in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
African National Congress
(
ANC
) is 'n bevrydingsorganisasie en
politieke party
wat
Suid-Afrika
sedert die land se eerste nie-rassige, demokratiese nasionale
verkiesing van April 1994
regeer. Die party is in 1912 in
Bloemfontein
as die
South African Native National Congress
(SANNC) gestig en was jare lank 'n verbode organisasie in Suid-Afrika. Die huidige naam is in 1923 aanvaar.
Die ANC is op 8 Januarie 1912 gestig deur onder andere
John Dube
,
Pixley ka Seme
en
Sol Plaatje
om hom te beywer vir die regte en vryhede van alle Afrikane. Die ANC-jeugliga is in 1944 deur
Nelson Mandela
,
Walter Sisulu
, en
Oliver Tambo
gestig.
Die sege van die
Nasionale Party
in die
1948-verkiesing
en die implementering van
apartheid
lei tot die sogenaamde
Defiance Campaign
van 1952, en die opstel van die
Vryheidsmanifes
in
Kliptown
in 1955.
In 1959 word die
Pan Africanist Congress of Azania
(PAC) gestig deur
Robert Sobukwe
en 'n groep ANC-lede wat gekant was teen die ANC se wending weg van
swart nasionalisme
af.
As gevolg van sy vreedsame verset teen apartheid en die vele inperkings wat hy hieroor moes verduur, word die
Nobelprys
vir Vrede in Desember 1961 aan ANC-presidentgeneraal
Albert Luthuli
toegeken. Hy en sy vrou, Nokukhanya, word deur die regering toegelaat om die oorhandigingseremonie in
Oslo
by te woon.
Na aanleiding van 'n beroep deur Albert Luthuli word die Anti-apartheidsbeweging in Brittanje gestig en internasionale druk teen die apartheidsbewind, hoofsaaklik deur boikotte, neem toe.
Die besluit van die ANC om oor te gaan na gewapende stryd, en die stigting van
Umkhonto we Sizwe
(MK), lei tot die inhegtenisname op 11 Julie 1963 van Nelson Mandela en 18 ander MK-lede op die plaas Liliesleaf by
Rivonia
. Tydens die sogenaamde
Rivonia-verhoor
word Mandela, Walter Sisulu,
Govan Mbeki
,
Raymond Mhlaba
,
Elias Motsoaledi
,
Ahmed Kathrada
en
Denis Goldberg
op 11 Junie 1964 skuldig bevind aan
sabotasie
en lewensvonisse opgele. Hierna is die ANC verban.
Geallieerde organisasies
[
wysig
|
wysig bron
]
Bekende lede van die ANC
[
wysig
|
wysig bron
]
bron vir tot 2007
.
[2]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Nasionale Vergadering van Suid-Afrika
.
Verkiesing
|
# van
algehele stemme
|
% van
algehele stemme
|
# van
algehele setels gewen
|
+/?
|
Regering
|
1994
|
12 237 655
|
62,65
|
252 / 400
|
?
|
In regering
|
1999
|
10 601 330
|
66,35
|
266 / 400
|
14
|
In regering
|
2004
|
10 880 915
|
69,69
|
279 / 400
|
13
|
In regering
|
2009
|
11 650 748
|
65,90
|
264 / 400
|
15
|
In regering
|
2014
[3]
|
11 436 921
|
62,15
|
249 / 400
|
15
|
In regering
|
2019
[4]
|
10 026 475
|
57,5
|
230 / 400
|
19
|
In regering
|
Nasionale Raad van Provinsies
[
wysig
|
wysig bron
]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Nasionale Raad van Provinsies
.
Verkiesing
|
# van
algehele setels gewen
|
+/?
|
Regering
|
1994
|
60 / 90
|
|
In regering
|
1999
|
63 / 90
|
3
|
In regering
|
2004
|
65 / 90
|
2
|
In regering
|
2009
|
62 / 90
|
3
|
In regering
|
2014
|
60 / 90
|
2
|
In regering
|
2019
|
54 / 90
|
6
|
In regering
|
Provinsiale verkiesings
[
wysig
|
wysig bron
]
Verkiesing
|
Oos-Kaap
|
Vrystaat
|
Gauteng
|
KwaZulu-Natal
|
Limpopo
|
Mpumalanga
|
Noordwes
|
Noord-Kaap
|
Wes-Kaap
|
%
|
Setels
|
%
|
Setels
|
%
|
Setels
|
%
|
Setels
|
%
|
Setels
|
%
|
Setels
|
%
|
Setels
|
%
|
Setels
|
%
|
Setels
|
1994
|
84,35%
|
48/56
|
76,65%
|
24/30
|
57,60%
|
50/86
|
32,23%
|
26/81
|
91,63%
|
38/40
|
80,69%
|
25/30
|
83,33%
|
26/30
|
49,74%
|
15/30
|
33,01%
|
14/42
|
1999
|
73,80%
|
47/63
|
80,79%
|
25/30
|
67,87%
|
50/73
|
39,38%
|
32/80
|
88,29%
|
44/49
|
84,83%
|
26/30
|
78,97%
|
27/33
|
64,32%
|
20/30
|
42,07%
|
18/42
|
2004
|
79,27%
|
51/63
|
81,78%
|
25/30
|
68,40%
|
51/73
|
46,98%
|
38/80
|
89,18%
|
45/49
|
86,30%
|
27/30
|
80,71%
|
27/33
|
68,83%
|
21/30
|
45,25%
|
19/42
|
2009
|
68,82%
|
44/63
|
71,10%
|
22/30
|
64,04%
|
47/73
|
62,95%
|
51/80
|
84,88%
|
43/49
|
85,55%
|
27/30
|
72,89%
|
25/33
|
60,75%
|
19/30
|
31,55%
|
14/42
|
2014
[3]
|
70,09%
|
45/63
|
69,85%
|
22/30
|
53,59%
|
40/73
|
64,52%
|
52/80
|
78,60%
|
39/49
|
78,23%
|
24/30
|
67,39%
|
23/33
|
64,40%
|
20/30
|
32,89%
|
14/42
|
2019
[4]
|
68,74%
|
44/63
|
61,14%
|
19/30
|
50,19%
|
37/73
|
54,21%
|
44/80
|
75,49%
|
38/49
|
70,58%
|
22/30
|
61,87%
|
21/33
|
57,54%
|
18/30
|
28,64%
|
12/42
|
Verkiesing
|
Stemme
|
%
|
+/?
|
1995?96
|
5 033 855
|
58%
|
?
|
2000
|
Geen vrygestel
|
59,4%
|
1,4%
|
2006
|
17 466 948
|
66,3%
|
6,9%
|
2011
|
16 548 826
|
61,9%
|
4,4%
|
2016
[5]
|
21 450 332
|
55,7%
|
6,2%
|
2021
|
14 531 908
|
47,5%
|
8.2%
|