한국   대만   중국   일본 
Arthur Rubinstein - Wikipedia Gaan na inhoud

Arthur Rubinstein

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Arthur Rubinstein
Arthur Rubinstein in 1937
Agtergrondinligting
Gebore 28 Januarie 1887
Łod? , Kongres van Pole
Sterf 20 Desember 1982 (op 95)
Geneve , Switserland
Beroep(e) Pianis
Instrumente Klavier

Arthur Rubinstein , KBE ( Pools : Artur Rubinstein; 28 Januarie 1887 ? 20 Desember 1982 ) was van Pools-Amerikaanse afkoms [1] en 'n klassieke pianis . Hy het internasionale lof ontvang vir sy uitvoering van 'n verskeidenheid komponiste, en baie het hom beskou as die beste Frederic Chopin -vertolker van sy tyd. [2] [3] Hy is al beskryf as een van die grootste pianiste van die 20ste eeu. [4] [5] [6] Hy het vir agt dekades in die openbaar gespeel. [7]

Vroee lewe [ wysig | wysig bron ]

Rubinstein het in Piotrkowskastraat, Łod? , Pole grootgeword

Rubinstein is in Łod? , Kongres van Pole, (deel van die Russiese Ryk vir die geheel wat Rubinstein daar woonagtig was) op 28 Januarie 1887 gebore in 'n Joodse gesin. Hy was die jongste van sewe kinders van Felicja Blima Fajga (nee Heiman) en Izaak Rubinstein. Sy vader het 'n klein tekstielfabriek besit. [8] [9]

Rubinstein se geboortenaam sou Leo gewees het, maar sy 8-jarige broer het geeis dat; "Sy naam moet Artur wees. Aangesien Artur X ('n buurman se seun) die viool so mooi bespeel, kan die nuwe baba ook dalk 'n groot musikant word!" [10] En so het dit toe gekom dat hy Artur genoem is, alhoewel hy in Engelssprekende lande verkies het om as Arthur Rubinstein bekend te staan. Sy impresario in die Verenigde State (Sol Hurok) het egter daarop aangedring dat hy bekend staan as Artur , en plate in die Weste is onder beide weergawes van sy naam uitgereik. [11]

Rubinstein het op 2-jarige leeftyd perfekte toon gedemonstreer en 'n fassinasie met die klavier getoon, terwyl hy sy suster se klavierspel aanskou het. Teen die ouderdom van vier jaar is hy as wonderkind erken. Sy vader het 'n voorliefde vir die viool gehad en aan Rubinstein een aangebied. Rubinstein het dit egter van die hand gewys omdat hy gemeen het dat sy instink eerder vir harmonie en polifonie bestem was. Die Hongaarse violis Joseph Joachim was, nadat hy die 4-jarige kind hoor speel het, diep beindruk met sy spel, en het aan Rubinstein se gesin gese: "Hierdie seuntjie kan dalk 'n groot musikant word?hy beskik sekerlik oor die talent daarvoor...bring hom na my wanneer die tyd vir ernstige studies aanbreek, en ek sal met graagte sy artistieke opvoeding waarneem." Op 14 Desember 1894 het die 7-jarige Arthur Rubinstein sy buiging voor die klavier gemaak met stukke deur Mozart , Schubert en Mendelssohn . [10] [12]

Toe hy tien word, het Rubinstein na Berlyn getrek ten einde sy studies voort te sit, en in 1900 op die leeftyd van dertien sy eerste uitvoering saam met die Berlynse Filharmoniese Orkes gegee. [13] Joseph Joachim het vir Karl Heinrich Barth as Rubinstein se klavieronderwyser aanbeveel. Rubinstein het as leerling van Barth 'n beroemde pedagogiese erfenis geerf: Barth self was 'n leerling van Liszt gewees, wat op sy beurt deur Czerny onderrig is, wat weer op sy beurt 'n leerling van Beethoven was. [13]

Musiek en loopbaan [ wysig | wysig bron ]

