in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Stelte
is pale uit hout of metaal, wat al eeue lank deur mense gebruik word om hoog bo-oor die grond te kan staan. Hulle is dikwels van 'n trappie voorsien, waarop 'n mens met sy voete kan staan, of van rieme waarmee die stelte aan die bene vasgebind is. Stelte is gewoonlik tussen 20 en 75 sentimeter hoog, maar daar is ook hoer variante van tot by sewe of agt meter. Die wereldrekord is met stelte van meer as tien meter opgestel.
Naas 'n gewilde vermaak in sirkusse en by straatteateropvoerings word stelte orals ter wereld as 'n nuttige hulpmiddel gebruik, byvoorbeeld in moerasgebiede. Ook geboue in oorstromingsgebiede, op
strande
en op onstabiele grond word dikwels op stelte opgerig, om skade deur water, golwe en aard- en
sandbewegings
te voorkom.
Stelte is vermoedelik reeds in die
Middeleeue
vir vermaak gebruik, terwyl hulle in die
Suid-Amerikaanse
Andes-gebergte en in
Asie
as kinderspel gewild geraak het. Stelte het vir
Franse
stukadore en
Marokkaanse
en
Kaliforniese
vrugteplukkers as 'n nuttige werkgereedskap gedien.
In verskillende kulture speel die dans op stelte 'n besondere rol. Een van die bekendste voorbeelde is die
bergers landais
in Frankryk. Oorspronklik was dit skaapwagters in die
departement
Landes
, wat vermoedelik sedert die
18de eeu
met behulp van stelte wag oor hulle skape gehou het. Later is hierdie stelte by volksdanse en wedlope gebruik.
Die tradisie van steltloop het ook in ander Europese lande gebiede soos
Belgie
, Noord-
Spanje
en
Nederland
ontwikkel. In
Namur
(
Wallonie
) vind sportwedstryde met steltlopers al sedert die
15de eeu
plaas.
Steltloop speel ook in Afrikalande 'n belangrike rol, veral in Wes-Afrikaanse lande soos
Togo
,
Benin
,
Mali
,
Ghana
en Cote d'Ivoire (
Ivoorkus
). Daar is egter uiteenlopende gebruike en simbolieke. Die Dogon in Mali en mense in Togo beoefen steltloop net tydens bepaalde plegtighede; hier word stelte van tussen twee en vier meter gebruik.
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Stilts
.
|