한국   대만   중국   일본 
Turkye - Wikipedia

Turkye

transkontinentale land wat strek oor Wes-Asie en Suidoos-Europa

Turkye ( Turks : Turkiye [?ty?cije]), amptelik bekend as die Republiek van Turkye ( Turkiye Cumhuriyeti [?ty?cije d??um?hu?ijeti] ), is 'n land in Eurasie wat strek oor die Anatoliese Skiereiland in Wes-Asie en die Balkangebied van Suid-Europa . Turkye grens aan agt lande: Bulgarye in die noordweste, Griekeland in die weste, Georgie in die noordooste, Armenie , Iran en die Nachitsjewan - eksklawe van Azerbeidjan in die ooste en Irak en Sirie in die suidooste. Die land grens aan die Swartsee in die noorde, die Egeiese See in die weste en die Middellandse See in die suide. Turkye bevat ook die See van Marmara , wat gewoonlik deur aardrykskundiges as die grens tussen Europa en Asie beskou word, wat beteken dat Turkye 'n transkontinentale land is.

Republiek Turkye
  • Turkiye Cumhuriyeti   ( Turks )
Vlag van Turkye Embleem van Turkye
Vlag Embleem
Nasionale leuse :
Egemenlik, kayıtsız ?artsız Milletindir [1]
(Turks vir: "Soewereiniteit behoort onvoorwaardelik aan die nasie")
Volkslied : ?stiklal Mar?ı
(Turks vir: "Onafhanklikheidsmars")
Ligging van Turkye
Hoofstad Ankara

39°55′N 32°50′O ? / ? 39.917°N 32.833°O ? / 39.917; 32.833

Grootste stad Istanboel

41°1′N 28°57′O ? / ? 41.017°N 28.950°O ? / 41.017; 28.950

Amptelike?tale Turks
Regering

? President
? Adjunkpresident
Unitere presidensiele
grondwetlike republiek
Recep Tayyip Erdo?an
Fuat Oktay
Onafhanklikheid
Opvolging
? Ankara-regering
? Verdrag van Lausanne
? Republiek
? Huidige grondwet

van die Ottomaanse Ryk
23 April 1920
24 Julie 1923
29 Oktober 1923
7 November 1982
Oppervlakte
?- Totaal
 
?- Water (%)
 
814?578 [2] km 2 ?( 37 ste )
302?535 myl 2
1,3
Bevolking
?- 2016-skatting
?- Digtheid
 
79?463?663 [3] ( 18 ste )
102 [3] / km 2 ( 107 de )
262 / myl 2
BBP ( KKP )
?- Totaal
?- Per capita
2016 -skatting

$1?665?miljard [4] ( 17 de )
$21?198 [4] (63 ste )

BBP (nominaal)
?- Totaal
?- Per capita
2016 -skatting

$861?miljard [4] ( 17 de )
$11?014 [4] (67 ste )

MOI ( 2021 ) 0,838 [5] ( 48 ste ) ??? baie hoog
Gini ( 2019 ) 41,9 [6] ??? medium
Geldeenheid Lira (?) ( TRY )
Tydsone
?- Somertyd
FET ( UTC +3 )
nie toegepas nie ( UTC +3 )
Internet-TLD .tr
Skakelkode +90
Nasa -Satellietbeeld van Turkye
Topografiese kaart van Turkye

Die streek waaruit die moderne Turkye vandag bestaan, was die geboorteplek van baie beskawings insluitende die Armeense -, Bisantynse -, Seldjoek - en Ottomaanse Ryk . Vanwee sy strategiese ligging op die grens van twee kontinente, is die Turkse kultuur 'n unieke vermenging van die Oosterse en Westerse kulture en word ook dikwels na die land verwys as die brug tussen die twee beskawings.

Turkye is 'n demokratiese , sekulere eenheidstaat met 'n republikeinse grondwet. Die huidige politieke bestel van Turkye is in 1923 gevestig onder leierskap van Mustafa Kemal Ataturk na die val van die Ottomaanse Ryk in die nadraai van die Eerste Wereldoorlog .

