Sudoku
(??, uitgespreek
s?doku
in Japannees) is a kopkrapper wat gegrond is op 'n
logiese
plasing van syfers in 'n 9×9 rooster. Hierdie rooster bestaan op sy beurt uit nege 3×3 roosters, en word afgeskop met verskeie syfers wat in party selle voorsien is. In elke ry, kolom en 3×3 rooster mag enige syfer slegs een maal voorkom. Om die kopkrapper te voltooi verg uithouvermoe en logiese vaardigheid. Alhoewel die raaisel vir die eerste keer in
1895
in 'n
Franse
koerant gepubliseer is, het dit gedurende
1986
in
Japan
'n oplewing beleef, en het dit in
2005
internasionaal gewild geword.
Die naam
"Sudoku"
is die Japannese afkorting van 'n langer frase,
"Suuji wa dokushin ni kagiru"
(?字は?身に限る), wat beteken "die syfers moet enkel bly." Dit is 'n handelsmerk van
Nikoli
in Japan. In Japannees word dit as [
s?ːdok?
] uitgespreek ? sien
Internasionale Fonetiese Alfabet
vir nadere inligting. Alternatiewelik word die titel as "Su Doku" gespel.
Die syfers in
Sudoku
-raaisels word slegs vir gerief gebruik: die wiskundige verhoudings tussen syfers is heeltemal oorbodig, en enige stel simbole sal voldoen: letters, vorms of selfs kleure kan gebruik word sonder om die reels te verander. Vir eenvoud word daar in hierdie artikel na syfers verwys.
Die aantrekkingskrag van hierdie raaisel le in sy eenvoudige reels, alhoewel die redenasie wat tot voltooiing lei, kompleks kan wees.
Sudoku
word deur sommige leermeesters aangeraai as 'n oefening in logiese beredenering. Die moeilikheidsgraad van die raaisels kan gekies word om by die speler te pas. Die raaisels is verder dikwels vryelik beskikbaar in gepubliseerde bronne, maar kan ook nuut geskep word deur rekenaarprogramme.
Sudoku het gewild geword en is tans een van die mees gespeelde legkaartspeletjies ter wereld. Die toenemende belangstelling in Sudoku het daartoe gelei dat 'n aantal toonaangewende nasionale koerante Sudoku-raaisels in hul uitgawes saam met ander stapelraaisels soos blokkiesraaisels ingesluit het.
'n Groot aantal Sudoku-internetwebwerwe is ook geskep, waardeur gebruikers 'n digitale weergawe van die raaisel kan oplos.
In sy bekendste vorm word die spel in 'n 9×9 rooster aangebied, wat verder uit nege 3×3 roosters bestaan, en kan na verwys word as 'streke', 'blokke' of selfs 'kwadrante'. Party selle bevat reeds syfers, wat as leidrade optree. Die doel is om die lee selle te vul met syfers, sodat elke kolom, ry en streek die syfers 1-9 slegs een maal bevat. Elke syfer in die oplossing verskyn dus slegs een maal in elkeen van die drie "rigtings".
Strategiee vir die oplossing
[
wysig
|
wysig bron
]
Om die raaisel op te los moet drie prosesse gevolg word: rondsoek, merk en analise.
Dit is die eerste stap, asook een wat dwarsdeur die oplossing gedoen word. Daar hoef slegs gesoek te word tussen analise-stappe, en bestaan uit twee basiese tegnieke:
- Uitkrap:
Dit behels die deursoek van rye (of kolomme) om te bepaal watter lyn in 'n spesifieke streek 'n gegewe syfer mag bevat, en word deur 'n proses van eliminasie gevind. Die proses word dan herhaal met kolomme (of rye). Vir die vinnigste resultate word syfers uitgekrap volgens hulle frekwensie van verskyning. Dit is belangrik om hierdie stap sistematies te doen, en al die syfers te toets van 1 tot 9.
- Tel van 1-9 in streke, rye en kolomme om vermiste syfers te vind:
Deur vanaf die laaste ontdekte syfer te tel, kan jy die soektog bespoedig. Dit is ook die geval ? veral wanneer die raaisels moeiliker raak ? deur dit verkeerd-om te benader: d.w.s., deur die sel se streek, ry en kolom te deursoek vir syfers wat dit
onmoontlik
kan wees om die oorblywende waardes te bepaal.
- Play Daily SuDoku Puzzles
'n Webwerf waar jy kan oefen om Sudoku te speel.
- Garns, H. "Number Place."
Dell Pencil Puzzles & Word Games
. No. 16, May p. 6, 1979.
- sudoku.com
Website of Wayne Gould, populariser of
Sudoku
- NRC Sudokus
- Sudoku Kings
Populariseerder van sudoku as esport
- Sudoku Variations article at MAA Online
- Basiese oplostegnieke
- Wiskunde van Sudoku
- Geskiedenis
- Java Programs to Solve Sudokus
- Kommentaar op die skielike gewildheid van
Sudoku
in Brittanje:
- LiveSudoku
- Sedert 2006 - 'n Globale outoriteit van die Sudoku-speletjie met multiplayer-arena, globale en persoonlike statistieke en 'n volledige omvattende tutoriaal.
- 'n Internasionale
Sudoku
-platform met verskillende moeilikheidsgraad, spelergraderings, tutoriale en 'n gedetailleerde beskrywing van die koppelvlak. Ook
in Pools
.