Dortmund
(
Duits
: [?d??tm?nt],
luister
(
hulp
·
inligting
)
;
Nederduits
:
Duorpm
) is 'n stad in die
Wes-Duitse
deelstaat
Noordryn-Wesfale
, met 'n bevolking van 587 696 in 2020. Dortmund is die belangrikste sentrum vir handel, vervoer en nywerhede in Wesfale en die grootste stad van hierdie streek en die
Ruhrgebied
.
Historici neem aan dat Dortmund sy oorsprong in 'n Karolingiese rykshof gehad het. Dit het later tot 'n beduidende Ryks- en
Hansestad
ontwikkel en was dekades lank een van die vernaamste sentra van steenkoolontginning, staalvervaardiging en bierproduksie. In die laat 20ste eeu was Dortmund aan groot strukturele veranderings en aanpassings onderhewig, en sy huidige ekonomie word deur assuransie- en handelmaatskappye oorheers. Nuwe nywerhede en ondernemings spits hulle veral op logistiek en informasietegnologie toe. Desondanks het die stad nog een van die hoogste werkloosheidsyfers in Wes-Duitsland.
Die bekendste bakens van Dortmund is die Reinoldikerk, die voormalige hoofkwartier van die
Union
-brouery (met 'n reuse-letter "U" op sy dak, die sogenaamde
Dortmunder U
) en die Floriantoring. Sokkergeesdriftiges verbind die naam Dortmund veral met die sokkerklub
Borussia Dortmund
. Dit was een van die gasheerstede tydens beide die
FIFA Sokker-Wereldbekertoernooi in 1974
en
FIFA Sokker-Wereldbekertoernooi in 2006
.
Dortmund is in die suidweste van die
Westfalische Bucht
gelee ? 'n plat landskap wat as suidelike uitloper van die Noord-Duitse Laagvlakte aan die heuwel- en berglande van Sentraal-Duitsland grens. Suid van die stad rys die uitlopers van die Sauerland en die Ardey-gebergte, met die Dortmunder Rucken in die ooste van die stad as sy mees noordelike bergspits. Die Werl-Unnaer Borde sluit aan hierdie bergreekse aan, terwyl die stadsgebied in die noorde deur die Lippe-vallei en die heuwelreeks Lipper Hohen in die Suidmunsterland begrens word.
Die landskap wes van Dortmund word deur die Ruhrgebied oorheers; Dortmund is in die oostelike, Wesfaliese gedeelte van hierdie nywerheidsgebied gelee. Alhoewel Dortmund die grootste stad in hierdie gebied en een van sy beduidendste sentra is, behoort dit in geografiese opsig eerder tot sy noordoostelike randgebied.
Die stadskern van Dortmund is op die grens tussen die noordelike plat en die suidelike heuwellandskap, die sogenaamde Wesfaliese Hellweg, gelee. Die stadsgebied strek derhalwe tot in die landskappe Hellwegborden en Westenhellweg. Aangesien ook die boloop van die Emscher-rivier deur Dortmund vloei, maak die stad daarnaas deel uit van Emscherland, 'n landskap in die noorde. Die suidelike stadsgrens word deur die middelloop van die Ruhrrivier gevorm. Die Dortmundse stadhawe is die beginpunt van die Dortmund-Eems-kanaal, wat in noordelike rigting loop.
Oppervlakte en aangrensende stede
[
wysig
|
wysig bron
]
Met 'n oppervlakte van 280,71 vierkante kilometer is Dortmund die 19de grootste munisipaliteit in Duitsland en die 9de grootste van alle stede met meer as 100 000 inwoners. In die deelstaat Noordryn-Wesfale is Dortmund volgens sy oppervlakte die vierde grootste munisipaliteit na Keulen, Munster en Schmallenberg.
