Abraham Fischer
, algemeen bekend as
Bram Fischer
(
23 April
1908
,
Bloemfontein
-
8 Mei
1975
, Bloemfontein), was ’n
Suid-Afrikaanse
advokaat en kommunis van
Afrikaanse
afkoms. Fisher het bekendheid verwerf as
anti-apartheidsaktivis
en was deel van
Nelson Mandela
se regspan in die
Rivonia-verhoor
. Die
Bram Fischer Internasionale Lughawe
is op 13 Desember 2012 na hom vernoem.
Fischer kom van ’n bekende Afrikaanse familie. Hy was die oudste van vyf kinders van
Percy Ulrich Fischer
, ’n regter-president van die
Oranje-Vrystaat
, en
Ella Fichardt
. Sy oupa was die regsgeleerde,
Abraham Fischer
, Eerste Minister in die eerste kabinet van die
Oranjerivierkolonie
in 1907.
Fischer het sy jeugjare op die plaas Bergendal naby Bloemfontein deurgebring waar hy volkome tweetalig grootgeword het, want sy pa was Afrikaanssprekend en sy ma Engelssprekend. Tydens sy skooljare op
Grey-kollege
het hy geweier om kadetoefening te doen omdat hy die gehate Engelse uniform moes dra. In 1925 het hy matriek in die eerste klas geslaag met ’n onderskeiding in
wiskunde
.
Hierna is hy na die
Universiteit van Kaapstad
maar het na ’n jaar na Bloemfontein teruggekeer waar hy aan die
Grey-universiteitskollege
die grade B.A. en LL.B. verwerf het. Hy was die eerste minister van die ‘Nasionale Party’ in die eerste studenteparlement wat in die laat twintigerjare in Durban gesit het. Vanwee sy belangstelling in die beleid van segregasie het hy lid van die Bloemfonteinse Raad van Europeers en Swartes geword en hom vir behoorlike, aparte geriewe vir Swartes beywer. Terwyl hy klasse in die Waaihoek informele nedersetting naby Bloemfontein aangebied het, het hy oortuig geraak dat kleurvooroordeel irrasioneel is en dat ware
vriendskap
oor die kleurgrens heen kon strek.
Fischer het by die
Kommunistiese Party van Suid-Afrika
(KPSA) in die 1930’s aangesluit en was ’n lid van die party totdat dit deur die Suid-Afrikaanse regering in die 1950’s verban is. In 1932 is Fischer as Rhodes-student na Oxford waar hy onder die invloed van radikale linkses gekom het. Hy het
Rusland
besoek en is beindruk deur wat hy daar waargeneem het;
Adolf Hitler
se ‘Herrenvolk’-gedagte daarenteen, het hom tydens sy besoek aan
Duitsland
met weersin vervul.
Verbanning van die KPSA
[
wysig
|
wysig bron
]
Na sy terugkeer na Suid-Afrika in 1935 het Fischer as advokaat in
Johannesburg
gepraktiseer. Hy het in die veertigerjare as lid van die Johannesburgse distrikskomitee sowel as die sentrale komitee van die SAKP na vore getree. In 1943 was hy behulpsaam met die hersiening van die grondwet van die
ANC
. In Mei 1946 is hy betrek by die uitvoerende komitee van die Anti-Fascistiese Beweging, en het in dieselfde jaar as advokaat die Swart stakers van die mynwerkerstaking verdedig, waarna hy vir die eerste keer gearresteer is. Hy is skuldig bevind aan ondermynende bedrywighede en beboet. Volgens hom was die
Ossewabrandwag
, die
Gryshemde
en ander Afrikaanse organisasies
fascisties
, terwyl die ANC die mees demokratiese organisasie in die land was.
In Januarie 1950 is Fischer tot die uitvoerende komitee van die Johannesburgse distrikskomitee van die KPSA herkies, terwyl hy ’n leidende figuur, en dikwels waarnemende voorsitter van die Transvaal Peace Council, ’n frontorganisasie van die KPSA, was. In dieselfde jaar is die Wet op die Onderdrukking van Kommunisme aanvaar, en die SAKP is verban, waarna dit, op aanbeveling van die sentrale komitee, waarvan Fischer ’n lid was, ontbind is. Dit het veroorsaak dat die nuwe Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) (soos die naam toe verander is) met verskeie frontorganisasies ondergronds gegaan het. Fischer het van 2 tot 20 Desember 1952 die Congress of the People of Peace in
Wene
as afgevaardigde bygewoon, na afloop waarvan hy Rusland weer besoek het. In Februarie 1952 het hy as voorsitter van die Vereniging vir Vrede en Vriendskap met die USSR opgetree.
