in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Wereldtoetskampioenskap 2019?2021
(
Engels
:
2019?2021 ICC World Test Championship
) is van 1 Augustus 2019 tot 23 Junie 2021 beslis. Dit was die eerste
Wereldtoetskampioenskap
in
toetskrieket
wat deur die
Internasionale Krieketraad
(IKR) aangebied is.
[3]
Dit het op 1 Augustus 2019 begin met die eerste toets in
die As
-reeks en geeindig op 23 Junie 2021 met die eindstryd op
Rose Bowl
,
Southampton
,
Engeland
.
Aan die Wereldtoetskampioenskap 2019?2021 het nege van die destydse twaalf toetslande deelgeneem,
[4]
[5]
waarvan elke span ’n toetsreeks teen ses van die ander agt ander spanne gespeel het. Elke reeks het tussen twee en vyf wedstryde behels, dus het elke span ses reekse gespeel (elk drie tuis en weg); daar is egter nie met dieselfde aantal toetswedstryde vir elke span beplan nie. Elke span kon tydens elke reeks ’n maksimum 120 wedstrydpunte insamel en die twee spanne met die meeste wedstrydpunte het in die eindstryd ontmoet.
[6]
In die geval van ’n gelykop of onbesliste eindstryd sou albei spanne die trofee deel.
[6]
Die wereldwye
Covid-19-pandemie
se invloed op die Wereldtoetskampioenskap het daartoe gelei dat verskeie wedstryde uitgestel of gekanselleer is. In November 2020 het die IKR aangekondig dat die finaliste bepaal sou word deur die persentasie aan versamelde wedstrydpunte.
[7]
[8]
Van die toetsreekse in die Wereldtoetskampioenskap was deel van langer aaneenlopende reekse, soos
die As
-reeks 2019.
[6]
Van die nege deelnemende spanne sou ook bykomende toetswedstryde in die tydperk speel, wat nie deel was van die Wereldtoetskampioenskap nie, maar wel van die IKR se Toekomstige Toerprogram vir 2018?23, veral om toetswedstryde aan die drie toetslande te besorg wat nie aan die Wereldtoetskampioenskap 2019?2021 deelgeneem het nie.
[6]
[9]
Op 29 Julie 2019 het die IKR die Wereldtoetskampioenskap amptelik ingestel.
[10]
Op 2 Februarie 2021 het
Australie
weens die wereldwye Covid-19-pandemie sy wegreeks teen
Suid-Afrika
uitgestel, waarvolgens
Nieu-Seeland
se plek in die eindstryd op
Rose Bowl
in
Southampton
gewaarborg was.
[11]
[12]
Op 6 Maart 2021 het Indie sy plek in die eindstryd bespreek, nadat hulle
Engeland
tuis met 3?1 verslaan het.
[13]
Nieu-Seeland het die eindstryd met agt paaltjies gewen, waarvolgens hulle hul tweede IKR-titel na die
Kampioenetrofee 2000
gewen het.
[14]
Plek
|
Span
|
|
Toetsreekse
|
|
Toetswedstryde
|
|
M. pte.
|
Pte
|
±
|
Pers
|
Lpp
|
Rek
|
Wen
|
Ver
|
Onb
|
Wed
|
Wen
|
Ver
|
Onb
|
Gel
|
1
|
Indie
|
6
|
5
|
1
|
0
|
17
|
12
|
4
|
1
|
0
|
720
|
520
|
0
|
72.2
|
1.577
|
2
|
Nieu-Seeland
|
5
|
3
|
1
|
1
|
11
|
7
|
4
|
0
|
0
|
600
|
420
|
0
|
70.0
|
1.281
|
3
|
Australie
|
4
|
2
|
1
|
1
|
14
|
8
|
4
|
2
|
0
|
480
|
332
|
4
|
69.2
|
1.392
|
4
|
Engeland
|
6
|
4
|
1
|
1
|
21
|
11
|
7
|
3
|
0
|
720
|
442
|
0
|
61.4
|
1.120
|
5
|
Suid-Afrika
|
5
|
2
|
3
|
0
|
13
|
5
|
8
|
0
|
0
|
600
|
264
|
6
|
44.0
|
0.787
|
6
|
Pakistan
|
5.5
|
3
|
3
|
0
|
12
|
4
|
5
|
3
|
0
|
660
|
286
|
0
|
43.3
|
0.822
|
7
|
Sri Lanka
|
6
|
1
|
3
|
2
|
12
|
2
|
6
|
4
|
0
|
720
|
200
|
0
|
27.8
|
0.729
|
8
|
Wes-Indie
|
6
|
1
|
4
|
1
|
13
|
3
|
8
|
2
|
0
|
720
|
194
|
6
|
26.9
|
0.661
|
9
|
Bangladesj
|
3.5
|
0
|
4
|
0
|
7
|
0
|
6
|
1
|
0
|
420
|
20
|
0
|
4.8
|
0.601
|
Laaste keer hersien: 22 Junie 2021.
[15]
|