Dortmund het 'n gemeenskaplike grens met die administratiewe distrik Recklinghausen, wat oor 'n afstand van 21 kilometer loop, met Castrop-Rauxel in die weste en Waltrop in die noordweste. Vanuit die noorde tot by die suidooste loop ? oor 'n afstand van 76 kilometer ? 'n gemeenskaplike grens met die distrik Unna en stede soos Lunen in die noorde, Kamen in die noordooste, Unna in die ooste en die dorp Holzwickede en die stad Schwerte in die suidooste. In die suide grens Dortmund oor 'n afstand van twee kilometer aan die stad Hagen. In die suidweste grens Dortmund oor 'n afstand van 17 kilometer aan die Ennepe-Ruhr-distrik met stede soos Herdecke en Witten. Wes van Dortmund le Bochum, die gemeenskaplike grens loop oor 'n afstand van tien kilometer. Dortmund se stadsgrens loop sodoende oor 'n totale afstand van 126 kilometer.
Dortmund maak in historiese opsig deel uit van Wesfale en is tans in die deelstaat Noordryn-Wesfale gelee. Die stad is selfregerend (dit wil se dit maak nie deel uit van 'n
Kreis
of administratiewe distrik nie) en le in die administratiewe gewes Arnsberg. Die stad is 'n lid van gewestelike verbonde soos die
Landschaftsverband Westfalen-Lippe
, die
Regionalverband Ruhr
, die
Ruhrverband
, die
Verkehrsverbund Rhein-Ruhr
, die
Emschergenossenschaft
en die
Lippeverband
. As een van die beduidendste stede in Noordryn-Wesfale maak Dortmund deel uit van die Europese Metropolitaanse Gebied Ryn-Ruhr (
Metropolregion Rhein-Ruhr
).
In administratiewe opsig word Dortmund in twaalf stadsdele of distrikte verdeel waarvan drie (
Innenstadt-West
,
Innenstadt-Nord
en
Innenstadt-Ost
) in die binnestad gelee is. Rondom hierdie distrikte in die stadskern le 'n bykomende nege distrikte, kloksgewys vanuit die noorde: Eving, Scharnhorst, Brackel, Aplerbeck, Horde, Hombruch, Lutgendortmund, Huckarde en Mengede. In elkeen van hierdie distrikte word distriksrade met afgevaardigdes in munisipale verkiesings bepaal. Die distriksburgemeesters word deur die distriksrade verkies.
Dortmund word vir statistieke doeleindes verder verdeel in 62 statistieke distrikte en 170 statistieke subdistrikte. Buite die binnestad kom hierdie subdistrikte dikwels met voormalige munisipaliteite ooreen wat by Dortmund ingelyf is. Naas hierdie amptelike verdeling is daar ook stadsbuurte en kwartiere.
Dortmund is net soos die res van Duitsland in die gematigde klimaatsone gelee. Die stad word by die Noordwes-Duitse klimaatstreek gereken en le sodoende in die oorgangsgebied tussen Atlantiese see- en kontinentale klimaat. Kenmerkend vir hierdie gebied is milde winters en relatief koel somers. Die gemiddelde jaarlikse temperatuur beloop tussen 9 en 10 °C, die gemiddelde jaarlikse neerslae beloop 750 millimeter.
Die heersende windrigting in die stadsgebied is suidwes. Reenval is min of meer gelykmatig oor die vier seisoene versprei. Die winters word deur langdurige reen gekenmerk, terwyl kortstondige, maar hewige reenbuie veral in die somer voorkom. Julie is die natste maand met reenvalle van tussen 80 en 90 millimeter, terwyl 'n minimum van tussen 40 en 50 millimeter gewoonlik in Februarie aangeteken word.
Jaarlikse temperatuurskommelinge is minder as 20 °C; in Januarie kan die kwik tot tussen -6 en +11 °C daal, terwyl Augustus met temperature tussen 10 en 35 °C die warmste maand van die jaar is. Die stadsgebied toon die tipiese mikroklimatiese kenmerke van digbevolkte gebiede waar temperature in bepaalde stadsdele dikwels hoer as in die res van die stad.
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Dortmund
.
|