Philip Kindred Dick
(
16 Desember
1928
-
2 Maart
1982
) was 'n
Amerikaanse
skrywer
van
wetenskapsfiksie
.
Philip K. Dick
|
---|
|
Gebore
| Philip Kindred Dick
(
1928-12-16
)
16 Desember 1928
|
---|
Sterf
| 2 Maart 1982 (op 53)
|
---|
Nasionaliteit
| Verenigde State
|
---|
Beroep
| Skrywer
|
---|
Bekend?vir
| Ubik
Do Androids Dream of Electric Sheep?
The Man in the High Castle
A Scanner Darkly
Flow My Tears, the Policeman Said
VALIS-trilogie
"Second Variety"
|
---|
Kinders
| 3
|
---|
Ouer(s)
| Dorothy (nee Kindred) en Joseph Edgar Dick
|
---|
Handtekening
|
---|
|
Dick het 44
romans
in sy leeftyd gepubliseer asook ongeveer 121
kortverhale
.
Gebore in
Chicago
,
Illinois
, het hy na
Kalifornie
toe verhuis om wetenskapfiksie te skryf in die 1950s. Sy stories het aanvanklik min kommersiele sukses behaal.
[1]
'n Verskeidenheid gewilde Hollywood-rolprente gebaseer op Dick se werke is later vervaardig, onder andere
Blade Runner
(1982),
Total Recall
(twee keer aangepas: in 1990 en in 2012),
Minority Report
(2002),
A Scanner Darkly
(2006), en
The Adjustment Bureau
(2011). Die roman
The Man in the High Castle
(1962) is in 'n televisiereeks deur
Amazon
gemaak, wat in 2015 begin het.
Persoonlike lewe
wysig
Dick was vyf keer getroud, met die volgende vroue:
- Jeanette Marlin (Mei tot November 1948)
- Kleo Apostolides (14 Junie 1950 tot 1959)
- Anne Williams Rubinstein (1 April 1959 tot Oktober 1965)
- Nancy Hackett (6 Julie 1966 tot 1972)
- Leslie "Tessa" Busby (18 April 1973 tot 1977)
Dick het drie kinders gehad, Laura Archer Dick (gebore op 25 Februarie 1960 met sy derde vrou, Anne Williams Rubenstein), Isolde Freya Dick (nou Isa Dick Hackett) (gebore op 15 Maart 1967 met sy vierde vrou, Nancy Hackett), en Christopher Kenneth Dick (gebore op 25 Julie 1973 met sy vyfde vrou, Leslie "Tessa" Busby).
Dit blyk dat hy sy derde vrou, Anne Williams Rubinstein mishandel het. Na 'n argument in 1963 het hy probeer om haar van 'n berg af te stoot, en later beweer dat sy hom probeer doodmaak het. Hy het 'n
psigiater
oortuig om haar onwillekeurig op te neem. Nadat hy in 1964 vir egskeiding ingedien het, verhuis hy na
Oakland
om by 'n aanhanger, Grania Davis, te gaan woon. Hy het kort daarna probeer selfmoord pleeg deur van die pad af te ry terwyl sy 'n passasier was.
[2]
Op 17 Februarie 1982, nadat hy 'n onderhoud voltooi het, het Dick sy terapeut gekontak, gekla van 'n gebrek aan sig, en hy is aangeraai om onmiddellik na 'n hospitaal te gaan, maar dit nie gedoen nie. Die volgende dag is hy bewusteloos gevind op die vloer van sy huis in
Santa Ana, Kalifornie
, nadat hy 'n
beroerte
gehad het. Op 25 Februarie het Dick nog 'n beroerte in die hospitaal gehad, wat tot breindood gelei het. Vyf dae later, op 2 Maart, is hy van lewensondersteuning ontkoppel en is oorlede. Na sy dood het Dick se pa, Joseph, sy seun se as na die Riverside-begraafplaas in Fort Morgan,
Colorado
geneem, waar hy begrawe is langs sy tweelingsuster Jane, wat as 'n baba gesterf het. Haar grafsteen is 53 jaar tevore gemaak met albei hul name daarop geskryf.
[3]
Hy is oorlede vier maande voor die uitsaai van die Blade Runner-rolprent.
Verwysings
wysig
Eksterne skakels
wysig