In 1904 het Rubinstein na Parys verhuis ten einde sy loopbaan in alle erns van stapel te stuur. Hier het hy met die komponiste Maurice Ravel en Paul Dukas en die violis Jacques Thibaud kennis gemaak. Hy het ook in die teenwoordigheid van Camille Saint-Saens die komponis se Klavierconcerto No. 2 gespeel. Hy het deur die familie van Juliusz Wertheim (aan wie se begrip van Chopin se genialiteit, Rubinstein later sy eie inspirasie wat hy uit die werk van Chopin geput het, sou toeskryf) bevriend geraak met die violis Paul Kochanski en komponis Karol Szymanowski. [12]

Rubinstein in 1906

Rubinstein het in 1906 sy New Yorkse buiging in die Carnegie Hall gemaak en daarna deur die Verenigde State , Oostenryk , Italie en Rusland getoer. Volgens sy eie weergawe en die van sy seun in Francois Reichenbach se rolprent L'Amour de la vie (1969) is hy nie goed ontvang in die VSA nie. Teen 1908 het Rubinstein haweloos, behoeftig, neerslagtig en desperaat, met dreigende krediteure en die vooruitsig van uitsetting uit sy Berlynse hotelkamer; 'n selfmoordpoging aangewend. Hy het hierna gese dat hy "wedergebore" gevoel het en dat hy toegerus is met die onvoorwaardelike liefde van die lewe. In 1912 het hy sy Londense buiging gemaak en aldaar 'n musikale tuiste gevind in die Edith Grove, Chelsea musieksalon van Paul en Muriel Draper in die geselskap van Kochanski, Igor Strawinski , Jacques Thibaud , Pablo Casals , Pierre Monteux en andere. [12]

Rubinstein het gedurende die Tweede Wereldoorlog in Londen gewoon, uitvoerings gegee en die violis Eugene Ysaye begelei. In 1916 en 1917 het hy sy eerste toere in Spanje en Suid-Amerika meegemaak waar hy wyd lof toegeswaai is. Dit was gedurende hierdie toere dat hy 'n lewenslange entoesiasme ontwikkel het vir die musiek van  Enrique Granados, Isaac Albeniz, Manuel de Falla, en Heitor Villa-Lobos. Manuel de Falla se Fantasia Betica , Villa-Lobos se Rudepoema en Strawinski se Trois mouvements de Petrouchka is aan hom gewy.

Rubinstein was gewalg deur Duitsland se optrede tydens die oorlog en het nooit weer daar gespeel nie. Sy laaste uitvoering in Duitsland was in 1914. [12] In die herfs van 1919 het Rubinstein deur die Britse eilande getoer saam met die sopraan Emma Calve en die tenoor Vladimir Rosing. [14] Rubinstein het op 5 Januarie 1920 via Southampton uit Engeland vertrek na New York op die Red Star Line "Lapland" . [15] In 1921 het Rubinstein twee Amerikaanse toere onderneem en saam met Karol Szymanowski en sy vriend Paul Kochanskina na New York gereis. [12] In 1934 het die pianis gese het dat hy sy tegniek tydens sy vroee jare afgeskeep het en slegs op natuurlike talent staatgemaak het. Hy het hierna uit die openbare oog en konsertlewe onttrek vir 'n aantal maande met die doel van intensiewe studie en oefening.

Rubinstein het in 1937 weereens in die Verenigde State getoer; sy loopbaan het gedurende die jare van die Tweede Wereldoorlog , toe hy in Brentwood, Kalifornie gewoon het, aldaar gevestig geword. Hy het in 1946 'n genaturaliseerde Amerikaanse burger geword. [16]

'n Gipsafdruk van die pianis se hande by die Łod? museum.

Gedurende sy tyd in Kalifornie het Rubinstein die klavierklankbane vir verskeie films verskaf, waaronder Song of Love met Katharine Hepburn. Hy het ook persoonlik in die films Carnegie Hall en Of Men and Music verskyn.