Sedertdien het Turkye toenemend met die Weste geintegreer, alhoewel die land steeds betrekkinge met die Oosterse wereld in stand hou. Turkye is een van die stigterslede van die Verenigde Nasies , [7] die Organisasie van Islamitiese Samewerking , [8] die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling , [9] asook die Organisasie vir Veiligheid en Samewerking in Europa . [10] Turkye is ook sedert 1949 'n lid van die Europese Raad [11] en sedert 1952 'n lid van NAVO . [12] Verder is die land sedert 2005 betrokke by onderhandelinge met die Europese Unie om aan te sluit en is al sedert 1963 'n medelid van die EU. [13] Turkye is ook 'n lid van die G20-nywerheidslande wat die 20 grootste ekonomiee van die wereld byeenbring.

Geskiedenis wysig

Voor-Turkse geskiedenis van Anatolie wysig

 
Gedeeltes van die legendariese mure van Troje , wat geidentifiseer is as die plek waar die Trojaanse Oorlog plaasgevind het (circa 1200 v.C.)

Die Anatoliese Skiereiland (ook bekend as Klein-Asie ), wat die grootste deel van Turkye insluit, is een van die oudste bewoonde gebiede ter wereld vanwee sy ligging tussen Asie en Europa. Die vroegste Neolitiese nedersettings soos Catalhoyuk, Cayonu, Nevali Cori, Gobekli Tepe en Mersin word as van die vroegste menslike nedersettings ter wereld beskou. [14] Die bewoning van Troje het tydens die Neolitiese tydperk begin en tot in die Ystertydperk voortgeduur.

Die eerste betekenisvolle ryk in die gebied was die van die Hetiete , vanaf die 18de tot die 13de eeu v.C. Daarna het die Frigiers , 'n Indo-Europese volk, opgang gemaak totdat hulle koninkryk in die 7de eeu v.C. deur die Simeriers vernietig is. [15] [16]

Die magtigste van Frigie se opvolgerstate was Lidie, Karie en Licie. Die Lidiers en Liciers het basies Indo-Europese tale gepraat, maar albei tale het elemente bevat wat nie Indo-Europees was nie en was die gevolg van invloede wat die Hetitiese en Griekse tydperk voorafgegaan het.

Die weste van Anatolie het later bekend gestaan as Ionie en is beset deur die Ioniers, een van die antieke Griekse volke. Die gebied is tydens die 6de en die 5de eeu v.C. in sy geheel deur die Persiese Achaeminiede Ryk verower en is later, in 334 v.C., deur Alexander die Grote verower. [17]

Anatolie is toe later verdeel in 'n aantal Griekse koninkryke (insluitende Bithinie, Kappadosie , Pergamon en Pontos ), waarvan almal teen die middel van die eerste eeu v.C. voor die Romeinse Ryk geswig het. [18]

In 324 n.C. het die Romeinse keiser Konstantyn die Grote Bisantium as die nuwe hoofstad van die Romeinse Ryk gekies en dit herdoop tot Konstantinopel (nou Istanboel ). Na die val van die Wes-Romeinse Ryk het dit die hoofstad van die Oostelike Romeinse of Bisantynse Ryk geword. [19]

Die Turke en die Ottomaanse Ryk wysig

Hoofartikel: Ottomaanse Ryk .
 
Die Ottomaanse Ryk op sy hoogtepunt (ca. 1680)

Die Huis van Seldjoek was 'n vertakking van die Kinik O?uz Turke wat in die 9de eeu aan die rand van die Moslemwereld gewoon het, net noord van die Kaspiese See en Aralmeer . [20] In die 10de eeu het die Seldjoeke uit die gebied van hulle voorvaders gemigreer na die oostelike Anataliese gebiede waar baie O?uz-Turkse stamme hulle aan die einde van die eerste millennium gevestig het.

 
Die Sultan Ahmed-moskee (Blou Moskee) is een van die beroemdste nalatenskappe van die Ottomaanse Ryk.

Na hulle oorwinning oor die Bisantynse Ryk tydens die Slag van Manzikert in 1071 het die Turke begin om nomadiese gewoontes te laat vaar ten gunste van 'n meer permanente rol in Anatolie, wat gelei het tot die ontstaan van die Seldjoekse Ryk. [21] Hierdie ryk het egter nie lank bestaan nie en is deur die Mongole verslaan. Hul mag het stadig maar seker ineengestort. Een van die koninkryke wat deur Osman I geregeer is, het die leemte gevul en het stadig ontwikkel en aanleiding gegee tot die ontstaan van die Ottomaanse Ryk. [22]

