Boedapest

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Boedapest

Budapest
Stad
Vlag van Boedapest
Vlag
Amptelike seël van Boedapest
Seel
Byname: 
"Hart van Europa", "Perel van die Donau"
Boedapest is in Europa
Boedapest
Boedapest
Boedapest se ligging in Europa
Koordinate: 47°29′33″N 19°3′5″O  /  47.49250°N 19.05139°O  / 47.49250; 19.05139 Koordinate : 47°29′33″N 19°3′5″O  /  47.49250°N 19.05139°O  / 47.49250; 19.05139
Land Vlag van Hongarye  Hongarye
Streek Sentrale Hongarye
Stigting 106 nC
Unifikasie van Boeda, Pest en Obuda 17 November 1873
Regering
 ? Burgemeester Gergely Karacsony
Oppervlak
 ? Stad 525,2 km 2 (202,8 vk. myl)
 ? Metro
7 626 km 2 (2 944 vk. myl)
Hoogte
96?527 m (?1 633 ft)
Bevolking
 ? Stad 1 740 041
 ? Digtheid 3 314/km 2 (8 580/vk. myl)
 ?  Metro
3 284 110
Tydsone CET / UTC +1
 ?  Somertyd CEST / UTC +2
poskode
1011?1239
Skakelkodes 1
Webwerf budapest.hu ( hu )

Boedapest ( Hongaars : Budapest ; uitgespreek [?bud?p??t]) is die hoofstad en grootste stad van Hongarye met 'n bevolking van 1 737 000 in 2011. Die Donauoewer , die Kasteel van Buda en Andrassy ut is in 1987 deur Unesco as werelderfenisgebied gelys. Boedapest is gevorm op 17 November 1873 toe Boeda , Obuda en Pest saamgesmelt het en huisves tans byna 'n vyfde van die Hongaarse bevolking.

Vir die neo-Gotiese parlement, een van die statige geboue wat ter geleentheid van die millenniumfees van die Hongaarse volksplanting in die Pannoniese Laagvlakte in 1896 ontstaan het, het die Londense Westminster-parlement as voorbeeld gedien. Die Hongaarse parlement is in 1904 voltooi as een van die grootste geboue ter wereld

Tradisioneel word na Boedapest verwys as die "Koningin van die Donau". Die Hongaarse hoofstad is in die oorgangsgebied tussen die heuwelagtige weste van Hongarye en die uitgestrekte vlaktes in die ooste en suide van die land gelee. Die twee groot stadsdele, Boeda en Pest, is respektiewelik aan die wes- en oosoewer van die Donau gelee en word deur 'n reeks brue met mekaar verbind.

Die geskiedenis van Boedapest begin met 'n Keltiese nedersetting, Aquincum, wat deur die Romeine tot administratiewe setel van hul provinsie Neder-Pannonie (Pannonia Inferior) verhef is. [1] Hongare het hulle in die 9de eeu in die gebied gevestig. Hul eerste nedersetting is in 1241/42 deur Mongole geplunder. Na sy heropbou het die stad tot een van die Europese sentra van 15de eeuse humanistiese Renaissance-kultuur ontwikkel.

Na die Slag van Mohacs en naastenby 150 jaar van Ottomaanse heerskappy het die streek 'n nuwe bloeitydperk beleef, terwyl Boedapest met die samesmelting van Boeda, Obuda en Pest tot 'n wereldstad ontwikkel het. Saam met Wene het Boedapest as hoofstad van die dubbelmonargie Oostenryk-Hongarye gedien, 'n Europese groot moondheid wat as gevolg van die Eerste Wereldoorlog in 1918 ontbind is. Boedapest was die middelpunt van die Hongaarse Rewolusie van 1848, die Hongaarse Raderepubliek in 1919, die Slag van Boedapest in 1945 en die Hongaarse Rewolusie van 1956 .