Alhoewel Rubinstein vernaam bekend was as 'n speler van solostukke, is hy ook beskou as 'n uitstaande kamermusikant. Hy het saam met gerekende musikante soos Henryk Szeryng , Jascha Heifetz , Pablo Casals , Gregor Piatigorski en die Guarneri-kwartet gewerk. Rubinstein het 'n groot deel van die kern-klavierrepertorium opgeneem, veral die musiek van die Romantiese komponiste. Ten tyde van sy dood het The New York Times as volg oor hom geskryf, " Chopin was sy spesialiteit ... dit was [as] 'n Chopin-kenner dat hy deur baie beskou is as ongeewenaard. " [13] Met die uitsondering van die Etudes van Chopin, het hy die meeste van die werk van Chopin opgeneem. In 1964, op die hoogtepunt van die Koue Oorlog , het hy 'n legendariese konsert; bestaande alleenlik uit die werke van Chopin; in Moskou gegee. [17] Hy was een van die vroegste voorstanders van Spaanse en Suid-Amerikaanse komponiste, sowel as die Franse komponiste van die vroee 20ste eeu (soos Debussy en Ravel ). Daarbenewens het Rubinstein die musiek van sy landgenoot Karol Szymanowski bevorder. Rubinstein het in gesprek met Aleksander N. Skriabin vir Brahms as sy gunsteling-komponis aangewys, welke Skriabin ontstig het. [18]

In 1969 was die rolprent Arthur Rubinstein ? The Love of Life vrygestel; dit het die Academy Award vir Beste Dokumentere film ingepalm. ('n latere TV-program getiteld Rubinstein at 90 , het benadruk hoe hy al vir agt dekades lank vir mense speel.)

Teen die middel van die 1970 's het Rubinstein se sig begin verswak. Hy het op die ouderdom van 89, in Mei 1976 van die verhoog afgetree, en sy laaste konsert by Londen se Wigmore Hall gegee waar hy byna sewentig jaar vroeer die eerste keer gespeel het.

Rubinstein, wat beheer gehad het oor agt tale , [16] het groot dele van die repertorium (en nie slegs die klavierdele nie) in sy formidabele geheue gehou. [16] Volgens sy memoires het hy Cesar Franck se Simfoniese Variasies geleer terwyl hy op 'n trein onderweg na die konsert was; sonder die voordeel van 'n klavier; en die passasies daarvan op sy skoot geoefen. Rubinstein self het sy geheue as fotografies beskryf. [19]

Rubinstein het ook buitengewone gehoor-vaardighede ontwikkel wat hom in staat gestel het om gehele simfoniee in sy gedagtes te speel. "Tydens ontbyt sou ek miskien 'n volledige Brahms-simfonie in my kop deurgaan," het hy gese. "Dan word ek na die foon geroep, en 'n halfuur later, vind ek uit dat dit heeltyd aan die gang was en dat ek my reeds in die derde beweging daarvan vind." Hierdie vermoe is dikwels deur Rubinstein se vriende getoets, wat op lukrake wyse uittreksels uit opera- en simfoniese partiture sou kies ten einde hom te versoek om dit uit sy geheue te speel. [13]

Rubinstein se outobiografie bevat twee volumes: My Young Years (1973); en My Many Years (1980). Baie persone was ontstig oor die volumes se beklemtoning van persoonlike herinneringe bo die oor musiek. Die pianis Emanuel Ax , te wete een van Rubinstein se grootste bewonderaars, was diep teleurgesteld deur My Many Years . "Tot op daardie stadium", het hy aan Sachs gese, "het ek Rubinstein verafgod - ek wou 'n lewe soos syne he, die boek het dit alles egter verander." [7]

Rubinstein het eenkeer in 'n reflektiewe bui opgemerk: "Dit is doodeenvoudig my lewe; musiek. Ek leef dit, asem dit in, praat daarmee. Ek is amper bewusteloos daarvan. Nee, ek bedoel nie dat ek dit as vanselfsprekend aanvaar nie; mens moet nooit een van die gawes van God as vanselfsprekend neem nie, maar dit is soos 'n arm, 'n been, 'n deel van my. Aan die ander kant is boeke en skilderye , tale en ook mense deel van my passies, altyd daar om geniet te word. Reis ook. Ek is 'n gelukkige man om in 'n bedryf werksaam te wees wat my toelaat om so baie op die pad te wees. Op die trein en op die vliegtuig beskik ek ook oor heelwat tyd om te lees. In die opsig is ek weereens gelukkig om 'n pianis te kan wees. Dit is 'n pragtige instrument, die klavier , net die regte grootte ook, sodat jy dit nie kan saamneem nie. In pleks daarvan om te oefen, kan ek lees. Is ek nie 'n gelukkige man nie?" [20]