Die Ottomaanse Ryk het regdeur sy 623-jarige geskiedenis met beide die Oosterse en die Westerse beskawing kontak gehad. In die 16de en 17de eeu was dit een van die wereld se magtigste moondhede en het dit dikwels slaags geraak met die moondhede van Oos-Europa tydens sy bestendige uitbreiding deur die Balkan en die suidelike deel van die Pools-Litause Gemenebes . [23]

Na die agteruitgang van die ryk het die Ottomaanse Ryk hom in die Eerste Wereldoorlog begewe deur sy alliansie met die Duitse Keiserryk en Oostenryk-Hongarye in 1914 en is uiteindelik verslaan. Na die oorlog het die Geallieerde oorwinnaars die verdeling van die Ottomaanse Ryk met die Verdrag van Sevres geeis.

Die Republikeinse Era wysig

 
Mustafa Kemal Ataturk , stigter en eerste president van die Republiek van Turkye.

Die besetting van Istanboel en Izmir deur die Geallieerdes na die Eerste Wereldoorlog het daartoe gelei dat die Turkse nasionale beweging gestig is. Onder die leierskap van Mustafa Kemal Pasha, 'n militere bevelvoerder wat homself onderskei het tydens die Slag van Gallipoli , is 'n onafhanklikheidsoorlog gevoer met die doel om die bepalings van die Verdrag van Sevres ongedaan te maak. [24]

Teen 18 September 1922 is die besettende magte verdryf en is die nuwe staat genaamd Turkye gebore. Op 1 November het die nuutgestigte nasionale vergadering die sultanaat amptelik ontbind en daarmee die 623 jaar oue Ottomaanse heerskappy beeindig. Die Verdrag van Lausanne van 1923 het gelei tot internasionale erkenning van die onafhanklikheid en soewereiniteit van die Republiek van Turkye as opvolger van die Ottomaanse Ryk en op 29 Oktober 1923 is die republiek amptelik geproklameer in die nuwe hoofstad Ankara .

Kemal Pasha het die republiek se eerste president geword en baie radikale hervormings ingestel met die doel om 'n nuwe sekulere republiek tot stand te bring. In 1934 is hy deur die Turkse parlement vereer met die naam "Ataturk" ( Vader van die Turke ).

Turkye het op 23 Februarie 1945 aan die Tweede Wereldoorlog begin deelneem aan die kant van die Geallieerdes , grootliks as 'n seremoniele gebaar. Dit het in 1945 'n lid van die Verenigde Nasies geword. Griekeland se probleme na die oorlog om 'n kommunistiese opstand te onderdruk, saam met eise deur die Sowjetunie vir militere basisse in die Turkse seestraat, het daartoe gelei dat die Verenigde State van Amerika die veiligheid van Turkye en Griekeland gewaarborg het. Hulle het ook grootskaalse militere en ekonomiese bystand verleen. [25]

Na sy deelname in die Korea-oorlog saam met die Verenigde Nasies het Turkye in 1952 by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie ( NAVO ) aangesluit en 'n bastion in die Middellandse Kom teen Sowjet-uitbreiding geword.

Na 'n dekade van burgeroorlog in Siprus en die militere staatsgreep wat deur Athene ondersteun is, het Turkye in 1974 militer ingegryp. Dit het gelei tot die stigting van die wegbreekrepubliek Noord-Siprus wat slegs deur Turkye erken word. [26]

Nadat ’n tydperk van ’n eenpartystaat in Turkye in 1945 tot 'n einde gekom het, het Turkye baie interne spanning ervaar en was daar tussen die 1960's en die 1980's baie konflikte tussen linkse en regse partye wat gelei het tot 'n aantal militere staatsgrepe. Die liberalisering van die Turkse ekonomie wat in die tagtigs begin het, het die land ingrypend verander.

Regeringsvorm en politiek wysig

 
Recep Tayyip Erdo?an, die huidige president van Turkye.

Turkye het 'n parlementere verteenwoordigende demokrasie. Sedert die stigting van die republiek in 1923 het die land 'n sterk sekulere tradisie ontwikkel. [27]

Die grondwet bepaal die raamwerk van die land se regstelsel. Dit sit die hoofbeginsels van die regering uiteen en bepaal dat Turkye 'n eenheidstaat met 'n sentrale regering is. Die huidige grondwet is in 1982 deur 'n referendum bekragtig en is sedertdien verskeie kere gewysig. Die staatshoof is die president van die republiek en vervul grootliks 'n seremoniele rol. Hy word vir sewe jaar deur die parlement verkies, maar hoef nie noodwendig 'n lid van die parlement te wees nie. Die huidige president Recep Tayyip Erdo?an is op 28 Augustus 2014 ingesweer nadat hy die eerste minister was. Hy is die eerste president van die land, wat deur die bevolking en die Turkse diaspora direk verkies is.