Al strek die geskiedenis van Boedapest terug tot in die antieke tydperk, het sy indrukwekkende boukuns veral voortgespruit uit sy rol as die middelpunt van die Hongaarse gedeelte van die 19de eeuse dubbelmonargie Oostenryk-Hongarye toe Hongarye drie keer groter was as die huidige republiek. Die millennium van die volksplanting van nomadiese Hongaarse stamme in die Pannoniese Laagvlakte in 1896 is gevier met meesterlike boukuns. En al het Hongarye na die Eerste Wereldoorlog groot gebiedsverliese gely, het Boedapest tot die tweede grootste metropool in Sentraal-Europa na Berlyn gegroei.

Boedapest se tersiere opvoedingsinstellings sluit die Eotvos Lorand-universiteit (gestig in 1635), die Pazmany Peter Katolieke Universiteit (gestig in 1635) en die Semmelweis-universiteit (die oudste mediese skool in Hongarye, gestig in 1769 [2] ) in.

Klimaat [ wysig | wysig bron ]

Weergegewens vir Boedapest
Maand Jan Feb Mar Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des Jaar
Hoogste maksimum (°C) 18,1 19,7 25,4 30,2 34,0 39,5 40,7 39,4 35,2 30,8 22,6 19,3 40,7
Gemiddelde maksimum (°C) 1,2 4,5 10,2 16,3 21,4 24,4 26,5 26,0 22,1 16,1 8,1 3,1 15,0
Gemiddelde temperatuur (°C) ?1,6 1,1 5,6 11,1 15,9 19,0 20,8 20,2 16,4 11,0 4,8 0,4 10,4
Gemiddelde minimum (°C) ?4,0 ?1,7 1,7 6,3 10,8 13,9 15,4 14,9 11,5 6,7 2,1 ?1,8 6,3
Laagste minimum (°C) ?25,6 ?23,4 ?15,1 ?4,6 ?1,6 3,0 5,9 5,0 ?3,1 ?9,5 ?16,4 ?20,8 ?25,6
Neerslag (mm) 38,5 36,7 37,4 47,2 64,5 69,8 50,4 49,5 42,7 46,9 59,9 49,3 592,8
Bron: OMSZ [Hongaarse Meteorologiese Diens] [3]

Regering [ wysig | wysig bron ]

Gergely Karacsony is sedert 2019 die burgemeester van die stad.

Demografie [ wysig | wysig bron ]

Boedapest het 'n bevolking van 1 735 041 in Januarie 2013 [4] gehad en volgens die 2011-sensus het die stad se metropolitaanse gebied 2 530 167 inwoners gehad. Dit is die grootste stad in Hongarye en negende grootste in die Europese Unie (na Hamburg en voor Warskou ).

Tale [ wysig | wysig bron ]

Volgens die 2011-sensus kan 1 712 153 (99%) van Boedapesters Hongaars praat waarvan 1,692,815 (97,9%) dit as hulle huistaal praat. Die grootste tweede tale is Engels (536 855 sprekers; 31%), Duits (266 249 sprekers; 15,4%), Frans (56 208 sprekers; 3,3%) en Russies (54 613 sprekers; 3,2%). [5] Boedapest het tot die middel van die 19de eeu 'n Duitse meerderheid gehad en daarna praat meeste van die inwoners Hongaars. Hieronder wys die taal geskiedenis van die stad sedert 1715.

Tale 1715 1737 1750 1851 1880 1890 1900 1910 1920 1930 1941
Hongaars 19,4% 22,5% 22,2% 36,6% 56,7% 67,1% 79,6% 85,9% 90,2% 94,3% 97%
Duits 55,6% 57,8% 55,2% 56,4% 34,3% 23,7% 14% 9% 6,5% 3,8% 1,9%
Slowaaks 2,2% 5,6% 6,5% 5% 6,1% 5,6% 3,4% 2,3% 1,5% 0,7% 0,3%
ander 22,8% 14,1% 16,1% 2% 2,9% 3,6% 3% 2,8% 1,8% 1,2% 0,8%

Ekonomie [ wysig | wysig bron ]

Boedapest is die ekonomiese spilpunt van Hongarye wat saam met sy omliggende gebiede sowat 40% van die land se bruto binnelandse produk (BBP) oplewer, [6] en verskeie belangrike maatskappye en finansiele instellings het hulle hoofkwartiere in die stad. In 2012 het Boedapest 'n jaarlikse bruto binnelandse produk van 93,4 miljard $ (1 000 miljard ZAR ) genereer [7] en omdat byna helfde van Hongarye se BBP uit Boedapest kom is die stad bekend as die land se primaatstad.

