Belarus
(
Belarussies
: Беларусь,
Belaroes
;
Russies
: Беларусь), amptelik die
Republiek Belarus
(Belarussies: Рэспубл?ка Беларусь; Russies: Республика Беларусь) en voorheen bekend as
Wit-Rusland
, is 'n
landingeslote land
in
Oos-Europa
. Dit is oorwegend plat, met baie vleilande, en is landgebonde met
Rusland
in die noorde en ooste,
Oekraine
in die suide,
Pole
in die weste en
Letland
en
Litaue
in die noorde.
Minsk
is die
hoofstad
en ook die grootste stad in die land. 'n Derde van die land is bebos en
landbou
is een van die sterkste ekonomiese sektore.
[9]
Tot en met die 20ste eeu het die
Wit-Russe
nie 'n geleentheid gehad om 'n aparte nasionale identiteit te ontwikkel nie, siende dat die land van die hedendaagse Belarus aan verskeie ander lande behoort het. Na die kortstondige Wit-Russiese Volksrepubliek (1918?19) het die land as die
Wit-Russiese Sosialistiese Sowjetrepubliek
deel van die
Sowjetunie
geword.
Die finale vereniging van die verskillende dele van die land met sy moderne grense het in 1939 plaasgevind, toe grondgebied van etniese
Wit-Russe
, wat deel van Pole was, deur die Sowjetunie geannekseer en by die Wit-Russiese Sowjetrepubliek gevoeg is. Die gebied en sy nasie het grootskaalse verwoesting ervaar tydens die
Tweede Wereldoorlog
: die land het 'n kwart van sy bevolking verloor en meer as die helfte van sy ekonomiese hulpbronne.
Die land het in die jare na die oorlog stelselmatig herstel en is een van die stigterslede van die
Verenigde Nasies
. Die parlement van die republiek het die soewereiniteit van Wit-Rusland op 27 Julie 1990 verklaar en, na die val van die Sowjetunie, is Wit-Rusland op 25 Augustus 1991 onafhanklik verklaar. Aleksandr Loekasjenko is sedert 1994 die land se president. Belarus is sedert 1996 besig om met Rusland te onderhandel om as 'n enkele staat, die Unie van Rusland en Belarus, te verenig.
Die grootste deel van Belarus se 9,4 miljoen inwoners woon in die stedelike gebiede om Minsk en ander streekshoofstede. Die land het twee
amptelike tale
: Belarussies en Russies. Die land erken nie 'n staatsgeloof nie, alhoewel die
Russies-Ortodokse geloof
die primere geloof in Belarus is.
Na sy onafhanklikwording in 1991 het Belarus net 'n kort fase van politieke en ekonomiese vryheid beleef voordat Aleksandr Loekasjenko, 'n voormalige direkteur van 'n kolchos (gemeenskapsplaas), aan bewind gekom het. As
president
het hy die ou stelsel van planekonomie behou ? na bewering veral om te verhoed dat die Belarussiese ekonomie deur
oligarge
oorheers word.
So beheer die Belarussiese staat steeds sowat 70 persent van die ekonomie, met uitsondering van enkele bedrywe soos
telekommunikasie
wat intussen geprivatiseer is. Tans word 55 persent van die totale nywerheidsproduksie deur slegs 55 ondernemings gelewer.
[10]
Belarus is steeds een van die voorste vervaardigers van
landboumasjinerie
in Oos-Europa wat markte in alle lande van die voormalige Sowjetunie bedien. Hierdie uitvoere het net soos goedkoop energie-invoere uit Rusland verseker dat Belarus se ekonomie aanvanklik stewig vertoon het. 'n Vyfde van alle Russiese
gas
- en
ruolie
-uitvoere na Europa word in pyplyne vervoer wat deur Belarus loop.
Die ekonomiese opswaai is eers in 2007 gestuit toe Rusland sy indirekte subsidies vir brandstofuitvoere na Belarus meteens gestaak het. Prysverhogings vir gas en ruolie het Belarus in 'n ekonomiese krisis gedompel, en president Loekasjenko was genoodsaak om verskeie liberale hervormings deur te voer. In 2010 is lone en pensioene ter geleentheid van die presidensiele verkiesing met tot 50 persent verhoog. Maar die Belarussiese bewind se bloedige optrede teen betogers het daartoe gelei dat die land sedertdien in politieke en ekonomiese isolasie verkeer.
Die tekort op die handelsrekening is intussen op 'n ongekende hoe vlak. Die wisselkoers van die Belarussiese roebel teenoor belangrike buitelandse geldeenhede het sedert Januarie 2011 met 70 persent gedaal. Buitelandse valutareserwes het in die eerste vyf maande van 2011 met sowat 'n kwart teruggesak, en die inflasiekoers is volgens amptelike skattings tussen 33 en 39 persent.