Verwysings en aantekeninge wysig

  1. "Motto" (in Turks). Gov.tr. 23 Februarie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Desember 2018 . Besoek op 25 Mei 2016 .
  2. "Turkei" (in Duits). November 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Oktober 2017 . Besoek op 25 Mei 2016 .
  3. 3,0 3,1 "The Results of Address Based Population Registration System, 2015" (in Engels). Turkish Statistical Institute. 28 Januarie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2017 . Besoek op 28 Januarie 2016 .
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 ( en ) "Report for Selected Countries and Subjects" . IMF World Economic Outlook Database, April 2016. 24 April 2016 . Besoek op 25 Mei 2016 .
  5. "Human Development Report 2021/2022" (PDF) (in Engels). United Nations Development Programme. 8 September 2022 . Besoek op 8 September 2022 .
  6. "Gini index (World Bank estimate) ? Turkey" . World Bank. 2019 . Besoek op 15 November 2021 .
  7. Growth in United Nations membership (1945?2005) , Datum afgetrek 30 Oktober 2006
  8. OIC Membership Geargiveer 21 Februarie 2001 op Wayback Machine , Datum afgetrek = 30 Oktober 2006
  9. OECD membership , Datum afgetrek 30 Oktober 2006
  10. OSCE Participating states , Datum afgetrek 30 Oktober 2006
  11. Turkey and the Council of Europe , Datum afgetrek 30 Oktober 2006
  12. Greece and Turkey accede to the North Atlantic Treaty Organisation , Datum afgetrek 30 Oktober 2006
  13. Chronology of Turkey-EU relations Geargiveer 15 Mei 2007 op Wayback Machine Laaste afgetrek 30 Oktober 2006
  14. Time trajectories for the Neolithic of Central Anatolia Geargiveer 5 Junie 2007 op Wayback Machine , laaste afgetrek 21 Desember 2006
  15. Anatolia and the Caucasus (Asia Minor), 2000 ? 1000 B.C. in Timeline of Art History. , laaste afgetrek 21 Desember 2006
  16. Anatolia and the Caucasus (Asia Minor), 2000 ? 1000 B.C. in Timeline of Art History. , Laaste afgetrek 21 Desember 2006
  17. Ancient Greece: The Persian Wars Geargiveer 9 Maart 2007 op Wayback Machine , Aftrekdatum 2006-12-22
  18. Anatolia and the Caucasus (Asia Minor), 1000 B.C. - 1 A.D. in Timeline of Art History. , Aftrekdatum 21 Desember 2006
  19. Constantinople/Istanbul , Aftrekdatum 26 Desember 2006
  20. Al Hind: The Making of the Indo Islamic World, Vol. 1, Early Medieval India and the Expansion of Islam, 7th-11th Centuries, Andre Wink, Brill Academic Publishers, 1990, ISBN 90-04-09249-8
  21. The Oxford History of Byzantium, Cyril Mango, Oxford University Press, USA, 2002, ISBN 0-19-814098-3
  22. The Ottoman Centuries: The Rise and Fall of the Turkish Empire, Patrick Kinross, Morrow, 1977, ISBN 0-688-03093-9
  23. History of the Ottoman Empire and Modern Turkey, Stanford Jay Shaw, Kural Shaw, Ezel, Cambridge University Press, 1977, ISBN 0-521-29163-1
  24. Ataturk, Andrew Mango, Overlook, 2000, ISBN 1-58567-011-1
  25. Outposts and Allies: U.S. Army Logistics in the Cold War, 1945?1953, James A. Huston, Susquehanna University Press, 1988, ISBN 0-941664-84-8 , [1]
  26. Timeline: Cyprus , Britse Uitsaaikorporasie, aftrekdatum 25 Desember 2006
  27. Religion and Politics in Turkey, Ali Carko?lu, Routledge (VK), 2004, ISBN 0-415-34831-5 [2]

Eksterne skakels wysig