Toerisme [ wysig | wysig bron ]

Boedapest bly 'n gewilde bestemming vir toeriste en is die gewildste van al die stede in Hongarye. Boedapest word deur 4,3 miljoen toeriste per jaar van dwarsoor die wereld besoek, en is die sesde gewildste toeristebestemming in Europa. [8] Bekende besienswaardighede sluit die 268 m lank Parlementgebou (wat in 1904 voltooi is), die Szechenyi Kettingbrug (375 m in totale lengte) en die hele "ou stad" van Boeda in. Die stad spog talle van Europa se oudste en grootste spa en baddens. In die vroee 19de eeu het die stad die bynaam "Stad van Spa" ontvang.

Vervoer [ wysig | wysig bron ]

Lughawens [ wysig | wysig bron ]

Die internasionale lughawe van Boedapest is die besigste in Hongarye

Boedapest Ferenc Liszt Internasionale Lughawe (BUD) (Hongaars: Budapest Liszt Ferenc Nemzetkozi Repul?ter ; vernoem na Hongaarse komponis Franz Liszt ) is die grootste in Hongarye, en die jaarlikse aantal passasiers het in 2013 tot 8,5 miljoen gestyg. [9]

Die lughawe is in 1942 naby Ferihegy geopen. Tot 2011 staan dit as Boedapest Ferihegy Internasionale Lughawe bekend. Dit word in Maart 2011 herdoop as Boedapest Franz Liszt Internasionale Lughawe. Die lughawe is 16 km suidoos van die stad gelee en is een van die besigste in Sentraal-Europa .

Openbare vervoer [ wysig | wysig bron ]

Boedapest se openbare vervoerstelsel bestaan uit 'n netwerk van moltreine, stedelike spoorlyne, busse en trolliebusse en trems. Die openbare vervoerstelsel van Boedapest val sedert 27 Oktober 2010 onder die bestuur van "Budapesti Kozlekedesi Kozpont (BKK)" (Sentrum vir Boedapestvervoer). [10]

Panoramabeelde [ wysig | wysig bron ]

Die stad soos gesien vanaf Gellertberg
H?sok tere (Heldeplein)
Die stad soos gesien vanaf Gellertberg

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. Peter F. Sugar, Peter Hanak en Tibor Frank: A History of Hungary . Indiana University Press 1990, bl. 3
  2. semmelweis.hu ? Inligting oor die Universiteit Geargiveer 20 November 2020 op Wayback Machine ( en ) ( hu )
  3. "Climate Data Series 1901?2000" (in Engels). OMSZ [Hongaarse Meteorologiese Diens]. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019 . Besoek op 16 Junie 2014 .
  4. Hungarian Central Statistical Office ( hu ) ( en )
  5. Hongarye 2011-sensus ( hu )
  6. Portfolio.Hu Geargiveer 3 Maart 2016 op Wayback Machine besoek 17 Julie 2014] ( hu )
  7. Brookings Global MetroMonitor Geargiveer 5 Junie 2013 op Wayback Machine besoek 17 Julie 2014 ( en )
  8. "Euromonitor.com ? besoek 8 September" . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2013 . Besoek op 8 September 2014 .
  9. Boedapest Lughawe statistiek
  10. BBK.hu Geargiveer 9 Julie 2014 op Wayback Machine Inligting oor BKK ? besoek 17 Julie 2014 ( en )

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]

Unesco

Toerisme