Klaus Stortebeker

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Stortebeker
Die gerekonstrueerde skedel van Störtebeker.
Die gerekonstrueerde skedel van Stortebeker.
Gebore 1360
Wismar , Hanseverbond
(tans Duitsland )
Oorlede Dalk 20 Oktober 1401
(op 40-41)
Vermoedelik Hamburg ,
nou Duitsland
Rede vir dood Onthoof
Loopbaan
Beroep Handelaar
Kaapvaarder
Jare aktief Vermoedelik 1392-1401

"Nikolaus" Storzenbecher of "Klaus" Stortebeker (1360 ? dalk 20 Oktober 1401) was na berig word die leier van ’n groep kaapvaarders bekend as die Vitalienbruder ("Proviandbroers") wat aanvanklik tydens ’n oorlog tussen Denemarke en Swede gehuur is om teen die Dene te veg en die beleerde Sweedse hoofstad, Stockholm , van proviand te voorsien. Na die oorlog het die Proviandbroers voortgegaan om handelskepe aan te val en het hulle hulleself die "Likedeelers" (letterlik: "gelykdelers") genoem. [1] Onlangse navorsing dui daarop dat Stortebeker se naam nie "Klaus" was nie, maar "Johann". [2]

Lewe [ wysig | wysig bron ]

’n Skedel wat na bewering Stortebeker s’n is; ontdek in 1878.

Baie mites omgeef Stortebeker se lewe. Sy naam is ’n bynaam sowel as ’n van wat in Nederduits beteken "ledig die beker met een sluk". Die bynaam verwys na die seerower se veronderstelde vermoe om ’n beker met vier liter bier in een sluk te drink. In die tyd het seerowers en ander vlugtelinge dikwels ’n kleurvolle "skuilnaam" aangeneem.

Stortebeker se naam het in 1398 die eerste keer bekend geraak na die verbanning van die Proviandbroers van die Oossee -eiland Gotland af, waar hulle ’n hoofkwartier opgerig het. In die volgende paar jaar het Stortebeker en ’n paar van sy medekapteins skepe van die Hanseverbond aangeval, ongeag hulle oorsprong. [3]

Volgens legende het ’n vloot van Hamburg Stortebeker se mag in 1401 naby Helgoland ingehaal. Stortebeker en sy bemanning is gevang en na Hamburg gebring, waar hulle op aanklag van seerowery tereggestaan het. Hy en al 73 sy manne is tot dood veroordeel en onthoof. Die bekendste legende van Stortebeker gaan juis oor die teregstelling. Hy het glo die burgemeester van Hamburg gevra om soveel van sy manne vry te laat as waarby hy kon verbyloop nadat hy onthoof is. Die versoek is toegestaan en na sy onthoofding het Stortebeker se liggaam by 11 van sy manne verbygeloop voordat die laksman hom gepootjie het. Die 11 mans is egter saam met die ander tereggestel. Die Hamburgse senaat het die laksman daarna gevra of hy nie moeg is na dit alles nie, maar hy het geantwoord hy kon nog die hele senaat ook teregstel. Daarvoor is hy ook tot die dood veroordeel en deur die jongste lid van die senaat tereggestel. [4]

Toe Stortebeker se skip gevind is, is ontdek een mas is van goud , een van silwer en een van brons . Dit is gebruik om die toring van ’n kerk in Hamburg te maak. Sy bekende drinkbeker is in Hamburg se stadsaal gebere, waar dit in die groot brand van 1842 vernietig is. [5]

Onlangse gebeure dui daarop dat Stortebeker en sy bemanning meer waarskynlik in 1400 dood is. ’n Rekening vir die grawe van grafte vir 30 Proviandbroers is in Hamburgse rekords ontdek. Dit beteken die feit dat hy saam met 70 ander kaapvaarders tereggestel is, is ook verkeerd. Ook die skip wat Stortebeker aangeval het, is eers in 1401 gebou en kon dus nie by die gebeure van 1400 betrokke gewees het nie. [6]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. Piraten in Norddeutschland (Birgit Bachmann en Stefan R. Muller) Geargiveer 10 Februarie 2013 op Wayback Machine
  2. Hamburger Abendblatt about research and an exhibition questioning the identity
  3. Die Vitalienbruder, eine Freie Kompanie im Ostseeraum (kriegsreisende.de)
  4. Klaus Stortebeker (stoertebekers-teestube.de)
  5. " The big fire - Hamburg 1842 (ksfhh.de)" . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016 . Besoek op 6 Julie 2020 .
  6. Matthias Puhle (1994). Die Vitalienbruder: Klaus Stortebeker und die Seerauber der Hansezeit (in Duits) (2nd uitg.). Frankfurt am Main: Campus Verlag. ISBN   978-3-593-34525-3 .

Skakels [ wysig | wysig bron ]