Persoonlike lewe [ wysig | wysig bron ]

Rubinstein in 1963

Huwelik en gesin [ wysig | wysig bron ]

Rubinstein het eenkeer oor sy jeug kommentaar gelewer: "Daar word van my gese dat ek toe ek jonk was; ek my tyd verdeel het tussen wyn , vroumense en plesierigheid. Ek ontken hierdie aanklag kategories. Negentig persent van my belangstellings was vroumense." [13] Rubinstein het in 1932 op die ouderdom van 45 jaar met Nela Młynarska getrou, te wete 'n 24-jarige Poolse ballerina (wat saam met Mary Wigman gestudeer het). Nela was die dogter van die Poolse dirigent Emil Młynarski en sy vrou Anna Talko-Hryncewicz, wat afkomstig was van 'n Poolse aristokratiese heraldiese familie. (die huis van Iłgowski). Nela het die eerste keer verlief geraak op Rubinstein toe sy 18 jaar oud was maar het met Mieczysław Munz, 'n ander Pools - Amerikaanse pianis getrou, nadat Rubinstein 'n verhouding met 'n Italiaanse prinses gehad het. [21] [22] Nela het hierna vir Munz geskei en drie jaar later met Rubinstein getrou. [22] Hulle het vyf kinders gehad (waarvan een as suigeling oorlede is), insluitende die fotograaf Eva Rubinstein, wat getroud is met William Sloane Coffin en hul seun John Rubinstein , vader van die akteur Michael Weston . [23] Nela het die kookboek Nela's Cookbook geskryf wat die geregte insluit wat sy vir die paartjie se legendariese partytjies voorberei het. [24]

Rubinstein het beide voor en na sy troue 'n reeks verhoudings met vroue gehad, insluitende Lesley Jowitt, die vrou van die Britse politikus William Jowitt, en Irene Curzon. [25]

Bykomend tot 'n dogter (die Suid-Amerikaanse pianis Luli Oswald) by die Italiaanse markiesin Paola Medici del Vascello (nee Prinses Paola di Viggiano), mag hy dalk die vader wees van die Amerikaanse kunstenaar Muriel Draper se seun Sanders Draper, wat tydens die Tweede Wereldoorlog gesterf het. [12]

Alhoewel hy en Nela nooit geskei is nie, het hy haar in 1977 op 90-jarige ouderdom vir Annabelle Whitestone, toe 33 jaar oud, gelos.

Joodse identiteit [ wysig | wysig bron ]

Alhoewel Rubinstein 'n agnostikus was, was hy nietemin trots op sy Joodse erfenis. [26] Hy was 'n groot vriend van Israel , [27] welke hy oor die jare verskeie kere saam met sy vrou en kinders besoek het. Hy het konserte saam met die Israel Filharmoniese Orkes , uitvoerings, en meesterklasse by die Jerusalem Musieksentrum gegee. In 1949 het Rubinstein?wat verskeie gesinslede in die HaShoah verloor het?saam met ander prominente musici (insluitende Horowitz en Heifetz ) aangekondig dat hy nie saam met die Chicago Simfonieorkes sou verskyn nie indien dit die dirigent Wilhelm Furtwangler , wat tydens die oorlog in Duitsland aangebly het en 'n simfonie vir Adolf Hitler se verjaardag uitgevoer het, sou betrek. [7]

Poolse identiteit [ wysig | wysig bron ]

