in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Carina Nel
(geb.
4 Januarie
1988
) is 'n
Suid-Afrikaanse
aktrise
. Sy het op sesjarige ouderdom al begin toneelspeel en het haar dramagraad by die
Tshwane-Universiteit vir Tegnologie
behaal.
Carina Nel is onder meer bekend vir haar rol as Isabel in
SAUK1
se sepie
Generations
. Van 2016 af speel sy dokter Alexa Welman in
7de Laan
en sy was in 2017 genomineer vir 'n Tempo-toekenning vir die sepieaktrise van die jaar. Sy het in
7de Laan
eweneens die (dubbel)rol van die boosaardige karakter Amanda Louw gespeel.
Nel woon met haar eggenoot in
Pretoria
.