in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Mariana-eilande
(
Engels
:
Mariana Islands
,
Chamorro
:
Islas Marianas
) bestaan uit die twee
eilandgebiede van die Verenigde State van Amerika
Guam
en die
Noordelike Mariana-eilande
, tussen die
Filippynse See
in die weste en die
Stille Oseaan
in die ooste. Die eilande is in die suide van
Japan
en in die noorde van die
Karoline-eilande
gelee. Die Mariana-eilande behoort tot die Stille Oseaan se
Ring van Vuur
, vervolgens is
vulkaanuitbarstings
en
aardbewings
algemeen.
Die Mariana-eilande het 'n bevolking van 251 023 in 2010 gehad het het 'n oppervlakte van 1 026 km². Die eilande is deur
Ferdinand Magellaan
op
6 Maart
1521
ontdek. Na die
Spaans-Amerikaanse Oorlog
is die eilande deur
Spanje
aan die
Duitse Keiserryk
verkoop. Tydens die
Eerste Wereldoorlog
is die eilande deur
Japan
beset, wat deur die
Volkebond
'n mandaat oor die eilande ontvang het. Tydens die
Tweede Wereldoorlog
het die
Verenigde State
die eilande verower en later 'n trougebied deur die
Verenigde Nasies
ontvang. Die Noordelike Mariana-eilande het in 1978 die status van 'n geassosieerde land ontvang, terwyl Guam weens sy belangrike militere basis 'n afhanklike gebied van die Verenigde State is.