Die enigste land wat tans nog bereid is om op ekonomiese gebied met Belarus saam te werk, is Rusland. Die prys wat die Loekasjenko-bewind hiervoor moet betaal, is die privatisering van Belarussiese ondernemings. So het Russiese energiereuse reeds die helfte van Belarus se pypleidingstelsel oorgeneem en stel tans ook belang in die ander vyftig persent. Belarussiese raffinaderye en die staatsonderneming
Belaruskali
, een van die belangrikste produsente van
kunsmis
ter wereld, staan eweneens bo-aan die wenslys van Russiese beleggers.
Kulturele beleid
wysig
Kultuur geniet hoe prioriteit in Belarus. Kenmerkend van die kulturele lewe in die land is die soeke na 'n nasionale Belarussiese identiteit tussen die westelike landsdele met hul sterk Pools-katolieke en die oostelike gebiede met hul sterk Russies-ortodokse invloede.
[11]
Hierby speel staatsinstellings 'n leidende rol. In die jare na die onafhanklikwording het die Belarussiese staat toenadering tot die Russiese taal en kultuur bevorder. Hierdie beleid is intussen ten gunste van Belarus se eie taal en kulturele tradisies laat vaar. So is
2011
byvoorbeeld tot die "Jaar van Belarussies" verklaar. Sowel Belarussies as
Russies
het die status van amptelike tale.
Kulturele aktiwiteite is in die hoofstad
Minsk
gekonsentreer, terwyl die vyf provinsiale hoofstede 'n mindere rol in die kulturele lewe speel. Minsk het ondanks alle ekonomiese moeilikhede steeds 'n ryk kultuurlewe wat ten opsigte van klassieke kunsvorms soos musiek, teater en ballet met ander metropole kan meeding. Die bewoners van landelike gebiede hou vas aan hul plaaslike tradisies.
Die Departement van Kultuur probeer om die kulturele lewe te bevorder op provinsiale vlak deur inisiatiewe soos die titel "kultuurhoofstad van Belarus" wat in 2010 vir die eerste keer aan
Polatsk
, die oudste stad van Belarus in die noorde van die land, toegeken is. Kulturele instellings uit Minsk soos die operateater, filharmonie en museums het hier opvoerings en uitstallings aangebied.
In 2011 het
Homel
, 'n stad in die suidooste wat in
1142
gestig is, vanwee sy kulturele aktiwiteite die titel "kultuurhoofstad" gedra. Homel is naas
Oeljanofsk
in Rusland tergelykertyd as een van twee kultuurhoofstede van die
Gemenebes van Onafhanklike State
in 2011 aangewys.
Sowel staats- as privaat instellings in die kuns- en kultuurbedryf ondervind befondsingstekorte. Kulturele aktiwiteite ? veral die van kritiese en kreatiewe kunstenaars ? word deur 'n aantal regulasies en beheermaatreels van staatskant af belemmer.
Die Departement van Kultuur het in Junie 2010 'n "Raad vir die belange van Belarusse in die buiteland" gestig waarin regeringsamptenare, burgers en Belarusse in die buiteland verteenwoordig is. Hierdie liggaam koordineer kulturele aktiwiteite in die buiteland. Daarnaas word beplan om 'n netwerk van Belarussiese kultuursentrums in buitelandse metropole soos
Berlyn
te skep.
Verwysings
wysig
- ↑
"EU rejects Lukashenko inauguration as illegitimate"
. 24 September 2020. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 7 Desember 2020
. Besoek op
22 Mei
2021
? via www.dw.com.
- ↑
"El Pais interview with HR/VP Borrell: "Lukashenko is like Maduro. We do not recognize him but we must deal with him"
"
. eeas.europa.eu. 24 Augustus 2020.
- ↑
Dave Lawler,
U.S. no longer recognizes Lukashenko as legitimate president of Belarus
,
Axios
(24 September 2020).
- ↑
"Численность населения на 1 января 2020 г. по областям Республики Беларусь"
.
www.belstat.gov.by
(in Belarussies).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 4 Desember 2019
. Besoek op
19 Augustus
2018
.
- ↑
5,0
5,1
5,2
5,3
(
en
)
"Belarus"
.
Internasionale Monetere Fonds
. Oktober 2019
. Besoek op
8 Junie
2020
.
- ↑
"2019 Human Development Index Ranking"
(in Engels). United Nations Development Programme. 2019.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2020
. Besoek op
8 Junie
2020
.
- ↑
"Gini Index"
(in Engels).
Wereldbank
.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 19 Julie 2019
. Besoek op
8 Junie
2020
.
- ↑
"ICANN сообщает о выделении кириллического домена .БЕЛ для Республики Беларусь"
(in Belarussies). hoster.by.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 6 November 2018
. Besoek op
8 Junie
2020
.
- ↑
HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑
(
de
)
Eduard Steiner: Das Euro-Musterland hangt den Riesen Russland ab. Welt Online, 22 Augustus 2011
- ↑
(
de
)
Duitse Departement van Buitelandse Sake: Belarus ? Kultuur
Geargiveer
23 Julie 2011 op
Wayback Machine
Eksterne skakels
wysig
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Belarus
.
|