Jonathan Ball
(22 Mei 1951 - 3 April 2021) was ’n Suid-Afrikaanse
uitgewer
en die stigter van die uitgewery wat na hom genoem is.
Twee jaar nadat hy Jonathan Ball Publishers in 1976 gestig het, het Ball die politieke establishment geskok met die publikasie van
The Super-Afrikaners
oor die
Afrikaner-Broederbond
. Al het hy sy uitgewery in 1992 aan
Naspers
verkoop, het hy in beheer daarvan gebly en dit mettertyd uitgebou tot een van die land se mees gesiene en grootste uitgewerye.
Ball is in 1951 in ’n
Katolieke
gesin in
Johannesburg
gebore en het skoolgegaan aan die Hoer Seunskool Highlands North, waar die Afrikaanse sanger
Ge Korsten
sy skoolloopbaan enkele jare vantevore voltooi het. In 1970 het hy sy nasionale diensplig, destyds nog ’n jaar lank, in die
Suid-Afrikaanse Lugmag
voltooi.
Sy eerste werk was by die uitgewery Collier-MacMillan, waarvan A.D. Donker die hoof was. Die uitgewer het later die uitgewery A.D. Donker gestig, wat ’n vormende invloed op Ball se lewe sou he. In 1972 het hy by die uitgewery MacMillan aangesluit en kort voor lank hul direkteur van verkope geword.
In die waterskeidingsjaar 1976, toe onluste in onder andere
Soweto
die wereld se aandag op
Suid-Afrika
gevestig het, het Ball besluit om ’n onafhanklike uitgewery op te rig. Met weinig kapitaal, maar die steun van sy broer, David, het Ball hom voorgeneem om boeke met ’n liberale ingesteldheid uit te gee wat die establishment en die onderdrukkende politieke klimaat van destyds sou uitdaag.
Die uitgewery se eerste kantoor was in die agterplaas van David Ball se nywerheidswerkwinkel in die Johannesburgse voorstad
Selby
. Alison Lowry het by Ball aangesluit as die hoofredakteur en so is Jonathan Ball Publishers gestig.
Die uitgewery se eerste groot publikasie was Ivor Wilkins en
Hans Strydom
se
The Super-Afrikaners
, wat die
Afrikaner-Broederbond
vir die eerste keer aan die kaak gestel het en ’n lys van lede gepubliseer het. Die boek was onmiddellik ’n topverkoper.
Nog ’n vroee groot sukses was toe Jonathan Ball aan die einde van die sewentigerjare die regte bekom het om
Thomas Pakenham
se
The Boer War
in Suid-Afrika uit te gee. Aangesien die uitgewery in die tagtigerjare noustrop getrek het, het Ball ’n ooreenkoms aangegaan met die Britse uitgewery Hodder & Stoughton, wat geeindig het toe Ball die gesamentlike onderneming verlaat.
Jonathan Ball opnuut gestig
[
wysig
|
wysig bron
]
Hy het sy eie firma opnuut begin, met nuwe ondersteuning, sy eie katalogus van titels en naam teruggekoop en so die voortbestaan van die uitgewery verseker.
Teen die begin van die negentigerjare was Jonathan Ball Publishers goed gevestig as uitgewer van liberale skrywers se werk en het sy publikasies wyd byval gevind. In die tyd het hy die uitgewery A.D. Donker uitgekoop.
In 1992 het Ball die onderneming aan
Naspers
verkoop, maar aangebly as hoof van Jonathan Ball Publishers met algehele redaksionele beheer. Van 1994 tot sy aftrede in 2015 het die uitgewery van die mees gerekende politieke skrywers in Suid-Afrika se werk gepubliseer. Nadat hy ’n maand vakansie gehou het, het hy voortgegaan as onafhanklike uitgewer.
Sy vrou, Pam, is in 2018 oorlede.
Ball is oorlede kort na drieuur op Saterdagmiddag 3 April 2021 nadat hy aan kanker gely het. Hy was 69 jaar oud.