Romansch
of Alperomaans is 'n versameling
dialekte
in die
Switserse
en
Italiaanse
Alpe
wat behoort tot die
Romaanse tale
en meer spesifiek tot die
Retoromaanse
(ook:
Raetoromaanse
) taalgroep. Daar is drie groepe: Romansch van die Switserse
kanton
Groubunderland
, die van die
Dolomiete
in
Suid-Tirol
(ook:
Ladinies
) en die van
Frioelie
(ook:
Frioelies
). Onderling is hierdie dialekte nouliks verstaanbaar en baie beskou hulle as aparte tale. Die artikel gaan uitsluitlik oor Retoromaans, die groep dialekte wat in die Oos-Switserse Kanton Groubunderland gebesig word.
Romansch
het
c.
35000 sprekers (bron:
Universiteit Zurich
Geargiveer
23 Augustus 2004 op
Wayback Machine
) en het in die drietalige kanton
Graubunden
die status van amptelike taal. Elders in Switserland en op federale vlak is dit nie so nie: die nasionale wette word slegs in Switserland se ander drie amptelike tale,
Duits
,
Frans
en
Italiaans
opgestel, en nie in Retoromaans nie. (Let wel sedert 'n paar jaar gelede word alles ook in
Grischun
gepubliseer, en geld dit as vierde landstaal.)
Problematies in die verband is steeds die heterogeniteit van die taal gewees: daar is vyf hoofdialekte, waarvan die uiterstes onderling moeilik verstaanbaar is en die oorgangsdialekte te klein is om as kompromis te kon dien.
Surselvisch
, die westelikste variant het die meeste sprekers, gevolg deur
Vallader
, die oostelikste. Sedert
1982
bestaan die
Rumantsch Grischun
, 'n kunsmatige standaardtaal wat op die drie grootste dialekte berus en nou in die onderwys en die media gebruik word, maar wat nerens 'n moedertaal is nie.
Romansch
omvat die volgende vyf dialekte:
Baie
Romansche
sprekers woon inmiddels buite
Graubunden
, byvoorbeeld in
Zurich
of
Geneve
.
Die taal kan as volg geklassifiseer word:
Dialekte en skryftale aan die begin van die 21ste eeu
[
wysig
|
wysig bron
]
Die vyf dialekte van Romansch beskik almal oor hul eie skryftaal wat 'n oorkoepelende funksie ten opsigte van die dikwels afwykende plaaslike dialekte vervul. Die vyf dialekgebiede verskil baie sterk op fonetiese, grammatikale en leksikale vlak sodat sprekers van verskillende dialekte nie maklik met mekaar kan kommuniseer nie. Nogtans is daar 'n dialektologiese kontinuum wat oor die hele taalgebied strek en sowel naburige asook verder af gelee streke deur gemeenskaplike kenmerke met mekaar verbind. Surselvisch, wat dikwels meer behoudend ten opsigte van ouer taalvorms is, toon nogtans sterk Duitse invloede, terwyl die aangrensende Italiaanssprekende gebiede hul taalkundige stempel op die Retoromaanse dialekte van die Engadin- en Surmeir-streke afgedruk het.
Die Zurichse taalkundige Heinrich Schmid het in 1982 met Rumantsch Grischun (RG) 'n uniforme skryftaal geskep wat sedertdien voortdurend uitgebou word en sedert 1997 deur Switserse federale owerhede en die kanton Groubunderland as amptelike taal vir kommunikasie met Retoromane gebruik word. Rumantsch Grischun is 'n taalkundige kompromis wat op die belangrikste ooreenkomste ussen die drie skryftale Surselvisch, Surmeirisch en Engadinisch baseer. Die hoofdoelwit was om 'n eenvoudige en verstaanbare standaardtaal uit alle drie
idiome
te skep waarby elke taalgebied so veel eie kenmerke moontlik sou kon bewaar. Volgens hierdie begins is opvallende dialekkenmerke soos die /u/- en /o/-klanke van Engadin en ander afwykings geelimineer. Ook die spelling van RG berus op 'n kompromis waarby byvoorbeeld die
ch
van Engadin aan die begin van 'n woord, die
tg
van Surselva en Mittelbunden binne en aan die einde van 'n woord gespel word soos in
chaval
"perd",
spetgar
"wag" en
notg
"nag".
Die Groot Raad van die kanton Groubunderland het in die somer van 2003 besluit om Retoromaanse skoolboeke uitsluitlik in Rumantsch Grischun uit te gee. Sodoende is dit ook as die standaardtaal van die onderwys ingevoer. Die besluit het aanvanklik hewige reaksies uitgelok. Drie groepe van munisipaliteite in die Munstertal, in Mittelbunden en in Unter-Surselva het Rumantsch Grischun in die laat somer van 2007 as skooltaal aanvaar. Die eerste beduidende werk, wat in hierdie taal verskyn het, was die Retoromaanse uitgawe van die geskiedkundige ensiklopedie
Historisches Lexikon der Schweiz
, die
Lexicon Istoric Retic
, wat vanaf 1990 gepubliseer is.
|
---|
Amptelike tale
| |
---|
Belangrike dialekte
| |
---|
Gebaretale
| |
---|