Rubinstein was sy hele lewe lank geheg aan Pole . Tydens die inhuldiging van die Verenigde Nasies in 1945 het Rubinstein sy Poolse patriotisme getoon tydens 'n konsert vir die afgevaardigdes. Hy het die konsert begin deur sy diepe teleurstelling uit te spreek met die feit dat die konferensie nie 'n afvaardiging uit Pole gehad het nie. Rubinstein het later beskryf hoe hy oorweldig was deur blinde woede en in woede die afwesigheid van die Poolse vlag aan die publiek uitgewys het. Hy het plotseling ophou klavier speel, die gehoor aangese om op te staan, insluitend afgevaardigdes van die Sowjetunie , en die Poolse volkslied Pole is nog nie verlore nie met luidrugtigheid gespeel, terwyl hy die slotdeel daarvan herhaal het met 'n geweldige "forte". Toe hy klaar is het die publiek hom staande toegejuig. [16] [28]

Oor oefening [ wysig | wysig bron ]

Tydens sy jeug ? as 'n pianis met 'n natuurlike aanvoeling en 'n reuse tegniek ? het Rubinstein so min as moontlik geoefen en spoedig nuwe stukke aangeleer sonder behoorlike aandag aan die tekstuele konteks en detail daarvan. Hy het op sy persoonlike sjarme staatgemaak om die gebrek aan afwerking in sy spel te verberg. Sy houding teenoor sy spel het egter na sy huwelik verander. Hy het in die somer van 1934 sy hele repertorium begin hersien. "Ek het teruggegaan werk toe - ses ure, agt ure, nege ure per dag," het hy 1958 gese. "En 'n vreemde ding het gebeur. ... ek het nuwe betekenis, nuwe eienskappe, nuwe moontlikhede in musiek ontdek wat ek al meer as 30 jaar op gereelde basis speel." Oor die algemeen was Rubinstein egter van mening dat die grootste gevaar vir jong pianiste is om oordadig te oefen. Rubinstein het gereeld voorgestel dat jong pianiste hoogstens drie ure per dag moet oefen. "Ek is baie, baie lui gebore, en oefen nie altyd baie lank nie," het hy gese, "maar ek moet, tot my verweer se dat dit nie, wat betref mens se musikaliteit, goed is om te veel te oefen nie. Wanneer jy dit doen klink dit asof die musiek uit jou sak uit kom. As jy met 'n gevoel van "Ag, ek ken dit" speel, speel jy sonder daardie klein druppel vars bloed wat nodig is ? en die gehoor voel dit aan." Oor sy eie oefenmetodes het hy gese: "By elke konsert verlaat ek my op die oomblik. Ek moet die onverwagte, die onvoorsiene, ondervind. Ek wil 'n waaghals wees en kanse waag. Ek wil verbaas wees oor die resultaat daarvan. Ek wil dit meer geniet as die gehoor. Op die manier kan die musiek weer opnuut blom. Dit is soos om liefde te maak. Die daad is altyd dieselfde, maar elke keer is dit anders." [13] [29]

Afsterwe en nalatenskap [ wysig | wysig bron ]

"Ek het bevind dat indien jy die lewe liefhet, die lewe jou terug sal liefhe..."

"Mense stel altyd voorwaardes vir geluk... Ek het egter die lewe onvoorwaardelik lief."

? Arthur Rubinstein [30]
Graf van Arthur Rubinstein by die Arthur Rubinstein-woud naby Jerusalem

Rubinstein het op 20 Desember 1982 in sy slaap by sy huis in Geneve , Switserland op die ouderdom van 95 jaar beswyk. Sy liggaam is veras. [13] 'n Vaas wat van sy as bevat is op die eerste herdenking van sy afsterwe in Jerusalem begrawe?soos gespesifiseer in sy testament ?in 'n toegewyde plot wat uitkyk op die Jerusalem-woud en nou bekendstaan as die "Rubinstein-woud". Die reelings was op die spesifieke wyse met Israel se hoof rabbis gereel sodat die hoofwoud nie onder godsdienstige wette sou val wat op begraafplase van toepassing is nie. [31]

In Oktober 2007 het sy familie 'n uitgebreide versameling oorspronklike manuskripte, manuskripafskrifte en gepubliseerde uitgawes aan die Juilliard School geskenk wat deur die regering van die Nazi's tydens die Tweede Wereldoorlog by sy Paryse woning op beslag gele is. Een-en-sewentig items is na sy vier kinders terugbesorg. Dit was die eerste keer dat Joodse eiendom wat in die Berlynse Staatsbiblioteek gehou is aan hul wettig erfgename terugbesorg is. [32]

