in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Slangkop-vuurtoring
is 'n
vuurtoring
by Slangkoppunt in
Kommetjie
op die
Kaapse Skiereiland
. Dit is op
4 Maart
1919
in gebruik geneem nadat 'n kommissie wat in
1906
deur die goewerneur in die Kaap, sir
Francis Hely-Hutchinson
, aangestel is, aanbevelings gemaak het vir veiligheidsmaatreels om die suidkus van die
Kaapkolonie
.
[1]
Dit is 'n 33 meter hoe, wit geverfde gietystertoring. Dit is die hoogste metaaltoring in Suid-Afrika.
[2]
Die toring is in
Brittanje
gebou en ontwerp en na Suid-Afrika verskeep waar dit aanmekaargesit en opgerig is. Hoewel dit reeds in
1916
voltooi is, is dit weens die
Eerste Wereldoorlog
eers in 1919 in gebruik geneem.
Die oorspronklike 500 000 C.D.-lig is deur 'n driemantel-petroldamplamp van 55 mm verskaf. Dit is in
1936
deur 'n 4 kW elektriese lamp vervang wat die ligkrag tot 16 000 000 C.D. vermeerder het. In
1974
is dit weer vervang met 'n 1,5 kW-lamp wat die ligkrag na ongeveer 5 000 000 C.D. verminder het. Die vuurtoring is in
1979
ten volle geoutomatiseer, wat dit moontlik gemaak het om die bemanning van drie tot een te verminder.
Koordinate
:
34°08′55″S
18°19′12″O
/
34.14861°S 18.32000°O
/
-34.14861; 18.32000