in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Wilhelm Marx
(
Keulen
,
15 Januarie
1863
?
Bonn
,
5 Augustus
1946
) was 'n
Duitse
regsgeleerde
en
politikus
. Hy was twee keer die rykskanselier (regeringsleier) van die
Republiek van Weimar
('n vroeer inkarnasie van Duitsland).
Marx was die seun van 'n onderwyser. Hy studeer regte in Bonn en werk daarna veral by howe, onder meer as 'n regter. Van 1907 tot 1921 was hy 'n appelregter (
Oberlandesgerichtsrat
) in
Dusseldorf
en later senaatspresident van die appelhof (
Kammergericht
) in
Berlyn
.
As 'n lid van die katolieke sentrumsparty (
Deutsche Zentrumspartei
) dien hy vanaf 1899 in die parlement van
Pruise
en vanaf 1910 in die Duitse parlement (die Ryksdag). As 'n rustige bemiddelaar het hy homself veral op onderwys en kultuur toegespits.
In November 1923 word Marx vir die eerste keer rykskanselier. Hy het twee kabinette tot Januarie 1925 gehad, en nog twee kabinette van Mei 1926 tot Junie 1928. Tussenin was hy 'n minister onder die partylose rykskanselier, Hans Luther. Aan die begin van 1925 was Marx vir 'n maand die minister-president van Pruise.
Marx staan as kandidaat vir die sentrum-linkse partye tydens die presidensiele verkiesing van 1925, maar is deur Paul von Hindenburg verslaan.
Gedurende
Duitsland se nasionaal-sosialistiese
periode het Marx teruggetrokke in Bonn gewoon.