In 1974 het Jan Jacob Bistritzky die Arthur Rubinstein Internasionale Klavier Meester-kompetisie ( Arthur Rubinstein International Piano Master Competition ), wat elke drie jaar in Israel gehou word, gestig. Die doelwit van die kompetisie is om die loopbane van jong en uitstaande pianiste te bevorder. Die Arthur Rubinstein-prys en ander pryse word aan die wenners toegeken. Die Rubinstein-kompetisie vra ook komposisies aan van Israelse komponiste. [33]

Daar is ook 'n Arthur Rubinsteinstraat in Tel Aviv , Israel.

Opnames [ wysig | wysig bron ]

In 1910 het Rubinstein Franz Liszt se Hongaarse Rapsodie No. 10 vir die Poolse Favorit plate-etiket opgeneem. [12] Die pianis was nie tevrede met die akoestiese opname-proses nie, en het gese dat dit die klavier "soos 'n banjo " laat klink het. Hy het gevolglik nie tot die koms van die elektriese opname-proses weer opnames gemaak nie. In 1928 het Rubinstein begin om uitvoerig vir die Gramophone Company beter bekend as His Master's Voice (HMV) in Engeland, en daarna RCA Red Seal Records, in die VSA , opnames te maak. Hy het tot met sy aftrede in 1976 'n groot aantal solo-, concerto - en kamermusiekopnames gemaak. Soos wat die opname-tegnologie verbeter het; van 78- opm plate tot LP 's en stereofoniese opnames; het Rubinstein groot dele van sy repertoire her-opgeneem. Al sy RCA-opnames is op CD vrygestel, wat neerkom op sowat 107 minute se musiek . Rubinstein het verkies om in die ateljee opnames te maak. Hy het gedurende sy lewe omtrent slegs drie ure van sy lewendige opnames vir vrystelling goedgekeur. Verskeie plate-etikette het egter sedert sy afsterwe lewendige opnames wat van radio uitsendings geneem is, vrygestel.

Lys van rolprente [ wysig | wysig bron ]

  • Night Song (1948)
  • L'amour de la Vie (Liefde vir die Lewe) (1969)

Bronnelys [ wysig | wysig bron ]

  • Rubinstein, Arthur (1973). My Young Years . New York: Knopf. ISBN   0-394-46890-2 .
  • Rubinstein, Arthur (1980). My Many Years . New York. ISBN   0-394-42253-8 . {{ cite book }} : AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer ( link )
  • Sachs, Harvey (1995). Rubinstein: A Life . Grove Press. ISBN   978-0-8021-1579-9 .