Reeds in 1952 het Fischer koningsadvokaat geword en is hy weens sy uitmuntende kennis van die mynreg deur verskeie finansiele instellings geraadpleeg. Dit was egter tydens politieke verhore dat hy landwyd bekend geword het. Fischer was een van die vooraanstaande lede van die verdedigingspan tydens die hoogverraadverhoor wat in 1956 begin het, vyf jaar sou sloer, en leiers soos
Albert Luthuli
en
Z.K. Matthews
sou betrek. Toe die verhoor in 1961 ten einde loop, is al die aangeklaagdes onskuldig bevind. Fischer was die leier van die regspan vir die Rivonia-aangeklaagdes in 1963 toe
Umkonto we Sizwe
sabotasie
van staatseiendom beoog het. In daardie stadium was dit nog onbekend dat Fischer intiem gemoeid was met die beplanning van
Operasie Mayibuye
waardeur die beskuldigdes se ondermynende bedrywighede ten uitvoer gebring moes word. Agt van Fischer se kamerade is tot lewenslange gevangenisstraf veroordeel.
Op 13 Junie 1960 het Fischer se vrou, ook ’n gelyste kommunis wat in 1960 ’n kort rukkie aangehou is, in ’n motorongeluk naby
Ventersdorp
gesterf. Hy self was ongedeerd en is kort daarna drie dae lank aangehou ten tyde van die arrestasie van lede van die
African Resistance Movement
. In September is hy weer gearresteer, aangekla onder die Wet op die Onderdrukking van Kommunisme, maar onder borgtog toegelaat om na Londen te gaan om voor die Geheime Raad in Engeland vir ’n internasionale maatskappy op te tree, wat hy gewen het. Na sy terugkeer het hy vanwee verdoemende getuienis oor sy ondermynende kommunistiese aktiwiteite, op 25 Januarie 1965 verdwyn. In ’n brief het hy verklaar dat hy sy bedrywighede sou voortsit en dat sy borggeld verbeurd verklaar kon word.
[1]
Hy het eers op ’n plaas naby
Rustenburg
geskuil, en toe, vermom met ’n baard en na plastiese snykunde, onder die skuilnaam Douglas Black ’n huis in Johannesburg betrek. Na ’n intensieve polisiesoektog is hy op 11 November 1965 opgespoor. Sy naam is agt dae vroeer van die rol van advokate geskrap.
Finale tronkstraf en dood
[
wysig
|
wysig bron
]
Op 9 Mei 1966 is hy vir sameswering om die regering omver te werp tot lewenslange gevangenisstraf onder die Sabotasiewet gevonnis. Tesame daarmee moes hy twintig jaar uitdien vir sy deelname aan die bedrywighede van die SAKP. In sy slotrede in die hof het Fischer vier en ’n half uur lank met groot welsprekendheid die kommunisme verduidelik en sy geloof in kommunisme bely. Op Meidag 1967 is die
Leninprys vir Vrede
aan hom toegeken.
Fischer is op
Robbeneiland
aangehou, maar teen die einde van 1974 vir waarneming na die hospitaal van die Sentrale Gevangenis in Kaapstad oorgeplaas nadat hy sy been in die stortbad beseer het. Van daar is hy na ’n buitehospitaal oorgeplaas waar vasgestel is dat hy kanker het. Op 10 Maart 1975 het die Minister van Justisie toegestem dat hy by sy broer, dr. Paul Fischer, in Bloemfontein versorg kon word, maar dat slegs sy naaste familie hom kon besoek. Twee maande later is hy aan kanker oorlede.
Fischer het sy doelstelling om die bestaande orde in Suid-Afrika te vernietig, meedoenloos nagestreef. Hy was nooit ’n godsdienstige mens nie. Vir talle mense was hy die simbool van die aartsterroris, vir ander ’n tragiese figuur, oorweldig deur sy lewensomstandighede en vir ander die sinnebeeld van hoop vir die toekoms, die kampvegter vir gelykheid en geregtigheid.
Fischer is in 1937 getroud met Susanna Johanna (Molly) Krige, kleinnig van Issie Smuts, die vrou van genl.
J.C. Smuts
. Haar vader, Tottie Krige, was Smuts se adjudant tydens die inval in die
Kaapkolonie
tydens die
Tweede Vryheidsoorlog
. ’n Seun en twee dogters is uit die huwelik gebore en die egpaar het ook ’n
Swart baba
in hul huis opgeneem en grootgemaak.
Benewens sy leierseienskappe het Fischer ook uitgeblink in
tennis
en
rugby
en hy het in 1928 vir die
Vrystaatse rugbyspan
teen Maurice Brownlee se
All Blacks
gespeel.
- Moll, J.C. Beyers, C.J. (red.).
Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek
. Pretoria: Chris van Rensburg nms. die RGN. p. 962.
ISBN
0796904197
.