitbreek van die
Eerste Wereldoorlog
in
1914
verhoed nie.
Titels en aanspreekvorms
[
wysig
|
wysig bron
]
- 9 November ? 8 Desember 1841
: Sy Koninklike Hoogheid die Hertog van Cornwallis
- 8 Desember 1841 ? 22 Januarie 1901
: Sy Koninklike Hoogheid die Prins van Wallis
- in Skotland
: Sy Koninklike Hoogheid prins Albert Edward, die Hertog van Rothesay
- 17 Januarie 1850 ? 22 Januarie 1901
: Die Graaf van Dublin
- 22 Januarie 1901 ? 6 Mei 1910
: Sy Majesteit die Koning
- met betrekking tot Indie
: Sy Keiserlike Majesteit die Koning-keiser
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel
en:Edward VII of the United Kingdom
- Ensor, R.C.K.
(1936).
England 1870?1914
. Clarendon Press, Oxford.
- Ponsonby, Frederick
(1951).
Recollections of Three Reigns
. Londen: Eyre & Spottiswoode.
- Walker, Richard (1988).
The Savile Row Story: An Illustrated History
. Londen: Prion.
ISBN
1-85375-000-X
.