in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
An-225
Mrija
(
Oekraiens
:
Антонов Ан-225 Мр?я
, NAVO-verslagnaam:
Cossack
) is 'n strategiese lugvragdraer wat deur
Antonof
gebou is. Dit is die grootste
vliegtuig
wat ooit gebou is in terme van bruto opstygmassa.
[1]
Dit was ontwerp en gebou om die Russiese ruimtetuig
Boeran
(beteken "Sneeustorm") te vervoer, en was 'n vergroting van die suksesvolle
Antonof An-124
.
Mrija
(
Мр?я
) beteken "droom" of "inspirasie" in Oekraiens.
Met 'n totale bruto massa van 640 ton is die An-225 die swaarste en grootste vliegtuig ter wereld. Dit het 'n vlerkwydte van 88 m, 'n rompdeursnee van 19 m en 'n sterthoogte van 18 m. Die
Hughes H-4 Hercules
, wat algemeen as die "Spruce Goose" bekend staan, het 'n groter vlerkspan en algehele hoogte gehad, maar was aansienlik korter, en as gevolg van die materiale wat gebruik is om dit te bou, ook ligter. Verder het die Hercules slegs een keer gevlieg, en nie baie hoog nie, wat die An-225 die grootste vliegtuig maak wat veelvuldig opgestyg het.
[2]
Die An-225 is ook groter as die
Airbus A380
en heelwat groter as die Antonof An-124, 747-400ERF en die
Lockheed C-5 Galaxy
, die naasgrootste swaar lugvervoerder.
Met die beeindiging van kommunisme in die
Sowjetunie
in
1991
, was daar geen militere nut meer vir die Antonof-225 nie. Nadat dit vir 8 jaar verwaarloos op die grond in die
Oekraine
gestaan het, is dit herstel, gerestoureer en opgradeer met al die nuutste toerusting. In April 2001 styg dit weer op en vlieg nou gereeld as reuse vragdraer in 'n siviele kapasiteit, op sendings na al die uithoeke van die wereld.
Die vliegtuig, is op 27 Februarie 2022 tydens die
Slag van die Antonof-lughawe
vernietig.