in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
The Canterbury Tales
is 'n versameling verhale, party in versvorm, wat in die 14de eeu deur
Geoffrey Chaucer
geskryf is. In die verhale vertel die pelgrims wat na
Canterbury
(Kantelberg) reis hulle stories. Dit word as een van die groot
letterkundige werke
in
Engels
beskou.
[1]
Gesamentlik vorm
The Canterbury Tales
'n raamvertelling. Hierin word vertel hoe 'n aantal pelgrims saam op reis gaan. Hulle besluit om mekaar onderweg, om die tyd te verwyl, elk vier verhale te vertel.
[2]
Die pelgrims het uiteenlopende agtergronde, en dit kom ook so in die stories tot uiting. Die temas strek van die liefde, verraad, gierigheid en owerspel. Daar word ook van verskillende vertelgenres gebruik gemaak.
Dit was destyds gebruiklik om literatuur in
Frans
of
Latyn
te skryf. Chaucer skryf
The Canterbury Tales
egter in die alledaagse volkstaal, nou Middelengels genoem. Twee van die verhale is in
prosavorm
, die orige 22 in verse. Sommige verhale is oorspronklik, maar daar is ook verhale wat op ander tekste gebaseer is. Sommige vertellinge is ernstig van aard, ander weer humoristies. Nietemin getuig almal van 'n diep insig in menslike gevoelens en motiewe, wat dit ook vir moderne lesers die moeite werd maak. Die werk verskaf ook 'n beeld van die lewes, praktyke en denkwyse van die tyd. Chaucer se
magnum opus
(groot werk) het egter onvoltooid gebly.
Fragment
|
Verhale
|
Fragment I (A)
|
General Prologue, Knight, Miller, Reeve, Cook
|
Fragment II (B1)
|
Man of Law
|
Fragment III (D)
|
Wife, Friar, Summoner
|
Fragment IV (E)
|
Clerk, Merchant
|
Fragment V (F)
|
Squire, Franklin
|
Fragment VI (C)
|
Physician, Pardoner
|
Fragment VII (B2)
|
Shipman, Prioress, Sir Thopas, Melibee, Monk, Nun's Priest
|
Fragment VIII (G)
|
Second Nun, Canon's Yeoman
|
Fragment IX (H)
|
Manciple
|
Fragment X (I)
|
Parson
|
- ↑
HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑
That each of you, as if to shorten the day, Shall tell two stories as you wend your way To Canterbury town; and each of you On coming home, shall tell another two
(vertaling in moderne Engels)