in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Pieter Spaarwater
(24 Desember 1936 - 4 Oktober 2020) was 'n rubriekskrywer, motorredakteur en radio-omroeper. Spaarwater is in
Pelgrimsrus
gebore, sy pa was ook Pieter, 'n huisdokter, en sy ma Mollie, 'n onderwyseres. Hy matrikuleer aan die
Afrikaanse Hoer Seunskool
en werk daarna by die
SAUK
se Afrikaanse radiodiens. Daarna het hy vir sewe jaar by Radio Nederland as omroeper gewerk. By sy terugkeer was hy motorredakteur en later rubriekskrywer by
Huisgenoot
.
Hy word oorleef deur sy vrou, Estelle, seuns Ebbe en Pieter, dogter Esther en drie kleinkinders.
- Spaarwater 'had albei voete plat op aarde'
Rapport Weekliks, 11 Oktober 2020.