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. https://www.britannica.com/biography/Artur-Rubinstein , ”Polish American virtuoso pianist,”
  2. "Arthur Rubinstein Dies in Geneva at 95". The New York Times. 21 November 1982. Geargiveer van die oorspronklike op 27 Augustus 2013. Opgespoor op 6 November 2011.
  3. Schonberg, Harold C. (1987) The great pianists. Simon & Schuster. ISBN 0671638378
  4. https://www.britannica.com/biography/Artur-Rubinstein , “Artur Rubinstein, Artur ook gespel as Arthur, (gebore 28 Januarie 1887, Łod?, Pole, Russiese Ryk?sterf op 20 Desember 1982, Geneve , Switserland ), Pools-Amerikaanse virtuoos pianis wat beskou word deur baie as die 20ste eeu se voorste interpreteerder van die repertoire".Vertaal na Afrikaans
  5. "Arthur Rubinstein Dies in Geneva at 95". The New York Times. 21 November 1982. Geargiveer van die oorspronklike op 27 Augustus 2013. Opgespoor op 6 November 2011.
  6. Jean-Pierre Thiollet, 88 notes pour piano solo , "Solo nec plus ultra", Neva Editions, 2015, p.50. ISBN 978 2 3505 5192 0 .
  7. 7,0 7,1 7,2 Teachout, Terry (1996). "Whatever Happened to Arthur Rubinstein" . Commentary . 101 (2): 48?51.
  8. "Intoxicated with Romance." Time 101, no. 23 (4 Junie 1973): 73.
  9. Artur Rubinstein . geni.com
  10. 10,0 10,1 Rubinstein, Arthur (1973). My Young Years . New York: Knopf. ISBN   0-394-46890-2 .
  11. Rubinstein, Arthur (1973). My Young Years . New York: Knopf. p. 4. ISBN   0-394-46890-2 . In later years, my manager Sol Hurok used the h-less "Artur" for my publicity, but I sign "Arthur" in countries where it is common practice, "Arturo" in Spain and Italy, and "Artur" in the Slav countries.
  12. 12,0 12,1 12,2 12,3 12,4 12,5 12,6 Sachs
  13. 13,0 13,1 13,2 13,3 13,4 13,5 13,6 "Arthur Rubinstein Dies in Geneva at 95" . The New York Times (in Engels). 21 November 1982. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Februarie 2018 . Besoek op 6 November 2011 .
  14. Newton, Ivor (1966). At the Piano ? the World of an Accompanist . London: Hamish Hamilton Ltd. p. 44.
  15. https://www.ancestry.com/interactive/2997/40610_B000928-00509/38473360?backurl=https%3a%2f%2fsearch.ancestry.com%2fsearch%2fdb.aspx%3fdbid%3d2997%26path%3d&ssrc=&backlabel=ReturnBrowsing
  16. 16,0 16,1 16,2 16,3 Sachs , pp. 8, 265, 269, 275
  17. Hierdie geleentheid is uitvoerig gedokumenteer op 'n oudio CD soos geredigeer deur Joachim Kaiser, Klavier Kaiser , Sueddeutsche-Zeitung Co., Munchen 2004.
  18. Rubinstein, Artur My Young Years , quoted in Norman Lebrecht, The Book of Musical Anecdotes
  19. "Pianists: The Undeniable Romantic" . Time (in Engels). 25 Februarie 1966. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Julie 2013 . Besoek op 25 April 2010 .
  20. The Rubenstein Story (soos vertel aan Clifton Fadiman), Radio Corporation of America, 1959.
  21. Taylor, Angela (12 Desember 1983) "Nela Rubinstein: Making a Life of Her Own" . The New York Times , Section B, p. 22.
  22. 22,0 22,1 "After 50 Years of Pots and Chopins with Husband Arthur, Nela Rubinstein Rolls Out Her Own Cookbook" . People Magazine , 14 November 1983 Vol. 20, No. 20
  23. "John Rubinstein Biography" . filmreference (in Engels). 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Desember 2019 . Besoek op 10 April 2008 .
  24. Rubinstein, Nela (1983) Nela's Cookbook . Alfred A. Knopf, New York. ISBN 039451761X
  25. Sachs (1997) pp. 189?90, 246?47
  26. Sachs , bl. 13
  27. Rubinstein, Artur (1980). My Many Years . New York. ISBN   0-394-42253-8 . {{ cite book }} : AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer ( link )
  28. Ulanowska, El?bieta " Na cze?? Artura Rubinsteina: Pianistyczna gala w Łodzi " ("In Honor of Artur Rubinstein: Piano Gala in Łod? "), Gwiazda Polarna ( The Pole Star , a Polish-American biweekly), vol. 99, no. 21 (11 Oktober 2008), p. 18.
  29. "UALR Public Radio ? KLRE Classical 90.5 ? Pianist Arthur Rubinstein" . Klre.org . Besoek op 7 Januarie 2012 . [dooie skakel]
  30. Life tydskrif, 5 April 1948
  31. "Arthur Rubinstein Remains Are Buried in Jerusalem Plot" . The New York Times (in Engels). Associated Press. 22 Desember 1983. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2019 . Besoek op 27 Augustus 2007 .
  32. Juilliard News. 15 Oktober 2007
  33. "About" (in Engels). The Arthur Rubinstein International Music Society. 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2016 . Besoek op 18 Februarie 2012 .