in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ben Shalom Bernanke
[1]
(/b?r?næŋki/ b?r-NANG-kee; gebore
13 Desember
1953
) is 'n Nobelpryswenner Amerikaanse
ekonoom
wat van 2006 tot 2014 as die 14de voorsitter van die
VSA
se Federale Reserweraad gedien het. Nadat hy die Reserweraad verlaat het, is hy aangestel as 'n vooraanstaande genoot by die Brookings Instituut.
[2]
[3]
Tydens sy ampstermyn as Federale Reserweraad voorsitter het Bernanke toesig gehou oor die Reserweraad se reaksie op die laat-2000's finansiele krisis, waarvoor hy as die 2009
Time
persoon van die jaar
aangewys is.
[3]
Voordat Bernanke voorsitter van die Federale Reserweraad geword het, was hy 'n professor aan die
Princeton-universiteit
en was voorsitter van die departement ekonomie daar van 1996 tot September 2002, toe hy met staatsdiensverlof gegaan het.
[3]
Bernanke is saam met Douglas Diamond en Philip H. Dybvig met die 2022
Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe
bekroon "vir navorsing oor banke en finansiele krisisse",
[4]
[5]
meer spesifiek vir sy ontleding van die
Groot Depressie
.
Vanaf 5 Augustus 2002, tot 21 Junie 2005, was hy 'n lid van die Raad van Goewerneurs van die Federale Reserwestelsel, het die Bernanke-doktrine voorgestel, en eers "die Groot Moderering" bespreek - die teorie dat tradisionele sakesiklusse afgeneem het in wisselvalligheid in die afgelope dekades deur strukturele veranderinge wat in die internasionale ekonomie plaasgevind het, veral toenames in die ekonomiese stabiliteit van ontwikkelende lande, wat die invloed van makro-ekonomiese (monetere en fiskale) beleid verminder het.
Bernanke het toe as voorsitter van president
George W. Bush
se Raad van Ekonomiese Adviseurs gedien voordat president Bush hom benoem het om Alan Greenspan op te volg as voorsitter van die Federale Reserweraad van die Verenigde State.
[6]
Sy eerste termyn het op 1 Februarie 2006 begin."
[7]
Bernanke is op 28 Januarie 2010 vir 'n tweede termyn as voorsitter bevestig, nadat hy herbenoem is deur president
Barack Obama
, wat later na hom verwys het as "die toonbeeld van kalmte.
[8]
Sy tweede termyn het op 31 Januarie 2014 geeindig, toe hy is op 3 Februarie 2014 deur
Janet Yellen
opgevolg.
[9]
Bernanke het oor sy tyd as voorsitter van die Federale Reserweraad geskryf in sy 2015-boek,
The Courage to Act
, waarin hy onthul het dat die wereld se ekonomie naby aan ineenstorting gekom het in 2007 en 2008. Bernanke beweer dat dit slegs die nuwe pogings van die Fed was (samewerking met ander Amerikaanse agentskappe en agentskappe van ander regerings) wat 'n ekonomiese ramp groter as die Groot Depressie verhoed het.
[10]
- ↑
Bernanke se voornaam is Ben, nie Benjamin nie, en "Ben Shalom" word nie afgekort nie. (Sien: "
Big Ben
",
Slate
, 24 Oktober 2005; sien ook "
Presidential Nomination: Ben Shalom Bernanke
",
George W. Bush White House
, Januarie 2009)
- ↑
"Federal Reserve Chairman Ben Bernanke to Join Economic Studies at Brookings"
. Brookings. 3 Februarie 2014
. Besoek op
3 Februarie
2014
.
- ↑
3,0
3,1
3,2
Amadeo, Kimberly.
"The Great Depression Expert Who Prevented the Second Great Depression"
.
The Balance
. Besoek op
29 Julie
2020
.
- ↑
https://www.nobelprize.org/prizes/economic-sciences/2022/press-release/
- ↑
"Former Fed Chair Bernanke shares Nobel for research on banks"
.
AP NEWS
(in Engels). 10 Oktober 2022
. Besoek op
10 Oktober
2022
.
- ↑
Andrews, Edmund L. (24 Oktober 2005).
"Bush Nominates Bernanke to Succeed Greenspan as Fed Chief"
.
The New York Times
.
ISSN
0362-4331
. Besoek op
29 Julie
2020
.
- ↑
"Ben S. Bernanke formally sworn in to second term as chairman of the Board of Governors of the Federal Reserve System"
.
Board of Governors of the Federal Reserve System
. Besoek op
29 Julie
2020
.
- ↑
"Obama nominates Janet Yellen to succeed Bernanke at Federal Reserve"
. Mort Zuckerman. Associated Press. 9 Oktober 2013.
- ↑
"Yellen sworn in as Fed chair in brief ceremony"
.
The Associated Press
. Besoek op
30 Julie
2020
.
- ↑
Michael Kinsley (8 Oktober 2013).
"Ben Bernanke's 'The Courage to Act'
"
.
The New York Times
.
|
---|
1927?1950
| |
---|
1951?1975
| |
---|
1976?2000
| |
---|
2001?hede
| |
---|
|